Toerprys:
Kontak ons vir prys
Datum:
Nog plekke beskikbaar:
48 plekke
Kliek hier om te bespreek
NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL
Toer na Europa - Ons Mediterreense Boottoer in 2026
LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.
Dag 1: Ons Mediterreense Boottoer
Woensdag, 7 Oktober 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Lughawe in Johannesburg na Barcelona. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.)
Dag 2: Ons Mediterreense Boottoer
Donderdag, 8 Oktober 2026
- BARCELONA, SPANJE -
Ons arriveer in Barcelona waar ons luukse bus op ons wag. Ons begin met ‘n interessante stadsbesigtigingstoer per bus onder leiding van ‘n plaaslike Engelssprekende gids. Hierdie toer word afgesluit by die fenominale La Sagrada Familia Katedraal (toegangskaartjie ingesluit). Werk aan hierdie katedraal het al in 1882 begin en dit word steeds nog voortgesit! Dit is een van die aller-uitsonderlikste plekke om te besigtig!
Nou het jy genotvolle vrye tyd om Barcelona te verken. Jy kan na die indrukwekkende Akwarium gaan, in een van die hotelle se daktuine ‘n drankie gaan drink of sommer net in die bekende straat, La Rambla, gaan rondwandel en hier en daar inkopies doen. Jy sal ook genoeg tyd hê om op jou eie in die besonderse antieke Gotiese Buurt te gaan rondloop. Vroegmiddag neem die bus ons na ons pragtige luukse viersterhotel, geleë in ‘n kusdorpie buite die stad. Hier kan jy nou heerlik tyd op die strand geniet en vanaand eet ons saam aandete in ons hotel.
Barcelona, Spanje
Dag 3: Ons Mediterreense Boottoer
Vrydag, 9 Oktober 2026
- PEÑISCOLA & VALENCIA, SPANJE -
Ons ry vanoggend al langs die kus af na Peñiscola. Hierdie skat van ‘n klein kusdorpie met sy kasteel is ‘n heerlike verrassing – op ‘n skiereilandjie in die see, met pragtige loopstraatjies en -gangetjies, en oral oulike winkeltjies... Dan ry ons na Valencia. Dit is ‘n pragtige, rustige stad met baie besonderse marmersypaadjies en statige geboue!
Valencia is baie bekend vir sy Paella en in oulike eetplekkies kan jy dit sommer oor die toonbank koop (met ‘n glasie rooiwyn as jy wil!) Hier het ons almal vrye tyd en jy kan byvoorbeeld die Torres de Serranos (die oorblywende stadsmure) en die pragtige katedraal gaan besigtig. Die Beurs van Sy (waar sy verhandel is – Llotja de la Seda) is ‘n baie spesiale plek en is nie ver daarvandaan nie. Moet dit nie mis nie! Later ry ons groep na die fassinerende City of Arts and Sciences waar ons gaan rondloop en die buitekant van naderby besigtig.
Ons oornag in ‘n pragtige viersterhotel. Ons geniet weer vanaand ‘n lekker aandete as groep in die hotel.
Valencia, Spanje
Peñiscola, Spanje
Dag 4: Ons Mediterreense Boottoer
Saterdag, 10 Oktober 2026
- VALENCIA, SPANJE & MSC ORCHESTRA -
Na ’n heerlike ontbyt geniet ons groep vrye tyd in Valencia se ou stad. Later die middag vertrek ons na Valencia se hawe waar die MSC Orchestra passasierskip op ons wag.
Ontbyt, middagetes, aandetes en alle vermaak is ingesluit op die skip. Al ons toerlede kry ook balkonkajuite! Drankpakkete is beskikbaar en kan gekoop word op die skip.
Valencia, Spanje
Dag 5: Ons Mediterreense Boottoer
Sondag, 11 Oktober 2026
- MSC ORCHESTRA -
Ons spandeer die dag op die pragtige Meditereense Oseaan aan boord die MSC Orchestra. Jy kan nou lekker ontspan of deelneem aan die vele aktiwiteite wat hul op die skip aanbied. Ons geniet as groep saam aandete op die skip.
MSC Orchestra
Dag 6: Ons Mediterreense Boottoer
Maandag, 12 Oktober 2026
- LIVORNO, ITALIË & MSC ORCHESTRA -
Na ‘n goeie nag se rus en ‘n smaaklike ontbyt is die eerste stad wat ons passasierskip besoek, Livorno. Livorno spog met verskeie historiese monumente – die ou vesting, die nuwe vesting en die Marzocco-toring – wat die fascistiese afbrekings en Geallieerde bombardering oorleef het.
Die stad is 'n uitstekende beginpunt vir 'n verkenning van die Toskaanse kos- en wynkultuur: vars vrugte en groente, tipiese geregte uit die tradisionele see- en landkombuise, en natuurlik wynsoorte soos Chianti en Brunello di Montalcino. Na ‘n heerlike dag in Livorno keer ons op die afgespreekte tyd terug na die hawe. Ons geniet aandete aan boord die MSC Orchestra.
Livorno, Italië
Dag 7: Ons Mediterreense Boottoer
Dinsdag, 13 Oktober 2026
- CIVITAVECCHIA, ITALIË & MSC SPLENDIDA -
Die hawe van Civitavecchia is een van die grootste in Italië. Civitavecchia het 'n stokou geskiedenis te danke aan die inhamme langs die kus, wat 'n perfekte skuiling vir skepe gebied het en dit 'n natuurlike hawe gemaak. In Civitavecchia kan jy maklik die middestad te voet verken. Onder die belangrikste monumente om te besoek is die Forte Michelangelo (gebou deur Bramante in die 16de eeu), die antieke mure van die ou hawe (waar daar 'n fontein van travertynmarmer deur Vanvitelli is), en die "Rocca" ('n ondeurdringbare vesting wat al meer as 'n duisend jaar oor die stad en hawe uittroon). Ons geniet aandete aan boord die MSC Orchestra.
Civitavecchia, Italië
Dag 8: Ons Mediterreense Boottoer
Woensdag, 14 Oktober 2026
- PORTOFINO, GENUA, ITALIË & MSC SPLENDIDA -
Na onbyt neem ‘n luukse bus ons na Portofino. Portofino is 'n vissersdorpie aan die Italiaanse Riviera-kuslyn, suidoos van die stad Genua. Pastelkleurige huise, luukse boetieks en seekosrestaurante omring sy Piazzetta, 'n klein geplaveide plein wat uitkyk oor die hawe. Ons keer later terug na Genua waar ons die res van die dag deurbring. Die poort na die Italiaanse Riviera - die hawe van Genua - is een van die belangrikste en grootste in Italië, 'n strategiese hawe sedert antieke tye. Sy vele besienswaardighede sluit in: die Genua-akwarium, ontwerp deur die argitek Renzo Piano, en die stad se prentjiemooi Boccadasse-distrik, 'n vissersdorpie langs die meer. Proe ook gerus kenmerkende geregte en disse van hierdie streek soos pesto Genovese en focaccia. Ons eet vanaand aandete aan boord die MSC Orchestra.
Portofino, Italië
Genua, Italië
Dag 9: Ons Mediterreense Boottoer
Donderdag, 15 Oktober 2026
- MARSEILLE, FRANKRYK & MSC ORCHESTRA -
Ons besoek vandag die pragtige Marseille. Die stad wat 2 600 jaar gelede deur Griekssprekende Phocaeërs gestig is, is Frankryk se oudste stad en bekoor besoekers al eeue lank. Die terracotta-dakke, turkoois see, kalksteenrotse en lewendige straatkuns vorm 'n prentjie soos geen ander. Marseille is bekend vir sy diverse kulture wat weerspieël word in sy taal, kos, musiek en tradisies. Marseille is ook baie bekend vir die seep (Savon de Marseille) wat hier al vir oor die 600 jaar geproduseer word. Dit word spesifiek met Mediterreense seewater, olyfolie en alkaliese as van seeplante gemaak. Ons geniet ‘n heerlike dag van vrye tyd en eet later aandete aan boord die MSC Orchestra.
Marseille, Frankryk
Dag 10: Ons Mediterreense Boottoer
Vrydag, 16 Oktober 2026
- TARRAGONA, SPANJE & MSC ORCHESTRA -
Na onbyt klim ons af in Tarragona. Tarragona is een van die belangrikste hawens van Katalonië en 'n gewilde toeristebestemming met goue strande en landskappe wat lyk asof dit direk uit 'n vakansie-poskaart kom. Baie ou ruïnes het oorgebly uit sy tyd as die Romeinse kolonie, Tarraco. Die Amfiteatre Romà is 'n tweede-eeuse arena wat na die Middellandse See kyk, die Necropolis bevat Romeinse grafte, en spore van die Forum staan tussen die stegies van die ommuurde, Middeleeuse ou stad. 'n Looppad langs die walle, die Passeig Arqueològic, het asemrowende uitsigte oor die stad. Ons geniet ‘n heerlike aandete aan boord die MSC Orchestra.
Tarragona, Spanje
Dag 11: Ons Mediterreense Boottoer
Saterdag, 17 Oktober 2026
- VALENCIA & BARCELONA, SPANJE -
Ons gooi anker in die hawe van Valencia en vertrek na Barcelona vanwaar ons vanaand terugvlieg na ons tuisland, Suid-Afrika.
Valencia, Spanje
Dag 12: Ons Mediterreense Boottoer
Sondag, 18 Oktober 2026
- SUID-AFRIKA -
Ons arriveer terug in Suid-Afrika, vervul met nuwe ervarings, herinneringe en lewenslange vriende.
Ons verwagte toerprys is steeds onbekend.
Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?
Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:
Kliek hier om te bespreek
KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:
- Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Barcelona en terug. 'n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar;
- Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
- Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer;
- Sewe nagte aan boord die MSC Splendida (in Balkonkajuite!). Ontbyt, middagetes, aandetes en alle vermaak is ingesluit;
- Aandetes soos gemeld in ons program of ‘n subsidie van €20 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
- Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas), voor en na die bootvaart;
- Fooi vir die busbestuurder: €8 p.p.;
- Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.);
- Stadsbesigtigingstoere te voet of per bus, soos gemeld, met 'n ervare, Engelssprekende plaaslike gids in Barcelona;
- Busrit na Portofino.
Wat is nie ingesluit nie?
- Visumkoste;
- Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
- Middagetes tydens die bustoer;
- Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.
Kom #DroomLeefReis saam!
Toer na Europa - Ons Mediterreense Boottoer
Tree met ons in verbinding:
Ems: +27 83 637 1542
Sarisna: +27 83 637 1642
Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en Youtube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:
Toer na Europa - Ons Mediterreense Boottoer



