WinskoopToerprys:
Original price was: R89,990.00.R68,990.00Current price is: R68,990.00.
Datums:
Aantal plekke:
25 in stock
Ons André Rieu Kerstoer in Desember 2025!
GENIET EUROPA SE SPRANKEL IN DIE FEESTYD
VRYDAG, 12 DESEMBER 2025
DAG 1 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER
Johannesburg, Suid-Afrika
Ons Rieu-Kerstoer begin op OR Tambo Lughawe waar die opgewonde toerlede bymekaarkom! Ons vertrek na Amsterdam in Nederland. Etes en drankies tydens die vlugte is ingesluit. ‘n Beperkte aantal Kaapstadvlugte is beskikbaar op aanvraag - doen vroegtydig hiervoor aansoek.
SATERDAG, 13 DESEMBER 2025
DAG 2 VAN ANDRÉ RIEU KERSTOER
Brussel, België
Ons arriveer in Brussel. Hier wag ons luukse toerbus reeds op ons. Hierdie gerieflike bus bly ons s'n vir die hele Kerstoer. Ons ry dan na ons lieflike hotel in die hartjie van Brussel waar ons solank inteken. Ons stap dan saam om die draai na Brussel se “Winter Wonders and Christmas Market” om ons eerste smakie van Kerswonder te beleef. Ons geniet almal saam ‘n smaaklike aandete by die hotel.
Brussel, België
SONDAG, 14 DESEMBER 2025
DAG 4 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER
Maastricht, Nederland
Na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons groep na Maastricht. Ons groep geniet eers vrye tyd voordat die bus ons na die André Rieu konsert wat om 15:00 begin, neem. Hier betower André Rieu en sy simfonie-orkes ons met ‘n pragtige Kersspel. ‘n Ervaring van ‘n leeftyd! André Rieu, die ”Koning van die Wals”, is 'n Nederlandse violis en dirigent van die Johann Strauss Orkes. Die orkes bestaan uit 60 musikante en voer gewilde klassieke werke en walse uit.
Maastricht, Nederland
MAANDAG, 15 DESEMBER 2025
DAG 5 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER
Valkenburg & Köln, Duitsland
Na ontbyt leer ons Valkenburg beter ken. Ons begin met ‘n heerlike oggenduitstappie en geniet dan vrye tyd. Teen vroegmiddag vertrek ons na Köln waar ons eers ‘n interessante stadstoer en dan heerlike vye tyd geniet. Hierna neem die bus ons na ons hotel waar ons inteken. Ons hotel lê in die hartjie van Köln se Ou Stad en toerlede kan die area te voet op hul eie leer ken. Kersmarkte is gedurende die Advent periode regdeur Köln versprei, wat die hele stad in een groot sprokieswêreld omskep. Die hoof-Kersmark is geleë by die Kölner Dom (katedraal) – een van Europa se grootste en mooiste Gotiese kerke. Lede ontvang ‘n €20 subsidie vir aandete.
Köln, Duitsland
DINSDAG, 16 DESEMBER 2025
DAG 6 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER
Wiesbaden & Heidelberg, Duitsland
Ons vertrek vanoggend eers na Wiesbaden, en dan na die beroemde universiteitstad Heidelberg waar ons oornag.
Wiesbaden, Duitsland
Ons groep besoek saam die eeue-oue kasteel wat oor die Ou Stad waak en later kan jy ronddwaal en verlore raak in die atmosfeer van die seisoen. Ons ontmoet mekaar op die afgespreekte plek en keer terug na ons hotel vir die aand.
Heidelberg, Duitsland
WOENSDAG, 17 DESEMBER 2025
DAG 7 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER
Baden-Baden, Duitsland & Colmar, Frankryk
Na ontbyt vertrek ons na Baden-Baden. Ons ervaar die betyowerende Advents-atmoesfeer van hierdie wêrelderfenisstad omring deur die Swartwoud en die berge.

Ons verken die Elsasgebied verder en ry na Colmar waar ons die volgende twee aande gaan oornag. Hier stap ons heerlik deur die pragtige dorpie met sy vakwerkhuisies en baie stalletjies. Ons groep geniet dan ‘n betowerende aand in Colmar se ou stad. Elkeen ontvang €20 subsidie vir aandete.

DONDERDAG, 18 DESEMBER 2025
DAG 8 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER
Colmar, Ribeauville & Strasbourg, Frankryk
Vanoggend ry ons na die goed behoue middeleeuse dorpie Ribeauville. Hierdie dorpie is gekies as een van die mooiste dorpies in Frankryk en is omring deur die wingerde van Elsas. Hierna ry ons verder na Strasbourg wat spog met van die mooiste versierde strate ter wêreld tydens die Kersseisoen. Teen die aand begin duisende kersliggies en kersversierings skitter en glinster. Toerlede geniet hier vrye tyd. Na ons besoek hier keer ons weer terug na Colmar. Ons eet saam aandete in ons hotel.
Strasbourg, Frankryk
VRYDAG, 19 DESEMBER 2025
DAG 9 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER
Rothenburg ob der Tauber & Nürnberg, Duitsland
Vanoggend ry ons na nog ‘n juweelstadjie uit die Middeleeue: Rothenburg ob der Tauber. Jy kan nie anders as om jouself af te vra of die tyd in Rothenburg stilgestaan het vanaf die Middeleeue nie. Daar is baie min plekke elders in die wêreld met so baie oorspronklike geboue wat uit die Middeleeue dateer soos in hierdie dorpie. Ons geniet hier vrye tyd.
Rothenburg ob der Tauber, Duitsland
Ons toerbus neem ons dan na Nürnberg waar ons vanaand oornag. Na ons by ons hotel in die Ou Stad ingeteken het kan toerlede gerus in die unieke Kersatmosfeer van Nürnberg gaan rondloop. In die houthokkies van die “stadjie van hout en lap” vind ’n mens tradisionele, dikwels handgemaakte Kersversierings en lekkernye soos gemmerkoek en Spekulatius-amandelkoekies. Elkeen ontvang €20 subsidie vir aandete.
Nürnberg, Duitsland
SATERDAG, 20 DESEMBER 2025
DAG 10 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER
Nürnberg & Oberammergau, Duitsland
Na ontby vertrek ons groep op ‘n besondere stadstoer van die mooie ou Nürnberg met sy kasteel wat omstreeks 1140 gebou is. Nürnberg se historiese myl eindig (of begin) by die kasteel en beskik oor pragtige kerke, uitgebreide fonteine en die Tucherschloss-museum. In skrille kontras dien ander terreine in Nürnberg as noodsaaklike herinneringe aan die donkerder jare in die stad se lang geskiedenis, o.a. waar die hoofoortreders van die Nazi-gruweldade in 1946 verhoor en skuldig bevind is.
Neurenberg, Duitsland
SONDAG, 21 DESEMBER 2025
DAG 11 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER
Zugspitze, Ettal Kooster & Oberammergau, Duitsland
Vanoggend ry ons na die Zugspitze - die hoogste bergpiek in Duitsland. Ons ry met die kabelkar tot bo in die berge. Daarbo is gerieflike restaurante waar ons oor die sneeu kan uitkyk. Hier beleef ons 'n tipiese sneeu-opset soos die Europeërs dit geniet!
Zugspitze, Duitsland
Na ons heerlike oggend in die berge besoek ons die Ettal-klooster (gestig op 28 April 1330). Ons ry dan terug na ons hotel in Oberammergau. Ons geniet ons laaste aandete saam in die hotel.
MAANDAG, 22 DESEMBER 2025
DAG 12 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER
München, Duitsland
Ons groep vertrek vanoggend na München vir ons laaste dag in Europa. Hier geniet ons vir oulaas ‘n heerlike Kersmark in die hartjie van München op die Marienplatz. Die sowat 2,500 liggies van die groot Kersboom skitter teen die romantiese agtergrond van die Neues Rathaus (nuwe stadsaal). Besoekers kom van heinde en verre om deel te hê aan die feesgees en Kersfeestradisies wat by hierdie bekoorlike Kersmark gevier word. En natuurlik vir die Glühwein en vars geroosterde amandels en kastaiings. Na ons onsself flou geëet en gestap het is dit tyd om Europa te groet en met ons toerbus na die lughawe te ry. Ons vertrek dan terug na ons tuisland.
München, Duitsland
DINSDAG, 23 DESEMBER 2025
DAG 13 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER
Johannesburg, Suid-Afrika
Ons arriveer in Suid-Afrika en so kom ons lieflike Kerstoer tot ‘n einde. En ons weet: die herinneringe bly nou verder by ons vir die res van ons lewens!
*WinskoopToere kan steeds veranderinge aan hierdie toerprogram maak.
Ons toerprys is R68,990.00 per persoon wat deel!
Enkeltoeslag is R12,500.00 per persoon.
(Teen wisselkoers van R20.50 = 1 Euro)
Kyk wat is ALLES in die toerprys ingesluit:
- Ekonomiese klas retoervlugte met Emirates. ‘n Beperkte aantal vlugte vanaf Kaapstad is beskikbaar op aanvraag.
- Lughawebelasting (behalwe wat mag bykom vanweë wisselkoersverandering).
- Luuksebusvervoer (met lugverkoeling, ens.) vir die volle tydperk.
- Akkommodasie in twin-kamers (bed en ontbyt) in drie- en viersterhotelle.
- Aandetes of ‘n subsidie van €20 per persoon vir ‘n aandete elke dag.
- Twee toerleiers, o.a. Marius Greeff, vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is altyd 'n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.)
- Die gebruik van ons hoë gehalte radio’tjies (oudiofone) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
- Stadstoere in Brussel, Köln, Nürnberg en München met professionele plaaslike gidse (Engelssprekend).
- Klas 2 André Rieu konsertkaartjies in Maastricht.
- Toegang na die Heidelberg Kasteel en Bergbahn.
- Toegang na die Köln Dom (Katedraal).
- Kabelkarretjie op met Zugspitze.
- Ettal Klooster toegangskaartjies.
Die toerprys sluit nie die volgende in nie:
- Visumkoste.
- Reisversekering. (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting.)
- Middagetes.
- Toegangsgelde van plekke wat jy dalk addisioneel wil besoek.
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
- Fooi vir die busbestuurder (€24 per persoon).
LW: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.
Hoe werk die visum?
‘n Schengen visum deur Nederland word benodig vir hierdie toer. Visumaansoeke in Suid-Afrika word deur die visumsentrum VFS Global (met kantore in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad of Durban) verwerk. Die koste is ongeveer R2200 per persoon en aansoeke moet in persoon gedoen word. Die aansoekproses word gewoonlik eers 3 maande voor die vertrekdatum begin. Ons sal nader aan die tyd volledige inligting in hierdie verband aan jou stuur.
Wat van reisversekering?
Voldoende reisversekering word benodig om ‘n Schengen visum te kan kry. Dit gee ook die nodige gemoedsrus wat jy benodig wanneer jy reis. Elke toerlid is egter self verantwoordelik vir reisversekering. WinskoopToere kan jou van hulp wees om reisversekering deur Bryte Travel Insurance te verkry, maar dit moet spesifiek deur ons kantoor aangevra word. Daar is verskillende polisse beskikbaar vir ouderdom vanaf 3 maande tot 69 jaar en die kostewissel tussen R1,000 en R2,000 per persoon. Voldoende reisversekering vir senior burgers is ook beskikbaar op aanvraag.
Om jou plek te bespreek:
(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)
Hoe bespreek ek my plek vir die Rieu-Kerstoer in 2024?
Deur die deposito van R6,000.00 pp
– (verwysing: RKERS25/Jou Voorletters en Van bv. RKERS25/J.Coetzee) –
in die volgende (NUWE) bankrekening te betaal:
WinskoopToere ABSA (NUWE) Rekeningnommer: 9343 1803 92
** NB!! Stuur u inbetalingstrokie na: droom@winskooptoere.co.za
(Maak asb seker jou E-pos bevat jou E-pos adres/kontakbesonderhede)
OF
Laai jou strokie direk op WinskoopToere se sisteem:
WinskoopToere Bewys van Betaling
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.
Elke toerlid moet asb die vorm invul en so spoedig moontlik na ons terugstuur/faks.
—————-
Vir meer besonderhede tree gerus met ons kantoor in verbinding.
**WinskoopToere behou die reg om die toerprogram en -prys te wysig.