Toerprys:
Original price was: R77,900.00.R63,000.00Current price is: R63,000.00.
Datum:
Plekke nog beskikbaar:
Vol Bespreek
Kliek hier om te bespreek
NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL
Kliek hier om die brosjure af te laai
Toer na Europa - Spanje en Portugal Hoogtepuntetoer 2026
LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.
Dag 1: Ons Spanje en Portugal Hoogtepuntetoer
Sondag, 26 April 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Lughawe in Johannesburg na Barcelona. Ons toer na Europa begin uiteindelik! ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.)
Dag 2: Ons Spanje en Portugal Hoogtepuntetoer
Maandag, 27 April 2026
- BARCELONA, SPANJE -
Ons arriveer in Barcelona. Hier wag ons luukse bus - wat die hele toer tot ons beskikking is - reeds op ons.
Barcelona is ‘n wonderlike stad! Dit het ongeveer 4,7 miljoen inwoners en is die stad met die sewende meeste inwoners in die Europese Unie. Dit word beskou as 'one of the world's most global cities'.
Die wonderlike stad, Barcelona, Spanje
Ons begin met ‘n interessante stadsbesigtigingstoer per bus onder leiding van ‘n plaaslike Engelssprekende gids.
(WinskoopToere het ons eie radio’tjies en dit is telkens op die toer vir al die toerlede beskikbaar om gidse goed te kan hoor.)
Eers neem die gids ons per bus na ‘n hele aantal interessante besienswaardighede in die stad. Hierdie toer word afgesluit by die fenomenale La Sagrada Familia-basilika (toegangskaartjie ingesluit). Werk aan hierdie katedraal het al in 1882 begin en word steeds voortgesit. Dit is een van die uitsonderlikste plekke om te besigtig! Na ons stadsbesigtigingstoer neem die bus ons na ons hotel, waar ons vanaand almal saam gesellig aandete eet.
Ons groep slaap die volgende twee nagte in ‘n pragtige luukse viersterhotel in een van die nabygeleë buitewyke van die stad.
La Sagrada Familia-basilika, Barcelona, Spanje
Dag 3: Ons Spanje en Portugal Hoogtepuntetoer
Dinsdag, 28 April 2026
- BARCELONA, SPANJE -
Ons het vandag nog ‘n heerlike vol dag in Barcelona!
Jy het nou genoeg vrye tyd om Barcelona te verken. Jy kan op jou eie na die indrukwekkende akwarium gaan, in een van die hotelle se daktuine ‘n drankie gaan geniet of sommer net in die bekende straat, La Rambla, gaan rondwandel en inkopies doen. Jy sal ook genoeg tyd hê om op jou eie die besonderse antieke Gotiese Buurt te gaan verken.
Gedurende die dag is daar genoeg tyd om die beroemde Benediktynse Klooster, Montserrat (ongeveer 38 km buite Barcelona) op eie onkoste te gaan besoek. ‘n Mens kan per trein of per bus daarheen ry en ook die pragtige natuurskoon geniet.
Elke toerlid kry ‘n subsidie van €20 p.p. om aandete in die stad te geniet.
Barcelona, Spanje
Dag 4: Ons Spanje en Portugal Hoogtepuntetoer
Woensdag, 29 April 2026
- PEÑISCOLA & VALENCIA, SPANJE -
Ons ry vanoggend al langs die kus af na Peñiscola. Hierdie skat van ‘n klein kusdorpie met sy kasteel is ‘n heerlike verrassing – op ‘n skiereilandjie in die see, met pragtige loopstraatjies en gangetjies en oral oulike winkeltjies.
Die fraaie kusdorpie, Peñiscola, Spanje
Dan ry ons na Valencia - ‘n pragtige, rustige stad met baie indrukwekkende marmer-sypaadjies en statige geboue! Valencia is veral bekend vir sy Paella en in oulike eetplekkies kan jy dit sommer oor die toonbank koop - met ‘n glasie rooiwyn as jy wil!
Hier het ons almal vrye tyd en jy kan byvoorbeeld die Torres de Serranos (die oorblywende torings op die stadsmure) gaan besigtig. Die Beurs van Sy (Llotja de la Seda) waar sy verhandel is, is nie ver daarvandaan nie. Moet dit nie mis nie!
Later ry ons groep na die fassinerende City of Arts and Sciences waar ons gaan rondloop en die buitekant van naderby besigtig.
Ons oornag in ‘n pragtige viersterhotel en geniet ‘n lekker aandete as groep saam in die hotel.
Die pragtige stad, Valencia, Spanje
Dag 5: Ons Spanje en Portugal Hoogtepuntetoer
Donderdag, 30 April 2026
- ALICANTE & GRANADA, SPANJE -
Vandag ry ons eers tot by die hawestad Alicante aan die Costa Blanca (Wit Kus) met die ou kasteel op die berg. Hier het ons ‘n aangename tydjie langs die strand of in die stad.
Alicante, Spanje
Hierna vat ons groep die pad na die beroemde stad, Granada, waar ons geleentheid het om die stad op ons eie te verken, en om self te kies en keur uit die wonderlike kos van hierdie gebied vir iets te ete die aand.
Dag 6: Ons Spanje en Portugal Hoogtepuntetoer
Vrydag, 1 Mei 2026
- CORDOBA & SEVILLA, SPANJE -
Ons vertrek vanoggend na Cordoba. In Cordoba gaan ons genoeg tyd hê om saam met ‘n Engelssprekende gids die buitengewone moskee-katedraal te besoek (toegang ingesluit).
Na vrye tyd in Cordoba, vertrek ons na Sevilla waar ons die volgende twee nagte oornag.
Cordoba, Spanje
Dag 7: Ons Spanje en Portugal Hoogtepuntetoer
Saterdag, 2 Mei 2026
- SEVILLA, SPANJE -
Vanoggend geniet ons 'n rustige oggend in Sevilla. Dan neem ‘n Engelssprekende gids ons deur die belangrikste dele van die stad en ons besoek, onder andere, die pragtige Plaza de España. Hier is soveel uitsonderlike kuns dat mens nie kan ophou foto’s neem nie!
Daarna gaan ons almal op ons eie in die ou stad met sy imposante katedraal rondstap.
Vanaand gaan ons ‘n emosievolle Flamenco-vertoning beleef. Hierdie is ingesluit by ons toerprys.
Plaza di España in Sevilla, Spanje
Dag 8: Ons Spanje en Portugal Hoogtepuntetoer
Sondag, 3 Mei 2026
- LISSABON, PORTUGAL -
Ons vertrek vanoggend vroegerig na Portgual - 'n baie spesiale deel om te toer in Europa. Lissabon is (naas Athene) Europa se tweede oudste hoofstad en dit is hiervandaan waar Vasco da Gama sy seereise aangepak het! Dit is ‘n rustige kusdorp – ryk aan geskiedenis en ons ontmoet hier weer ‘n Engelssprekende gids wat ons vanmiddag in die stad rondneem en vele plekke van historiese belang aan ons uitwys. Op ‘n hele paar plekke gaan ons skakels met Suid-Afrika ontdek. Sy vertel ons ook van die Portugese se gewoontes en later gaan ons van hulle beroemde vla-tertjies – so eie aan Lissabon – eet.
Na ons stadstoer het ons vrye tyd om oral in die stad rond te dwaal. Jy moet beslis ook in Trem no. 28 (‘n outydse trem op ‘n interessante roete) gaan ry. Dit is ‘n onvergeetlike belewenis. (Maar pasop tog net vir sakkerollers!)
Ons slaap vanaand in ‘n voorstad van Lissabon en ons geniet saam aandete in ons hotel.
Die pragtige stad, Lissabon, Portugal
Trem no. 28 in Lissabon, Portugal
Dag 9: Ons Spanje en Portugal Hoogtepuntetoer
Maandag, 4 Mei 2026
- ÓBIDOS & PORTO, PORTUGAL -
Vandag ry ons noord en besoek ons die skilderagtige dorpie, Óbidos met net 3100 inwoners. Hier is ‘n antieke stadsmuur en die dorpie beskik ook oor ‘n pragtige kasteel. Kyk uit vir die fraaie straatjies!
Óbidos, Portugal
Hierna besoek ons groep die asemrowende stad, Porto. Dit is die tweede grootste stad in Portugal en is aan die pragtige Douro-rivier geleë. Die historiese kern van Porto is ‘n UNESCO-wêrelderfenisgebied. Ons bring die res van die dag hier deur.
Ons hotel is, gerieflik, in die stadsentrum geleë en hier moet ons vanaand beslis van hulle eie egte port gaan geniet!
(’n Subsidie van €15 p.p. word aan elke toerlid gegee om aandete by ‘n plek van jou keuse in die ou stad van Porto te geniet.)
Porto, Portugal
Dag 10: Ons Spanje en Portugal Hoogtepuntetoer
Dinsdag, 5 Mei 2026
- SALAMANCA & SEGOVIA, SPANJE -
Vanoggend ry ons weer Spanje binne, op pad na Salamanca.
Die ou stad van Salamanca is ook ‘n UNESCO-wêrelderfenisgebied en is een van die belangrikste universiteitstede in Spanje. Hierdie universiteit is reeds in 1134 gestig – die oudste universiteit in Spanje.
Dit is werklik ‘n belewenis om in hierdie stokou stad met sy ryke geskiedenis rond te loop. Vyftien van die boë in die antieke brug oor die rivier wat na die ou stad lei, kom byvoorbeeld uit die Romeinse tydperk – uit die eerste eeu voor Christus!
Ons slaap vanaand in Segovia oor.
Salamanca, Spanje
Dag 11: Ons Spanje en Portugal Hoogtepuntetoer
Woensdag, 6 Mei 2026
- SEGOVIA & MADRID, SPANJE -
Ons geniet ‘n dag in Segovia – ook weer ‘n UNESCO-wêrelderfenisgebied as gevolg van al die historiese geboue daarin.
Die stad beskik oor ‘n akwaduk wat uit die laat eerste eeu n.C. dateer en dit word as die belangrikste antieke Romeinse ingenieurswerk in Spanje beskou.
In Segovia ontmoet ons vanoggend ‘n plaaslike Engelssprekende gids wat ons in die stad rondneem. As groep besigtig ons ook die pragtige Alcázar-kasteel (toegang ingesluit).
Na vrye tyd om die stad te verken, ry ons per bus na die Spaanse hoofstad, Madrid, waar ons die volgende twee nagte gaan oornag.
Ons bly hier weer in ‘n luukse viersterhotel in ‘n mooi buurt wat ‘n entjie van die middestad af geleë is.
Die akwaduk in Segovia, Spanje
Alcázar-kasteel, Segovia, Spanje,
Dag 12: Ons Spanje en Portugal Hoogtepuntetoer
Donderdag, 7 Mei 2026
- TOLEDO & MADRID, SPANJE -
Vanoggend ry ons na die beroemde stad Toledo (ook ‘n UNESCO-wêrelderfenisgebied) waar ‘n gids ons gaan rondneem.
Sinagoges, moskees en kerke staan langs mekaar in die historiese ou stadsgebied. Hier is ook ‘n magdom museums, ou brûe, poorte, kloosters en vele meer om te sien. Mans moet gereed wees om hier van die baie beroemde Toledo-messe te koop!
Toledo, Spanje
Na ons heerlike besoek ry ons terug na Madrid vir die tweede besigtigingstoer van die dag. Met ‘n amptelike gids leer ons die besonderse besienswaardighede van Madrid ken. Die gids wys ons, onder andere, ook die Koninklike Paleis waar die Spaanse koninklike familie woonagtig is (wanneer hulle in Madrid oorbly). Dit is een van die grootste paleise in Europa.
Vir die sokkergeesdriftiges is dit ‘n belewenis om die Real Madridstadium van naby af te sien. Dan is daar die Plaza de Toros de Las Ventas, die bulgevegarena in Madrid waar ons beslis ook ‘n draai gaan maak. Later geniet ons vrye tyd in die stad.
Daarna vertrek ons na ons hotel in Madrid en geniet saam aandete.
Madrid, Spanje
Dag 13: Ons Spanje en Portugal Hoogtepuntetoer
Vrydag, 8 Mei 2026
- MADRID, SPANJE -
Ons laaste dag bied nog vele geleenthede om van die baie besienswaardighede in Madrid op ons eie te besigtig.
Doen byvoorbeeld die bekende Hop-On Hop-Off-bustoer of besoek die beroemde Prado-museum. Dit is Spanje se beroemdste kunsmuseum met ‘n ontsaglike versameling kunswerke.
Op die boonste verdieping van die koninklike paleis wat ons juis die vorige dag gesien het, kan jy ‘n drankie gaan drink terwyl jy ‘n fantastiese uitsig oor die stad het. Daar is ook tyd om allerlei inkopies in die stad te doen.
Later ry ons per bus na die lughawe vanwaar ons vanaand terug vanaf Europa na Suid-Afrika vertrek.
Madrid, Spanje
Dag 14: Ons Spanje en Portugal Hoogtepuntetoer
Saterdag, 9 Mei 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons land in Johannesburg van Europa af. Nadat ons soveel gesien en beleef het, gaan ons nog jare lank die mooiste herinneringe hieraan koester!
Ons toerprys is R63,000 p.p. wat deel
Enkeltoeslag is R11,500 p.p.
Teen wisselkoers van €1 = R20.50KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:
- Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Barcelona en van Madrid na Johannesburg. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.);
- Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
- Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer. Ons slaap nege aande in viersterhotelle en die res in driesterhotelle;
- Aandetes soos gemeld in ons program of ‘n subsidie van €20 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
- Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer;
- Fooi vir die busbestuurder: €26 p.p.;
- Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.);
- Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse vir insiggewende stadstoere in Barcelona, Cordoba, Sevilla, Lissabon, Segovia, Toledo en Madrid. Dié is ‘n besonderse pluspunt op hierdie toer. Hierdie koste – meer as R1,500 p.p. – is by ons toerprys ingesluit;
- Die gebruik van WinskoopToere se kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
Toegangsgelde vir die volgende uitstappies is ook by die prys ingesluit:
-
- La Sagrada Familia-basilika in Barcelona;
- Flamenco-vertoning in Sevilla;
- Moskee-katedraal in Cordoba;
- Katedraal in Sevilla;
- Universiteit in Salamanca;
- Alcázar-kasteel in Segovia.
Wat is nie ingesluit nie?
- Visumkoste;
- Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
- Middagetes;
- Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies;
- Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?
Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:




