Skip to content
Category:

TANZ26: Serengeti-Safari en Zanzibar-Seevakansie

Toerprys:

Original price was: R105,000.00.Current price is: R100,000.00.

Datum:

24 Mei – 3 Junie 2026 (11 dae)

Nog plekke beskikbaar:

9 plekke

Ons splinternuwe boetiektoer met slegs 23 plekke.

Van wilde vlaktes tot spierwit strande – jou Afrika-avontuur wag! 

Kliek hier om te bespreek

NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL

Toer na Afrika - Serengeti-Safari en Zanzibar-Seevakansie 2026

LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, MIDDAGETES, AANDETES EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.

Dag 1: Serengeti-Safari en Zanzibar-Seevakansie

Sondag, 24 Mei 2026

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Ons groep ontmoet mekaar die aand op O.R. Tambo Lughawe vanwaar ons vroegoggend met Kenya Airways na Arusha vertrek - mens kan die opgewondenheid reeds op die lughawe aanvoel oor hierdie Afrika-avontuur wat op ons wag. Daar is ongelukkig geen Kaapstadvlugte vir hierdie toer beskikbaar nie

Dag 2: Serengeti-Safari en Zanzibar-Seevakansie

Maandag, 25 Mei 2026

- ARUSHA, TANZANIË -

Wanneer ons by Kilimanjaro Internasionale Lughawe aankom, wag ons vriendelike gids om ons hartlik te verwelkom. Ons word na ons lodge in Arusha geneem waar ons inteken en vir die eerste keer die rustige atmosfeer van Tanzanië begin ervaar.

Ons begin met ‘n “Bean-to-Cup” koffietoer by ‘n plaaslike koffielandgoed. Hier kan ons sien hoe koffiebone gekweek, geoes en verwerk word voordat dit in ‘n perfekte koppie koffie beland. Die res van die dag het ons tyd om te ontspan en gewoond te raak aan die nuwe omgewing. Vanaand geniet ons ‘n heerlike ete saam by ons lodge, waar ons die opgewondenheid oor die komende avontuur deel.

Ons oornag by Kahawa House, waar ‘n kalm atmosfeer en luukse gemak op ons wag.

Kremetartboom, Tanzanië

Dag 3: Serengeti-Safari en Zanzibar-Seevakansie

Dinsdag, 26 Mei 2026

- TARANGIRE NASIONALE PARK & MANYARA-MEER, TANZANIË -

Na ‘n vroeë ontbyt vertrek ons na Tarangire Nasionale Park, een van Tanzanië se mees geliefde parke. Hier ervaar ons ons eerste wildrit, en die opgewondenheid is tasbaar wanneer ons tussen groot troppe olifante ry, omring deur ikoniese kremetartbome wat trots teen die horison staan.

Laatmiddag ry ons verder na Manyara-meer, waar ons in ons lodge inteken. Hier ontspan ons saam terwyl ons die pragtige uitsigte oor die meer inneem en later ‘n smaaklike aandete geniet.

Ons oornag by Lake Manyara Serena Safari Lodge, ‘n juweel van eenvoud en styl in die hart van die natuur.

Tarangire Nasionale Park, Tanzanië

Tarangire Nasionale Park, Tanzanië

Manyarameer, Tanzanië

Dag 4: Serengeti-Safari en Zanzibar-Seevakansie

Woensdag, 27 Mei 2026

- NGORONGORO-KRATER & MANYARA-MEER, TANZANIË -

Na ‘n rustige ontbyt vertrek ons na die ikoniese Ngorongoro-krater, ‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied wat dikwels die “8ste wonder van die wêreld” genoem word. Op pad stop ons by die African Galleria naby Manyara-meer, waar ons tyd spandeer om unieke kunswerke, juwele en handgemaakte aandenkings te ontdek.

Wanneer ons by die krater aankom, maak ons gereed vir een van die mees onvergeetlike oomblikke van ons reis: ‘n wildrit binne die majestueuse krater self. Hier leef ongeveer 30 000 diere vrylik, insluitend die seldsame swartrenoster, reuse-olifante, leeus, sebras, seekoeie en ‘n groot verskeidenheid voëls. Die digte konsentrasie wild in hierdie dramatiese landskap is iets wat ons vir altyd sal onthou.

Ons slaap vanaand by Ngorongoro Serena Safari Lodge, hoog teen die krater se rand, waar elke kamer ‘n asemrowende uitsig oor die vulkaniese amfiteater bied. Die atmosfeer hier bo is vreedsaam, en die sonsondergang oor die krater is eenvoudig uitsonderlik.

Ngorongoro-krater, Tanzanië

Manyara-meer, Tanzanië

Dag 5: Serengeti-Safari en Zanzibar-Seevakansie

Donderdag, 28 Mei 2026

- SERENGETI NASIONALE PARK & MAASAI, TANZANIË -

Ons word vroegoggend wakker, geniet ‘n heerlike ontbyt en vertrek na die wêreldbekende Serengeti Nasionale Park, die toneel van die grootste wildmigrasie op aarde. Op pad besoek ons die Maasai-dorpie, waar ons ‘n blik kry op die eeue-oue tradisies en kleurvolle kultuur van die Maasai-mense.

Wanneer ons die Serengeti binnegaan, voel jy onmiddelik die afwagting aan. Ons ry stadig deur die park en beleef ons eerste wildritte tussen oop grasvlaktes, akasiabome en groot kuddes wild. Elke draai van die pad bring nuwe verrassings, van statige leeus wat in die son lê tot elegante kameelperde wat rustig wei.

Ons oornag die volgende drie aande in die Serengeti Serena Safari Lodge, perfek geleë te midde van die ongerepte wildernis. Hier geniet ons die luukse gerief van die lodge gekombineer met die ongeskonde ritme van die natuur.

Serengeti Nasionale Park, Tanzanië

Maasai-stam, Tanzanië

Dag 6: Serengeti-Safari en Zanzibar-Seevakansie

Vrydag, 29 Mei 2026

- SERENGETI NASIONALE PARK, TANZANIË -

Hierdie dag word geheel en al gewy aan die verkenning van die Serengeti. Ons beleef 'n absolute hoogtepunt - die wonder van die Groot Migrasie, waar miljoene wildebeeste, sebras en ander wildspesies oor die vlaktes beweeg in hul soektog na vars weivelde. Ons ervaar die ekstase van hierdie oorweldigende natuurverskynsel, terwyl roofdiere soos leeus, luiperds en jagluiperds die bewegende troppe fyn dophou.

Wanneer die son begin sak, keer ons terug na die lodge waar ons saam aandete geniet en die dag se sielsroerende belewenis met mekaar deel.

Die Groot Migrasie, Serengeti Nasionale Park, Tanzanië

Dag 7: Serengeti-Safari en Zanzibar-Seevakansie

Saterdag, 30 Mei 2026

- SERENGETI NASIONALE PARK, TANZANIË  -

Ons spandeer nog ‘n dag in die Serengeti, maar vir dié wat dit ekstra spesiaal wil maak, wag daar ‘n unieke opsie: ‘n lugballon-safari oor die uitgestrekte vlaktes van die Serengeti. Ons vertrek vroegoggend na die lanseerterrein en styg op presies wanneer die son oor die horison breek. Die stilte in die lug, afgewissel met die gedempte klanke van die wildernis onder ons, skep ‘n ervaring wat ons nooit sal vergeet nie. Na die vlug wag daar ‘n pragtige ontbyt in die oopte, in ware “Out of Africa”-styl (hierdie uitstappie kan teen 'n addisionele fooi bespreek word).

Vir diegene wat agter bly, is daar nog wildritte om die oorvloedige natuurlewe verder te verken. Die Serengeti hou om elke hoek en draai ‘n verrassing in, en geen dag is ooit dieselfde nie.

Lugballonrit, Serengeti Nasionale Park, Tanzanië

Dag 8: Serengeti-Safari en Zanzibar-Seevakansie

Sondag, 31 Mei 2026

- SERENGETI NASIONALE PARK, ARUSHA & ZANZIBAR, TANZANIË -

Ons beleef nog ‘n laaste oggend-wildrit op pad na die Seronera-lugstrook. Daarna neem ‘n ligtevliegtuig ons terug na Arusha, waar ons wag vir ons vlug na die volgende bestemming: die betowerende eiland Zanzibar.

Laatmiddag vertrek ons met Ethiopian Airlines en net ‘n uur later land ons in hierdie tropiese paradys. By aankoms word ons hartlik gegroet deur ons plaaslike verteenwoordiger en na ons oord geneem, waar die warm Indiese Oseaan en wit strande op ons wag.

Ons oornag die volgende drie nagte by Diamonds Mapenzi Beach - elke paartjie in sy eie Sea View Beach Villa. Hier omvou ‘n luukse atmosfeer en ‘n gevoel van vreedsame eilandlewe ons dadelik.

Serengeti Nasionale Park, Tanzanië

Diamonds Mapenzi Strandoord, Zanzibar

Dag 9 & 10: Serengeti-Safari en Zanzibar-Seevakansie

Maandag, 1 Junie 2026 & Dinsdag, 2 Junie 2026

- ZANZIBAR, TANZANIË -

Ons dae in Zanzibar is gevul met die heerlikste luilekker oomblikke. Ons kan hier kies om eenvoudig op die strand of by die swembad te ontspan, of om een van die eiland se vele aktiwiteite aan te gryp. Jy kan die dag in die historiese Stone Town spandeer, waar smal straatjies, lewendige markte en oud-Arabiese geboue die stad sy unieke karakter gee. Vir diegene wat van eksotiese geure hou, wag die Spesery-toer, waar ons leer hoe kaneel, naeltjies en ander plaaslike speserye die eiland sy wêreldbekende geur gee. Vir diegene wat albei wil beleef, is daar ook die opsie van ‘n kombinasie-toer van beide Stone Town en die spesery-plase (hierdie uitstappies kan teen 'n addisionele fooi bespreek word).

By die oord self het ons eindelose moontlikhede: ons kan gebruik maak van die gimnasium, deelneem aan water-aërobiese klasse of strek-oefeninge, kano’s vat vir ‘n uitstappie op die water, of bloot saam lag tydens strandvlugbal, sokker of tafeltennis. Vir diegene wat iets rustiger verkies, wag daar sonbeddens, vars strandhanddoeke, ligte vermaak en koel drankies regdeur die dag.

Maaltye is ‘n ervaring op sy eie. Die Palm Restaurant bederf ons met ontbyt, middagete en aandete, terwyl spesiale tema-aande ons ‘n smaak van Afrika, Italië en selfs braai by die swembad bied. Die Hibiscus Swembadkroeg en Onda Strandkroeg sorg deurgaans vir verfrissings, skemerkelkies en plaaslike wyn, terwyl peuselhappies op enige tyd van die dag beskikbaar is.

Ons kamers, elkeen ‘n Sea View Beach Villa, is stylvol toegerus met ‘n yskas wat daagliks gevul word met sagte drankies, plaaslike bier en water. Wanneer ons saans op ons private stoep sit en oor die see uitkyk, besef ons hoe besonders hierdie eilandervaring werklik is.

Zanzibar, Tanzanië

Zanzibar, Tanzanië

Dag 11: Serengeti-Safari en Zanzibar-Seevakansie

Woensdag, 3 Junie 2026

- ZANZIBAR, TANZANIË & JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Ons laaste oggend in Zanzibar begin rustig. Ons neem ‘n laaste keer die atmosfeer van die eiland in, voordat ons na die lughawe vertrek. Hier neem ons afskeid van hierdie tropiese paradys en keer terug huis toe. Ons vlug vertrek laatoggend en ons arriveer later die middag in Johannesburg met harte vol herinneringe en ‘n kamera vol foto's van een van die mooiste reise van ons lewe - ons Serengeti-Safari en Zanzibar-Seevakansie!

Ons toerprys is R100,000 p.p. wat deel

Enkeltoeslag is R14,500 p.p.

Teen wisselkoers van $1 = R18,00

Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?

Kliek hier om te bespreek

Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000.

 

KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:

  • Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie met Kenya Airways;
  • Auric Air Ligtevliegtuig-vlug van Seronera (Serengeti) na Arusha;
  • Precision Air Vlug van Arusha na Zanzibar;
  • 4x4 "Stretched” Land Cruiser safari-voertuie (maksimum 6 persone per voertuig), met “pop-up” dakke vir uitstekende wildbesigtiging;
  • Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse in die Serengeti - een per voertuig;
  • Ervare WinskoopToere toerleier vergesel die groep en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding.

Luukse verblyf

    • 1 nag by Kahawa House, Arusha;
    • 1 nag by Lake Manyara Serena Safari Lodge;
    • 1 nag by Ngorongoro Serena Safari Lodge;
    • 3 nagte by Serengeti Serena Safari Lodge;
    • 3 nagte by Diamonds Mapenzi Beach, Zanzibar.

Ingesluit in die Serengeti:

    • Alle middagetes, aandetes en ontbyte;

Safari-ervarings wat ingesluit is:

    • Wildritte in die Serengeti(soos uiteengesit in die program);
    • “Bean-to-Cup” Koffietoer;
    • Wildrit in die Ngorongoro-krater;
    • Besoek aan Maasai-dorpie;
    • Verwysingsboeke en kaarte;
    • Gebottelde water in die safari-voertuie.

Ingesluit in Zanzibar:

    • Alle etes;
    • Etes by die Palm Restaurant;
    • Tema-aande met temas soos Afrika, Italiaans en swembad-braai;
    • Alle drankies, selfs enige skemerkelkies of sterk drank wat by die kroeë bedien word;
    • Daaglikse peuselhappies by die Hibiscus Swembadkroeg;
    • Gebruik van die sondekbeddens op die strand en by die swembad;
    • Mini-yskas in kamer, daagliks hervul met water, sagte drankies en plaaslike biere.

Aktiwiteite en Geriewe by Diamonds Mapenzi Beach in Zanzibar

    • Toegang tot sondekbeddens op die strand en by die swembad;
    • Daaglikse strandhanddoekdiens;
    • Gimnasium;
    • Speelkamer met satelliet-TV;
    • Water-aktiwiteite: kano’s, strandvlugbal, strand-sokker;
    • Ander aktiwiteite: tafeltennis, pylgooi, biljart;
    • Water-aërobiese klasse en strek-oefeninge;
    • Daaglikse ligte vermaakprogram.

Wat is nóg ingesluit:

    • Alle Nasionale Park- en bewaringsfooie in Tanzanië;
    • 24-uur ondersteuning tydens die reis;
    • Volledige reisinligtingspakket.

Opsionele uitstappies (teen ekstra koste):

In die Serengeti:

    • Serengeti Lugballon-safari – unieke vlug oor die vlaktes by sonsopkoms, met ontbyt in die bos.

In Zanzibar:

    • Halfdag Stone Town-toer;
    • Halfdag Spesery-toer;
    • Voldag Stone Town en Spesery- toer.

Wat is nie in die toerprys ingesluit nie:

          • Visumfooie vir Tanzanië (SA-paspoort vereis NIE 'n visum nie);
          • Reisversekering (sterk aanbeveel);
          • Drankies in die Serengeti;
          • Wasgoeddienste;
          • Fooitjies aan die bestuurder/gidse en hotelpersoneel;
          • Alle opsionele aktiwiteite en uitgawes van persoonlike aard.

Kom #DroomLeefReis saam!

Toer na Afrika - Serengeti-Safari en Zanzibar-Seevakansie!

Tree met ons in verbinding: Ems: +27 83 637 1542

Sarisna: +27 83 637 1642 droom@winskooptoere.co.za

Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en YouTube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa & Afrika:

Toer na Afrika - Serengeti-Safari & Zanzibar-Seevakansie!

**WinskoopToere behou die reg om die prys en toerprogram te wysig.
Back To Top
Your Cart

Your cart is empty.