WinskoopToerprys:
Original price was: R88,000.00.R75,000.00Current price is: R75,000.00.
Datums:
Kliek hier om te bespreek
Kliek hier om die brosjure af te laai
Toer na Europa - Verruklike Frankryk Plattelandtoer 2026
LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE REEDS OP ONS TOER NA EUROPA - FRANKRYK PLATTELANDTOER - BY ONS PRYS INGESLUIT IS!
Dag 1: Frankryk Plattelandtoer
Saterdag, 13 Junie 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons Frankryk Plattelandtoer vertrek vanaf O.R. Tambo Lughawe in Johannesburg na Parys. 'n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.
Dag 2: Frankryk Plattelandtoer
Sondag, 14 Junie 2026
- PARYS, VÉZELAY & DIJON, FRANKRYK -
Ons arriveer by Charles de Gaulle Lughawe in Parys. Hier wag ons luukse bus, wat ons deur die Franse platteland gaan neem, reeds op ons.
Ons ry na Vézelay, ‘n aantreklike dorpie wat oor die kruin van ‘n heuwel met uitgestrekte uitsigte op die Monts de Morvan (heuwels van Morvan) geleë is. Dit is op die randjie van Morvan Regional Park. Hierdie dorpie het al in die 11de eeu rondom die basilika (kerk) ontstaan. Die dorpie en die basilika self is ‘n UNESCO wêrelderfenisgebied. Dit was ‘n belangrike pelgrimsdorpie met die basilika wat tot eer van St. Maria Magdalena gebou is.
Ons ry later na Dijon, ‘n stad in die Boergondië-streek. Dit val in een van die land se grootste wynbougebiede.
Ons gaan die volgende twee dae in Dijon oorbly en die omgewing verken.
Dag 3: Frankryk Plattelandtoer
Maandag, 15 Junie 2026
- DIJON, FRANKRYK -
Ons spandeer vandag in en om Dijon. Buite die stad besoek ons een van die wynhuise in hierdie gewilde wynstreek en geniet ‘n wynproe. Daarna vertrek ons na die ou stad van Dijon om vrye tyd te geniet. Ons slaap in dieselfde hotel vanaand.Dijon, Frankryk
Dag 4: Frankryk Plattelandtoer
Dinsdag, 16 Junie 2026
- BEAUNE & ANNECY, FRANKRYK -
Vanoggend ry ons na die pragdorpie, Beaune. Die ou stad is veral bekend vir die Hôtel Dieu – ‘n unieke Middeleeuse hospice wat nogsteeds gebruik is as ‘n hospitaal tot laat in die 20ste eeu. Ons besoek as groep hierdie gebou met sy unieke Boergondiese dak met gekleurde, geglasuurde teëls.
Beaune, Frankryk
Van hier ry ons verder na die Auvergne-Rhônestreek in die Alpe. Ons besoek Annecy, ‘n skilderagtige dorpie in die Alpe aan die Switserse grens, bekend vir sy meer en kanale wat deur die ou stad vloei.
Ons slaap vanaand en moreaand in hierdie mooi omgewing in 'n hotel in die hartjie van Annecy.Annecy, Frankryk
Dag 5: Frankryk Plattelandtoer
Woensdag, 17 Junie 2026
- ANNECY & YVOIRE, FRANKRYK -
Ons vat vanoggend die pad na een van die mooiste dorpies in Frankryk – Yvoire.
Hierdie klein Middeleeuse stadjie is teenaan Genève in Switserland geleë. Daar word dikwels na hierdie dorpie verwys as die “Pêrel van die Genève-meer”. Ons spandeer ‘n onvergeetlike oggend hier in die keisteen-stegies met hulle pragtige blomversierings en stadspoorte wat dateer uit die Middeleeue. Ons groep geniet 'n heerlike bootvaart op die meer en besoek ook die besonderse Garden of the Five Senses. Ons slaap vanaand weer in Annecy.Yvoire, Frankryk
Garden of the Five Senses, Yvoire, Frankryk
Dag 6: Frankryk Plattelandtoer
Donderdag, 18 Junie 2026
- PÉROUGES & AVIGNON, FRANKRYK -
Ons groep se volgende stop in die Franse platteland is Pérouges. In hierdie Middeleeuse dorpie, wat op ‘n heuwel uittroon met die Franse Alpe in die agtergrond, voel dit of tyd gaan stilstaan het. Die dorpie, met sy gotiese argitektuur en stadsmure wat steeds om die ou stad staan, het vandag slegs 100 inwoners.
Pérouges, Frankryk
Ons reistog na die suide van Frankryk duur voort. Ons ry na Avignon, vanwaar ons die volgende drie dae Provence verken. In Avignon besigtig ons die Paleis van die Pouse en die beroemde Avignonbrug.
Ons slaap die volgende drie nagte in die hartjie van Avignon.Paleis van die Pouse in Avignon, Frankryk
Dag 7: Frankryk Plattelandtoer
Vrydag, 19 Junie 2026
- SAINT-RÉMY-DE-PROVENCE & LOURMARIN, FRANKRYK -
Hier in Provence is ons in die omgewing wat vir Vincent van Gogh soveel inspirasie gebied het. Ons besoek Saint-Rémy-de-Provence, vanwaar Van Gogh meer as 150 skilderye van die omgewing geskilder het. Ons besoek ook die inrigting waar hy was. Die historiese dorpie is gebou op een van die oudste argeologiese plekke in Europa.
Saint-Rémy-de-Provence, Frankryk
Van hier ry ons na Lourmarin. Hierdie duisend jaar oue dorpie is een van die mooistes in Frankryk en is bekend as ‘n kunstenaarsdorpie.
Ons hoop om die pragtige laventelvelde buite Lourmarin te besigtig. Hierna keer ons terug na ons hotel by Avignon.Lourmarin, Frankryk
Dag 8: Frankryk Plattelandtoer
Saterdag, 20 Junie 2026
- APT, ROUSSILLON & GORDES, FRANKRYK -
Die unieke dorp, Apt word vandag besoek. Op ‘n Saterdag verander die plaaslike inwoners van die omgewing feitlik die hele dorp in ‘n buitelugmark waar ons groep heerlik kan rondloop en die plaaslike produkte kan bewonder en proe!
Roussillon met sy rooi kranse en oker steengroewe is volgende aan die beurt. Die kleurvolle dorpie troon uit op ‘n heuwel vanwaar mens pragtige uitsigte kan geniet. Ons spandeer tyd hier om deur die dorpie te wandel.
Gordes is nog ‘n juweel wat op ‘n heuwel lê in Provence . Die huise in wit en grys stene spiraal boontoe om die rots waarop dit gebou is. Heelbo op die punt is ‘n kerk en kasteel geleë wat uitkyk oor die heuwels van die Luberonbergreeks.
Na ons vrye tyd hier ry ons terug na ons hotel.Dag 9: Frankryk Plattelandtoer
Sondag, 21 Junie 2026
- ARLES & CARCASSONNE, FRANKRYK -
Vanoggend vertrek ons eerstens na Arles. Hierdie stad het 'n lang geskiedenis en was van groot belang vir die Romeine. Die Romeinse monumente van Arles, wat van hierdie geskiedenis getuig, is in 1981 as UNESCO-wêrelderfenisgebied gelys. Baie kunstenaars het ook in hierdie area gewoon en gewerk, insluitend Pablo Picasso, Paul Gauguin en Vincent van Gogh.
Die Romeinse Amfiteater van Arles, Frankryk
Na ons die stad van Arles beter leer ken het vertrek ons na die imposante dorpie Carcassonne. Carcassonne se kasteel is 'n Middeleeuse vesting wat terugdateer na die Gallo-Romeinse tydperk. Dit is vandag 'n UNESCO-Wêrelderfenisgebied. Kaartjies na die kasteel is ingesluit.
Ons ry later na Toulouse, waar ons vanaand gaan oornag.Carcassonne, Frankryk
Dag 10: Frankryk Plattelandtoer
Maandag, 22 Junie 2026
- SAINT-ÉMILION & BORDEAUX, FRANKRYK -
Vanoggend vertrek ons na Saint-Émilion, 'n middeleeuse stad met 'n lang geskiedenis van wynmaak. Hierdie UNESCO-dorpie, omring deur wingerde, spog ook met sy Romaanse kerke en ruïnes wat al langs sy steil en smal strate strek. Ons toergroep geniet 'n stadstoer onder leiding van 'n plaaslike gids.
Saint-Émilion, Frankryk
Ons groep ry later verder na Bordeaux - die wêreldhoofstad van wyn. Die Romeine het, waarskynlik in die middel van die eerste eeu, wingerdstokke in die Bordeaux-streek ingebring om wyn vir plaaslike gebruik te verskaf en wynproduksie is sedertdien voortdurend in die streek. Port de la Lune (hawe van die maan) ('n UNESCO-wêrelderfenisgebied wat vir honderde jare die meerderheid van Europa met wyn, koffie, kakao, suiker, katoen en indigo voorsien het) het in die 1800's Frankryk se besigste hawe geword asook die tweede besigste hawe in die wêreld, naas Londen.
Ons oornag in Bordeaux.Bordeaux, Frankryk
Dag 11: Frankryk Plattelandtoer
Dinsdag, 23 Junie 2026
- AMBOISE & LOIRE VALLEI, FRANKRYK -
Ons vertrek na die lieflike Loire-vallei. Ons besoek die Château du Clos Lucé in Amboise - 'n kasteel wat verskeie bekende eienaars soos die Franse koning, Charles VIII, en Leonardo da Vinci gehad het. Da Vinci is op 2 Mei 1519 in sy kamer by die Clos Lucé oorlede. Dit is in 1855 omskep in 'n museum oor sy lewe, werk en ontdekkings.
Château du Clos Lucé in Amboise, Frankryk
Na ons uitstappie het almal vrye tyd om die res van Amboise te verken. Die Koninklike Château d'Amboise is 'n besonderse kasteel wat jy kan besoek. Dit spog met pragtige uitstallings en kunswerke vanuit die Renaissance-tydperk. Amboise se klein historiese strate bevat 'n paar pragtige voorbeelde van houthuise vanuit die 1400's - 'n plesier om te sien.
Ons oornag die volgende twee nagte in Amboise.Koningklike Château d'Amboise, Frankryk
Dag 12: Frankryk Plattelandtoer
Woensdag, 24 Junie 2026
- CHâTEAU DE CHENONCEAU & LOIRE-VALLEI, FRANKRYK -
Na 'n lieflike ontbyt vertrek ons groep na die pragtige Château de Chenonceau - een van Frankryk se elegantste kastele. Hier kan jy rustig deur die kasteel stap met 'n oudiogids. Seldsame meubels en 'n kunsversameling wat werke van Tintoretto, Correggio, Rubens, Murillo, Van Dyck en Ribera insluit, pronk in hierdie kasteel.
Beide die befaamde Diane de Poitiers en koningin Catherine de Medici was uiters geheg aan Château de Chenonceau. Dit beklemtoon werklik die elegansie van die 16de eeuse Renaissance-era in die Loire-vallei.
Ons oornag in ons hotel in die Loire-vallei.Château de Chenonceau, Frankryk
Dag 13: Frankryk Plattelandtoer
Donderdag, 25 Junie 2026
- VAN PARYS TERUG NA SUID-AFRIKA -
Vanoggend spandeer ons heerlike tyd in die Loire-vallei voordat ons na Parys vertrek, vanwaar ons weer ons vlug terug na Suid-Afrika neem na 'n onvergeetlike toer.
Dag 14: Frankryk Plattelandtoer
Vrydag, 26 Junie 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons arriveer terug in Johannesburg, vervul na soveel fantastiese belewenisse op ons toer na Europa - Frankryk Plattelandtoer.
Ons verwagte toerprys is R75,000.00 per persoon wat deel.
Teen 'n wisselkoers van 1€ = R20.50KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:
- Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Parys. 'n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar;
- Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
- Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer, in drie- en viersterhotelle;
- Aandetes soos gemeld in ons program of ‘n subsidie van €20 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
- Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer;
- Fooi vir die busbestuurder: €26 p.p.;
- Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen;
- Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse vir insiggewende stadstoere in Dijon en Saint-Émilion;
- Die gebruik van WinskoopToere se kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
Toegangsgelde vir die volgende uitstappies is ook by die prys ingesluit:
-
- Klooster van Saint-Paul de Mausole by Saint-Rémy-de-Provence;
- Hotel Dieu Hospice in Beaune;
- Garden of the Five senses in Yvoire;
- Bootvaart in Yvoire;
- Carcassonne-kasteel;
- Château du Clos Lucé;
- Château Chenonceau.
Wat is nie ingesluit nie?
- Visumkoste;
- Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
- Middagetes;
- Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies;
- Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
LW: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word op ons toer na Europa - Frankryk Plattelandtoer - van ons toerlede gevra nie.
Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?
Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:
Kliek hier om te bespreek
Kom #DroomLeefReis saam!
Toer na Europa - Frankryk Plattelandtoer
Tree met ons in verbinding: Ems: +27 83 637 1542 Sarisna: +27 83 637 1642 droom@winskooptoere.co.za
Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en Youtube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:
Toer na Europa - Frankryk Plattelandtoer