Toerprys:
R69,000.00
Datum:
Plekke nog beskikbaar:
30 plekke
Kliek hier om te bespreek
NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL
Ons Mediterreense Boottoer in 2026
LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.
Kliek hier om die brosjure af te laai
- Ons Mediterreense Boottoer in 2026 -
Dag 1: Ons Mediterreense Boottoer
Woensdag, 7 Oktober 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Lughawe in Johannesburg na Barcelona. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.)
Dag 2: Ons Mediterreense Boottoer
Donderdag, 8 Oktober 2026
- BARCELONA, SPANJE -
Ons arriveer in Barcelona waar ons luukse bus op ons wag. Ons begin met ‘n interessante stadsbesigtigingstoer per bus onder leiding van ‘n plaaslike Engelssprekende gids. Hierdie toer word afgesluit by die fenominale La Sagrada Familia Katedraal (toegangskaartjie ingesluit). Werk aan hierdie katedraal het al in 1882 begin en dit word steeds nog voortgesit! Dit is een van die aller-uitsonderlikste plekke om te besigtig!
Nou het jy genotvolle vrye tyd om Barcelona mee te verken. Jy kan na die indrukwekkende Akwarium gaan, in een van die hotelle se daktuine ‘n drankie gaan drink of sommer net in die bekende straat, La Rambla, gaan rondwandel en hier en daar inkopies doen. Jy sal ook genoeg tyd hê om op jou eie in die besonderse antieke Gotiese Buurt te gaan rondloop. Vroegmiddag neem die bus ons na ons pragtige luukse viersterhotel, geleë in Barberà del Vallès, net buite die stad. Hier kan jy nou heerlik tyd op die strand geniet en vanaand eet ons saam aandete in ons hotel.
Barcelona, Spanje
Dag 3: Ons Mediterreense Boottoer
Vrydag, 9 Oktober 2026
- PEÑISCOLA & VALENCIA, SPANJE -
Ons ry vanoggend al langs die kus af na Peñiscola. Hierdie skat van ‘n klein kusdorpie met sy kasteel is ‘n heerlike verrassing – op ‘n skiereilandjie in die see, met pragtige loopstraatjies en -gangetjies, en oral oulike winkeltjies... Dan ry ons na Valencia. Dit is ‘n pragtige, rustige stad met baie besonderse marmersypaadjies en statige geboue!
Valencia is baie bekend vir sy Paella en in oulike eetplekkies kan jy dit sommer oor die toonbank koop (met ‘n glasie rooiwyn as jy wil!) Hier het ons almal vrye tyd en jy kan byvoorbeeld die Torres de Serranos (die oorblywende stadsmure) en die pragtige katedraal gaan besigtig. Die Beurs van Sy (waar sy verhandel is – Llotja de la Seda) is ‘n baie spesiale plek en is nie ver daarvandaan nie. Moet dit nie mis nie! Later ry ons groep na die fassinerende City of Arts and Sciences waar ons gaan rondloop en die buitekant van naderby besigtig.
Vanaand wag ’n besondere ervaring op ons by La Pepica, die ikoniese paella-restaurant, waar ons ’n tradisionele aandete geniet
Ons oornag in ‘n pragtige viersterhotel.
Peñiscola, Spanje
Dag 4: Ons Mediterreense Boottoer
Saterdag, 10 Oktober 2026
- VALENCIA, SPANJE & MSC ORCHESTRA -
Na ’n heerlike ontbyt geniet ons groep vrye tyd in Valencia se ou stad.
Valencia is baie bekend vir sy paella en in oulike eetplekkies kan jy dit sommer oor die toonbank koop (met ‘n glasie rooiwyn as jy wil!) Hier het ons almal vrye tyd en jy kan byvoorbeeld die Torres de Serranos (die oorblywende stadsmure) en die pragtige katedraal gaan besigtig. Die Beurs van Sy (waar sy verhandel is – Llotja de la Seda) is ‘n baie spesiale plek en is nie ver daarvandaan nie. Moet dit nie mis nie!
Ons groep ry na die fassinerende City of Arts and Sciences, waar ons gaan rondloop en die buitekant van naderby besigtig. Later die middag vertrek ons na Valencia se hawe waar die MSC Orchestra passasierskip op ons wag.
Ontbyt, middagetes, aandetes en alle vermaak is ingesluit op die skip. Al ons toerlede kry ook balkonkajuite! Drankpakkete is beskikbaar en kan op die skip gekoop word.
Ons geniet aandete op die boot.
Valencia, Spanje
Dag 5: Ons Mediterreense Boottoer
Sondag, 11 Oktober 2026
- MSC ORCHESTRA -
Ons spandeer die dag op die pragtige Meditereense Oseaan aan boord die MSC Orchestra. Jy kan nou lekker ontspan of deelneem aan die vele aktiwiteite wat hul op die skip aanbied. Ons geniet as groep saam aandete op die skip.
MSC Orchestra
Dag 6: Ons Mediterreense Boottoer
Maandag, 12 Oktober 2026
- LIVORNO, ITALIË & MSC ORCHESTRA -
Na ‘n goeie nag se rus en ‘n smaaklike ontbyt is die eerste stad wat ons passasierskip besoek, Livorno. Livorno spog met verskeie historiese monumente – die ou vesting, die nuwe vesting en die Marzocco-toring – wat die fascistiese afbrekings en Geallieerde bombardering oorleef het.
Die stad is 'n uitstekende beginpunt vir 'n verkenning van die Toskaanse kos- en wynkultuur: vars vrugte en groente, tipiese geregte uit die tradisionele see- en landkombuise, en natuurlik wynsoorte soos Chianti en Brunello di Montalcino. Oorweeg gerus een van MSC se uitstappies in hierdie pragtige omgewing.
Na ‘n heerlike dag keer ons op die afgespreekte tyd terug na die hawe. Ons geniet aandete aan boord die MSC Orchestra.
Livorno, Italië
Dag 7: Ons Mediterreense Boottoer
Dinsdag, 13 Oktober 2026
- CIVITAVECCHIA & FRASCATI, ITALIË & MSC ORCHESTRA-
Ons het ‘n spesiale uitstappie vir ons groep gereël tydens hierdie dag. Na ons aankoms in die hawe vertrek ons groep met ‘n privaat bus na ‘n dorpie net buite Rome: Frascati. Hier besoek ons ‘n wynplaas en plaashuis wat reeds vir die negende generasie in dieselfde familie is. Ons word hier ontvang deur plaaslike inwoners wat ons ‘n smakie gaan gee van die Italiaanse plattelandse gasvryheid. Ons spandeer 'n heerlike dag saam met hulle - ons maak pasta (ja! Egte tuisgemaakte pasta!), proe wyn en eet heerlik saam. Hierna keer ons terug na Civitavecchia om weer aan boord te gaan van die MSC Orchestra.
Ons geniet aandete aan boord die MSC Orchestra.
Ons maak pasta in Frascati
Dag 8: Ons Mediterreense Boottoer
Woensdag, 14 Oktober 2026
- PORTOFINO, CAMOGLI, LIGURIESE RIVERIA, ITALIË & MSC ORCHESTRA -
Vandag geniet ons groep ’n heerlike uitstappie deur MSC wat die hart en siel van die mees elegantste vissersdorpies in die Liguriese Riviera tot lewe bring. Vanaf die blou water tot die historiese dorpies ontvou die ryk verlede en unieke karakter stap vir stap.
Ons spring by Camogli weg, ‘n kleurvolle klein vissersdorpie vol karakter. Ons geniet vrye tyd en jy het die geleentheid om die geskiedkundige stadskern te verken.
Hierna vaar ons na Portofino, ‘n prentjiemooi dorpie. Die pastelkleure, bootjies wat in die hawe lê en dobber, oranje, rooi en pienk dorsphuisies in die baai en ryk geskiedenis sal jou bekoor!
Ons vaar verder na Santa Margherita Ligure, waar palmbome en huisies by die see jou verwelkom, hier geniet jy vrye tyd om rustig deur die dorpie te wandel.
Verryk deur ’n dag vol kultuur, geskiedenis en Italiaanse lewenslus keer ons terug na die MSC Orchestra en geniet aandete aan boord.
Portofino, Italië
Dag 9: Ons Mediterreense Boottoer
Donderdag, 15 Oktober 2026
- MARSEILLE, SAINT-RéMY-DE-PROVENCE, FRANKRYK & MSC ORCHESTRA -
Ons besoek vandag die pragtige Marseille. Die stad wat 2 600 jaar gelede deur Griekssprekende Phocaeërs gestig is, is Frankryk se oudste stad en bekoor besoekers al eeue lank. Die terracotta-dakke, turkoois see, kalksteenrotse en lewendige straatkuns vorm 'n prentjie soos geen ander.
Ons kry ons eie bus met ons aankoms in Marseilles en vertrek na die hartjie van Provence: Saint-Rémy-de-Provence. Hier besoek ons eers die aangrypende klooster waar Van Gogh gewoon en geskilder het en verken ons die omgewing wat vir Vincent van Gogh soveel inspirasie gebied het. Van Gogh het meer as 150 skilderye van die omgewing geskilder.
Marseille is bekend vir sy diverse kulture wat in sy taal, kos, musiek en tradisies weerspieël word. Marseille is ook baie bekend vir die seep (Savon de Marseille) wat hier al vir oor die 600 jaar geproduseer word. Dit word spesifiek met Mediterreense seewater, olyfolie en alkaliese as van seeplante gemaak. Ons geniet ‘n heerlike dag en eet later aandete aan boord die MSC Orchestra.
Marseille, Frankryk
Dag 10: Ons Mediterreense Boottoer
Vrydag, 16 Oktober 2026
- TARRAGONA, BARCELONA, SPANJE -
Vandag neem ons afskeid van die elegante MSC Orchestra in Tarragona. Met aankoms ontmoet ons ons luukse bus en vertrek saam met ’n plaaslike gids om hierdie historiese kusstad te verken.
Tarragona se ryk Romeinse erfenis kom tot lewe tydens ons besoek aan die indrukwekkende amfiteater, dramaties geleë bo die Middellandse See. Daarna is daar tyd om op eie pas deur die stad te wandel, die atmosfeer in te neem en heerlik rond te loop of inkopies te doen.
Na ons tyd in Tarragona vertrek ons per bus verder na Barcelona, waar ons reis voortgaan.
Ons geniet vanaand 'n spesiale afskeidsete in Barcelona.
Tarragona, Spanje
Dag 11: Ons Mediterreense Boottoer
Saterdag, 17 Oktober 2026
- BARCELONA, SPANJE -
Vandag geniet elkeen die laaste oomblikke in Barcelona teen eie tempo. Die dag is oop vir vrye tyd om nog ’n bietjie van hierdie lewendige stad te ervaar — dalk vir laaste inkopies, ’n rustige koffiestop in ’n plaaslike kafee, of ’n laaste wandeling deur ’n gunsteling buurt.
Dit is ook ’n ideale geleentheid om een van Barcelona se ikoniese Gaudí-besienswaardighede te besoek, soos Park Güell met sy kleurvolle mosaïeke en panoramiese uitsigte, of Casa Batlló en Casa Milà (La Pedrera) — twee van die stad se bekendste modernistiese meesterwerke.
In die laatmiddag vertrek ons per bus lughawe toe, waar ons ons vlug huiswaarts neem — verryk deur onvergeetlike ervarings en kosbare herinneringe.
Barcelona, Spanje
Dag 12: Ons Mediterreense Boottoer
Sondag, 18 Oktober 2026
- SUID-AFRIKA -
Ons arriveer terug in Suid-Afrika, vervul met nuwe ervarings, herinneringe en lewenslange vriende.
Ons toerprys is R69,000 p.p. wat deel.
Enkeltoeslag is R32,000 p.p.
Teen wisselkoers van €1 = R19.00Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?
Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:
Kliek hier om te bespreek
KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:
- Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Barcelona en terug. 'n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar;
- Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
- Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer;
- Ses nagte aan boord die MSC Orchestra (in Balkonkajuite!). Ontbyt, middagetes, aandetes en alle vermaak is ingesluit;
- Aandetes soos gemeld in ons program of ‘n subsidie van €20 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
- Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas), voor en na die bootvaart;
- Fooi vir die busbestuurder: €8 p.p.;
- Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.);
- Stadsbesigtigingstoere te voet of per bus, soos gemeld, met 'n ervare, Engelssprekende plaaslike gids in Barcelona;
- Toegangskaartjies na La Sagrada Familia in Barcelona;
- Uitstappie na wynplaas buite Frascati wat die volgende insluit: pastamaakklas, wynproe, middagete, busvervoer tussen Civitavecchia en Frascati;
- Uitstappie na Saint-Rémy-de-Provence: busvervoer vir die dag vanaf Marseilles, toegangskaartjies na Saint-Paul-de-Mausole-klooster.
Wat is nie ingesluit nie?
- Visumkoste;
- Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
- Middagetes tydens die bustoer;
- Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.
Kom #DroomLeefReis saam!
Toer na Europa - Ons Mediterreense Boottoer
Tree met ons in verbinding:
Ems: +27 83 637 1542
Ilzé: +27 83 637 1642
Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en Youtube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:
Toer na Europa - Ons Mediterreense Boottoer



