Skip to content
Categories: ,

KRO26: Luilekker Kroasië-boottoer

Toerprys:

Original price was: R85,000.00.Current price is: R74,000.00.

Datum:

2 – 13 Julie 2026 (12 dae)

Plekke nog beskikbaar:

Vol Bespreek

"Ons boot. Ons mense. Ons paradys."

Kliek hier om te bespreek

NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL

Kliek hier om die brosjure af te laai

Toer na Europa - Luilekker Kroasië-boottoer tydens die Julievakansie 2026

Let wel: ons WinskoopToere-groep het ons eie privaatboot vir agt dae - loer onder aan hierdie blad vir meer inligting en foto's van ons luukse privaatboot!

 

LET DAAROP DAT DIE VOLGENDE ETES REEDS INGESLUIT IS BY ONS PRYS:

  • Op land: ALLE ONTBYTE EN AANDETES
  • Op die boot: ALLE ONTBYTE, MIDDAGETES EN DIE CAPTAIN'S DINNER MET 'N APÉRITIEF EN GESELLIGE VERMAAK

Dag 1: Luilekker Kroasië-boottoer

Donderdag, 2 Julie 2026

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Lughawe in Johannesburg na Dubrovnik. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.)

Dag 2: Luilekker Kroasië-boottoer

Vrydag, 3 Julie 2026

- DUBROVNIK, KROASIË -

Ons arriveer in Dubrovnik en ons vakansie begin met ‘n interessante stadsbesigtigingstoer van Dubrovnik te voet, onder leiding van ‘n plaaslike gids. Na die besigtigingstoer het toerlede vrye tyd om die stad op hulle eie te verken. Jy kan op die stadsmure gaan loop of met die kabelkar teen die berg opry. Bo-op die berg het mens ‘n wonderlike uitsig oor die stad en die Adriatiese kus. Die stappers onder ons kan hier ook op die rand van die berg ‘n hele ent gaan stap en die asemrowende natuurtonele indrink. Bo-op die berg is daar ook ‘n restaurant waar mens kan ontspan en ‘n drankie kan geniet.

Later gaan ons saam na ons viersterhotel. Ons geniet saam aandete.

Dubrovnik, Kroasië

Dag 3: Luilekker Kroasië-boottoer

Saterdag, 4 Julie 2026

- DUBROVNIK & SLANO, KROASIË -

Vanoggend geniet ons ontbyt by ons hotel. Ons span solank lekker uit langs die swembad of die see om solank die regte vakansiegevoel te ervaar. Later begin ons lieflike vaart vir agt dae op ons eie luukse privaatboot, Die Admiraal. Ons gaan by Gruž-hawe aan boord. Ons vaar na die rustige vissersdorp Slano, bekend vir sy olyfboorde, wingerde en helder water. Hier kan jy swem en ontspan langs die see, wandel langs die kuslyn of deur olyf- en denneboorde, of jy kan na die klein kerkies en kapelle in die dorpie gaan kyk.

Kroasië Ons Privaatboot, Die Admiraal
Slano, Kroasië
Slano, Kroasië

Dag 4: Luilekker Kroasië-boottoer

Sondag, 5 Julie 2026

- SLANO & MLJET, KROASIË -

Ons vertrek vroeg vanoggend na Mljet, 'n ware juweel van Kroasië. Terwyl ons vaar, geniet ons ‘n lieflike buffetontbyt aan boord. Later geniet ons ook ‘n driegangmiddagete op ons boot. In Miljet kan jy die middag spandeer om die soutwatermere en groen natuur te geniet. Baie mense noem dit die groenste eiland van die Adriatiese See.

Mljet, Kroasië

Mljet, Kroasië

Dag 5: Luilekker Kroasië-boottoer

Maandag, 6 Julie 2026

- MLJET, BOL & HVAR, KROASIË -

Vroegoggend vaar ons na Bol, terwyl ons smul aan 'n buffetontbyt aan boord. Bol is die tuiste van die ikoniese Zlatni Rat (Golden Horn) strand. Dit is ’n knus Mediterreense dorp met klipstraatjies, plaaslike kafees en rustige Kroatiese leefstyl. Ons geniet 'n lieflike driegangmiddagete op ons boot. Daarna vaar ons na Hvar, die stylvolle son-eiland. Hier kan jy die Renaissance-katedraal van St. Stephen en sy oorspronklike toring, sowel as die oudste gemeenskapsteater in Europa ontdek. Maak ook seker jy proe van hul plaaslike wyn en olyfolie!

Bol, Kroasië

Dag 6: Luilekker Kroasië-boottoer

Dinsdag, 7 Julie 2026

- HVAR - TROGIR, KROASIË -

Na ontbyt vaar ons na die antieke dorpie Trogir. Hierdie dorpie is tussen die 13de en 15de eeu gebou. Dit is vandag ook ‘n Wêrelderfenisgebied. Trogir se ou stadskern is ’n betowerende doolhof van klipstegies, kleurvolle markte en indrukwekkende argitektuur. Die helderblou waters, sjarmante hawetjie en rustige mediterreense atmosfeer maak dit die perfekte plek om te ontspan en eilandlewe ten volle te geniet.

Trogir, Kroasië

Dag 7: Luilekker Kroasië-boottoer

Woensdag, 8 Julie 2026

- TROGIR - MAKARSKA, KROASIË -

Ons geniet vanoggend weer ‘n bufffetontbyt aan boord terwyl ons na Makarska Riviera vaar. Makarska is beroemd vir sy lang wit klippiestrande en kristalhelder water, sowel as sy lewendige strandpromenade langs die see met palmbome, koffiewinkels, restaurante en markstalletjies. Vanaand geniet ons die Captain's Dinner met gesellige vermaak aan boord.

Makarska, Kroasië

Makarska, Kroasië

Dag 8: Luilekker Kroasië-boottoer

Donderdag, 9 Julie 2026

- MAKARSKA & KORČULA, KROASIË -

Vanoggend geniet ons ons buffetontbyt aan boord en vaar na Korčula, die geboorteplek van Marco Polo. Die stad is omring met bewaarde middeleeuse stadsmure en torings. Die strate is in ’n visgraatpatroon uitgelê – uniek en perfek om te ontdek. Buite die ou stad wag daar talle klein afgeleë baaitjies om by te swem en te ontspan. Ons geniet 'n lieflike driegangmiddagete op ons boot.

Korčula, Kroasië

Dag 9: Luilekker Kroasië-boottoer

Vrydag, 10 Julie 2026

- KORČULA & DUBROVNIK, KROASIË -

Ons smul aan ons buffetontbyt aan boord en vaar na Dubrovnik. Ons ontspan aan boord en geniet later ook ‘n lekker middagete. Dubrovnik is wêreldbekend vir sy stadsmure wat die hele ou stad omring (1.94km!). Dwaal deur die Stradun – die hoofstraat vol klein stegies, pleintjies en winkeltjies.

Dubrovnik, Kroasië Dubrovnik, Kroasië

Dag 10: Luilekker Kroasië-boottoer

Saterdag, 11 Julie 2026

- DUBROVNIK, KROASIË -

Vanoggend geniet ons vir oulaas ontbyt aan boord en neem ons hartlik afskeid van die bemanning en nuwe vriende. Ons het weer vrye tyd om Dubrovnik verder te verken. Ons geniet 'n tradisionele Kroatiese aandete as groep saam. Ons oornag in ons viersterhotel in Dubrovnik.

Dubrovnik, Kroasië

Dag 11: Luilekker Kroasië-boottoer

Sondag, 12 Julie 2026

- DUBROVNIK, KROASIË -

Ons geniet vanoggend vir oulaas ontbyt in ons hotel. Ons het nog heerlike vrye tyd in Dubrovnik voordat ons na die Dubrovnik lughawe vertrek om na Suid-Afrika terug te keer met 'n vol hart, Adriatiese seesand nog tussen ons tone en songebrande bewyse van ons onvergeetlike vakansie.

Dag 12: Luilekker Kroasië-boottoer

Maandag, 13 Julie 2026

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Ons land op O.R. Tambo Lughawe, verryk deur hierdie luilekker vakansie deur Kroasië!

Ons toerprys is R74,000 p.p. wat deel vir 'n hoofdekkajuit

en R70,000 p.p. wat deel vir 'n onderdekkajuit

Teen wisselkoers van €1 = R20,50

Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?

Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hier onder in en betaal jou deposito van R6,000:

Kliek hier om te bespreek

  • KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:

    • Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Dubrovnik en terug. 'n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar;
    • Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
    • Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer, in 'n viersterhotel in Dubrovnik;
    • Bootvaart vir agt dae op ons eie privaatboot, Die Admiraal;
    • Buffetontbyt aan boord elke oggend;
    • Driegangmiddagete met 'n kaas- en slaaibar aan boord elke dag;
    • Captain's Dinner met apéritief en gesellige vermaak aan boord;
    • Tradisionele Kroatiese aandete;
    • Vervoer vir groepsuitstappies en -bewegings in Dubrovnik;
    • Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen;
    • Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gids in Dubrovnik;
    • Fooie vir die busbestuurder (€8);
    • Toeristebelasting en hawefooie vir die week op die boot (€60).

    Wat is nie ingesluit nie?

    • Visumkoste;
    • Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24h of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
    • Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
    • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard, o.a. fooitjies vir die bemanningslede.

MEER OOR ONS PRIVAATBOOT, DIE ADMIRAAL

Die Admiraal is ’n moderne, stylvolle en ruim boot, deel van die deluxe-vloot wat spesiaal ontwerp is vir vaarte langs Kroasië se prentjiemooi kuslyn. Geloods in 2015, bied die Admiraal ’n luukse ervaring waar gerief en avontuur perfek saamvloei. Met plek vir 38 gaste is dit die ideale keuse vir ’n intieme en eksklusiewe bootvaart net vir ons WinskoopToerlede.

  • 18 Stylvol ingerigte kajuite met moderne geriewe: Lugversorging, platskerm-TV’s en individuele kluise;

    • 10 Hoofdekkajuite en 8 Onderdekkajuite
  • Hoofarea waar jy heerlik kan eet en gesels, omring deur asemrowende see-uitsigte;

  • 200 m² sondek met gemaklike sondekbeddens vir die lekkerste ontspanning;

  • Borrelbad op die sondek;

  • Swemplatform vir maklike toegang tot die helder Adriatiese waters;

  • Gebruik van snorkeltoerusting, sonbeddens en ’n klein rubberboot;
Hier is nog 'n paar ekstras wat ons boot insluit:
  • Verwelkomingsdrankie;
  • Koffie en tee ná middagete;
  • Gratis water vanaf die waterfontein;
  • Olyfolie- en wynproe aan boord;
  • Daaglikse vars vrugte en peuselhappies;
  • Daaglikse kajuitdiens en handdoekvervanging;
  • Vars beddegoed halfpad deur die week;
  • Pantoffels en badjasse beskikbaar op versoek;
  • Strandhanddoeke;
  • Gratis draadlose internettoegang (Wi-Fi);
  • Lugverkoelde eetkamer met kroegarea en LCD-televisie;
  • Portierdienste.
Die vriendelike bemanning sorg vir uitstekende diens en heerlike etes deur die hele reis. Hierdie boot is ideaal om Kroasië se sonskyn en seelug in styl te geniet - dis perfek vir diegene wat hou van swem in afgeleë baaitjies, verkenning van historiese dorpies of eenvoudig op die dek wil ontspan. Die Admiraal kombineer styl, luuksheid en avontuur – die ideale manier om Kroasië se eilande en kuslyn te ontdek.
                 

Kom #DroomLeefReis saam!

Toer na Europa - Luilekker Kroasië-boottoer

Tree met ons in verbinding:

Ems: +27 83 637 1542

Ilzé: +27 83 637 1642

droom@winskooptoere.co.za

Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en YouTube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:

Toer na Europa - Luilekker Kroasië-boottoer

**WinskoopToere behou die reg om die prys en toerprogram te wysig.
Back To Top
Your Cart

Your cart is empty.