Skip to content
Categories: ,

SITA26: September Italiëtoer

Toerprys:

Kontak ons vir prys

Datum:

23 September – 6 Oktober 2026 (14 dae)

Nog plekke beskikbaar:

45 plekke

Kliek hier om te bespreek

NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL

Kliek hier om die brosjure af te laai

Toer na Europa - September Italiëtoer 2026

LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.

Dag 1: September Italiëtoer

Woensdag, 23 September 2026

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Lughawe in Johannesburg na Rome - mens kan die opgewondenheid reeds op die lughawe aanvoel oor hierdie toer na Europa. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.)

Dag 2: September Italiëtoer

Donderdag, 24 September 2026

- ROME & CASERTA, ITALIË -

Ons arriveer in Rome en ons luukse bus staan gereed om ons na die Caserta-paleis en later na ons pragtige viersterhotel in Caserta te neem. Ons slaap die eerste twee aande hier. Ons groep geniet vanaand saam aandete in ons hotel.

Dag 3: September Italiëtoer

Vrydag, 25 September 2026

- AMALFI & POSITANO, ITALIË -

Ons besoek vandag die bekoorlike kusdorpies, Amalfi en Positano.

Om daar te kom, neem ons bus ons na die hawe in Salerno. Daar haal ons die veerboot na Amalfi. Ons bring vrye tyd daar deur en klim die mooi stel trappe op by die middeleeuse katedraal in die hartjie van die dorp. Later vaar ons van Amalfi se hawe met die veerboot na Positano (veerbootkaartjies ingesluit). Dit is die beste manier om hierdie pragtige kus te beleef!

Ons vaar weer met die veerboot terug na Salerno om ons bus te ontmoet en terug te keer na Caserta. Ons geniet aandete saam in die hotel.

ItaliëtoerAmalfi, Italië

ItaliëtoerPositano, Italië

Dag 4: September Italiëtoer

Saterdag, 26 September 2026

- POMPEIÏ & ROME, ITALIË -

Na ontbyt ry ons groep al langs die beroemde Vesuviusberg tot by Pompeii. Hierdie antieke Romeinse dorp is in 79 n.C. onder meters as en fyn vulkaniese stof begrawe na die uitbarsting van die vuurspuwende berg, Vesuvius. Dis ‘n baie interessante plek om te besoek. Hier neem ‘n plaaslike, Engelssprekende gids ons rond.

Na ons besoek vertrek ons na ons hotel in Rome. In Rome gaan ons meestal van openbare vervoer gebruik maak, en die middestad gaan ons te voet verken. Dink net hoe lekker gaan ons in die aand in Rome rondloop!

Italiëtoer EuropaPompeiï met die Vesuviusberg, Italië

ItaliëtoerRome, Italië

Dag 5: September Italiëtoer

Sondag, 27 September 2026

- ROME, ITALIË -

Vandag bring ons die hele dag in Rome deur! Ons plaaslike gids neem ons na die Colosseum en dan na die Forum Romanum. Elkeen het ook genoeg vrye tyd om op jou eie te doen wat hulle wil in hierdie indrukwekkende stad.

Later vertrek ons na ons hotel.

ItaliëtoerRome, Italië

Dag 6: September Italiëtoer

Maandag, 28 September 2026

- VATIKAANSTAD & ROME & TOSKANE, ITALIË -

Vanoggend besoek ons die Basilica di San Pietro (Sint Pieterskerk) – een van die grootste basilikas in Europa. Daarna besigtig ons ook die Vatikaanse Museums en die unieke Sistynse Kapel met Michelangelo se wonderbaarlike kunswerke.

Italiëtoer Sint Pieterskerk, Vatikaanstad

Verryk deur alles wat ons in die “ewige stad” beleef het, vertrek ons met ons eie bus na ons hotel in die Toskaanse gebied buite Siena.

Ons slaap die volgende twee aande tussen die wingerde by ‘n pragtige hotel. Hier geniet ons vanaand ‘n smaaklike aandete saam as groep.

ItaliëtoerToskaanse gebied, Italië

Dag 7: September Italiëtoer

Dinsdag, 29 September 2026

- SAN GIMIGNANO, ITALIË -

Vanoggend ry ons na die beroemde dorpie San Gimignano waar ons ‘n genotvolle oggend spandeer.

Hierna keer ons lekker vroeg terug na ons hotel buite Siena om langs die swembad uit te span en die wingerde te geniet. Ons geniet vanaand 'n spesiale Toskaanse aandete saam as groep.

Italiëtoer San Gimignano, Italië

Dag 8: September Italiëtoer

Woensdag, 30 September 2026

- FLORENCE, PISA & LA SPEZIA, ITALIË -

Ons besoek vandag die buitengewone kunsstad, Florence. Hier kan jy vandag die Ponte Vecchio-brug en die pragtige Duomo (katedraal) besigtig. In die Galleria dell’Accademia di Firenze wag die beroemde Dawidbeeld van Michelangelo en ander baie besonderse kunswerke op jou!

Italiëtoer Die Dawidbeeld van Michelangelo in Florence, Italië

Italiëtoer Ponte Vecchio-brug, Florence, Italië

Hierna vertrek ons na Pisa om die indrukwekkende toring te besigtig.

Ons slaap vanaand in La Spezia. Elkeen ontvang €20 subsidie vir aandete.

Toer na Europa - Italiëtoer Pisa, Italië

Dag 9: September Italiëtoer

Donderdag, 1 Oktober 2026

- CINQUE TERRE & LA SPEZIA, ITALIË -

Vandag besoek ons ‘n juweel in Italië en Europa: Cinque Terre. Dit is vyf eeue-oue stranddorpies aan die Italiaanse Riviera-kuslyn. In elk van die vyf dorpies is kleurvolle huise en wingerde. Probeer gerus hier smaaklike seekosspesialiteite saam met die beroemde sous van die gebied – pesto. Die Sentiero Azzurro-wandelroete verbind die dorpe en bied pragtige uitsigte oor die see. Elke toerlid kry ‘n veerbootkaartjie om tussen vier van die vyf dorpies te beweeg.

Vanaand slaap ons in dieselfde hotel in La Spezia. Elkeen ontvang €20 subsidie vir aandete.

Toer na Europa - ItaliëtoerCinque Terre, Italië

Dag 10: September Italiëtoer

Vrydag, 2 Oktober 2026

- PARMA, ITALIË -

Ons ry vanoggend na Parma, die universiteitstad in die Emilia-Romagna-streek. Die streek is bekend vir Parmesankaas en Parma-ham. Maak gerus ‘n draai by die Parma-katedraal met die spesiale dooparea.

In die Palazzo Della Pilotta is kunswerke van Correggio en Canaletto.

Hierna vertrek ons op ‘n Parmigiano Reggiano-kaastoer. Ons spandeer die middag op ‘n wynplaas in die streek waar ons ‘n wynproe en middagete geniet. Ons slaap vanaand in die omgewing.

Toer na Europa - ItaliëtoerParma, Italië

Dag 11: September Italiëtoer

Saterdag, 3 Oktober 2026

- MODENA, VERONA & TREVISO, ITALIË -

Vanoggend ry ons in die rigting van Modena. Hier het Balsamiese asyn sy oorsprong. Daarom besoek ons ‘n Balsamiese asynmaker en geniet ons die delikatesse hier. (Ingesluit by die toerprys.)

Ons laaste bestemming vandag is Verona – vandag ‘n Wêrelderfenisgebied. Hier neem ‘n plaaslike gids ons deur die stad. In die fenominale Romeinse Arena uit die eerste eeu n.C. word vandag steeds konserte voor 15,000 mense op ‘n keer gehou.

Ons gaan die eeue-oue stadsmure te siene kry. Besoek gerus ook die Ponte Pietra-brug wat reeds in die jaar 100 v.C. gebou is!

Ons slaap die volgende twee aande in Treviso.

Toer na Europa - ItaliëtoerVerona, Italië

Dag 12: September Italiëtoer

Sondag, 4 Oktober 2026

- VENESIË & TREVISO, ITALIË -

Ons groep vertrek vandag na die verruklike Venesië. Ons bus neem ons na die tronchetto (waar die motors en ons bus parkeer). Daarvandaan vaar ons per boot na die ou stad van Venesië.

Hier ontmoet ons ’n plaaslike gids wat baie interessante feite met ons deel en die belangrikste besienswaardighede aan ons uitwys.

Aan die einde van die stadstoer kan ons ‘n glasblaser dophou wat met hierdie baie ou kuns – eie aan die stad – ‘n meesterlike demonstrasie vir ons lewer. Die res van die dag het ons vrye tyd om Venesië intens te geniet.

Ons eet vanaand saam as groep aandete in ons hotel in Treviso.

Toer na Europa - ItaliëtoerVenesië, Italië

Dag 13: September Italiëtoer

Maandag, 5 Oktober 2026

- TREVISO, ITALIË -

Ons gaan die laaste dag in hierdie omgewing spandeer voordat ons na Venesië Lughawe vertrek, vanwaar ons vanmiddag terugkeer na Suid-Afrika na ons wonderlike toer in Europa.

Dag 14: September Italiëtoer

Dinsdag, 6 Oktober 2026

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Ons land vandag in Suid-Afrika vanaf Europa – met die wete dat ons op ‘n wonderlike wyse verryk is deur al die onvergeetlike beelde en belewenisse! Dit is onbeskryflike herinneringe vir altyd van hierdie September Italiëtoer!

Ons toerprys is tans nog onbekend.

Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?

Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:

Kliek hier om te bespreek

 

KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:

  • Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Rome en van Venesië na Johannesburg. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.);
  • Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
  • Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer in drie- en viersterhotelle;
  • Aandetes soos gemeld in ons program of ‘n subsidie van €20 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
  • Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer (Rome-middestad uitgesluit);
  • Fooi vir die busbestuurder: €30 p.p.;
  • Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen;
  • Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse vir insiggewende stadstoere in Pompeii, Verona en Venesië. Dié is ‘n besonderse pluspunt op hierdie toer, en 'n besigtigingstoer van die Colosseum en Forum Romanum in Rome;
  • Metrobuskaartjies in Rome;
  • Toeristebelasting vir Venesië se ou stad;
  • Die gebruik van WinskoopToere se kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.

Toegangsgelde vir die volgende uitstappies is ook by die prys ingesluit:

    • Caserta-paleis;
    • Pompeii;
    • Colosseum in Rome;
    • Forum Romanum in Rome;
    • Vatikaanstadmuseums en die Sistynse Kapel;
    • Veerbootvaarte (Positano – Amalfi en Cinque Terre);
    • Parmigiano Reggiano-kaastoer met middagete en wynproe;
    • Balsamiese asynproe;
    • Die bootvaart vanaf die tronchetto by Venesië na die ou stad (retoer);
    • Glasblaserdemonstrasie in Venesië.

Wat is nie ingesluit nie?

  • Visumkoste;
  • Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
  • Middagetes;
  • Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies;
  • Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.

Kom #DroomLeefReis saam!

Toer na Europa - September Italiëtoer!

ItaliëtoerToer na Europa - Italiëtoer

Tree met ons in verbinding: Ems: +27 83 637 1542

Sarisna: +27 83 637 1642 droom@winskooptoere.co.za

Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en YouTube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:

Toer na Europa - Italiëtoer!

**WinskoopToere behou die reg om die prys en toerprogram te wysig.
Back To Top
Your Cart

Your cart is empty.