WinskoopToerprys:
Kontak ons vir prys
Datums:
Kliek hier om te bespreek
Kliek hier om die brosjure af te laai
Toer na Europa - Oos-Europatoer met André Rieu 2026
LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE REEDS OP ONS TOER NA EUROPA BY ONS PRYS INGESLUIT IS!
Dag 1: Oos-Europatoer met André Rieu
Saterdag, 27 Junie 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons toergroep vertrek vandag vanaf Johannesburg na Budapest. Drankies en etes is ingesluit in die vlugprys. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.)
Dag 2: Oos-Europatoer met André Rieu
Sondag, 28 Junie 2026
- BUDAPEST, HONGARYE -
Ons arriveer in Budapest waar ons luukse toerbus op ons wag. Ons vertrek ons op ons eerste stadstoer deur ‘n plaaslike gids. Budapest was eens die "Koningin van die Donau" genoem, en is lankal reeds die fokuspunt van die Hongaarse nasie en 'n lewendige kulturele sentrum. Die stad lê aan weerskante van die Donaurivier (Hongaars: Duna) in die manjifieke natuurlike omgewing waar die heuwels van Wes-Hongarye die vlaktes ontmoet. Dit bestaan uit twee dele, Buda en Pest, wat aan weerskante van die rivier geleë is en deur 'n reeks brûe verbind is.
Ons toergroep oornag die volgende twee aande in Budapest.
Budapest, Hongarye
Dag 3: Oos-Europatoer met André Rieu
Maandag, 29 Junie 2026
- BUDAPEST, HONGARYE -
Na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons na die Donaurivier se hawe vir ‘n bootvaart. Ons sien die Hongaarse parlementsgebou, ook bekend as die "huis van die land", wat 'n ikoniese gebou van Budapest se Wêrelderfenis is en die tuiste van die Hongaarse Heilige Kroon. Ons sien ook die Budakasteel.
Hongaarse parlementsgebou, Budapest
Hierna gaan ons groep saam heerlike Hongaarse wyn proe by ‘n plaaslike kelder en later besoek ons die impossante Gellértheuwel Grotkerk.
Gellértheuwel Grotkerk, Budapest
Dag 4: Oos-Europatoer met André Rieu
Dinsdag, 30 Junie 2026
- BRATISLAVA, SLOWAKYE & WENEN, OOSTENRYK -
Vroeg vanoggend vertrek ons na Bratislava - die hoofstad van Slowakye. Dit is ook langs die Donaurivier op die grens van Oostenryk en Hongarye geleë. Dit word omring deur wingerde en die Klein Karpate-berge. Die 18de eeuse ou dorpie wat net vir voetgangers is, is bekend vir sy lewendige kroeë en kafees. Hier geniet ons groep vrye tyd om self die historiese area te verken.
Ons ry dan verder na Wenen waar ons die volgende twee aande oorslaap. Na ons groep ingeteken het by ons hotel neem die bus ons na ‘n plaaslike Heuriger (taverne) vir aandete - Beethoven het hier aan sy negende simfonie gewerk.Bratislava, Slowakye
Dag 5: Oos-Europatoer met André Rieu
Woensdag, 1 Julie 2026
- WENEN, OOSTENRYK -
Na ontbyt neem ‘n plaaslike gids ons op ‘n stadstoer deur Wenen. Die toergroep het hierna die res van die dag vrye tyd om self die verskeie museums en historiese geboue te besoek. Die artistieke en intellektuele nalatenskap van Wenen is gevorm deur sy inwoners, insluitend Mozart, Beethoven en Freud. Die stad is ook bekend vir sy keiserlike paleise, insluitend Schönbrunn, die Habsburgers se somerwoning. In die museumdistrik vertoon historiese en kontemporêre geboue en werke van Egon Schiele, Gustav Klimt en vele ander kunstenaars.
Karlskirche in Wenen, Oostenryk
Dag 6: Oos-Europatoer met André Rieu
Donderdag, 2 Julie 2026
- ČESKÝ KRUMLOV & PRAAG, TSJEGGIESE REPUBLIEK -
Vanoggend vertrek ons na Český Krumlov, 'n stadjie in Suid-Boheme in die Tsjeggiese Republiek. Die Vltavarivier vloei deur hierdie pragtige stadjie, terwyl die 13de eeuse kasteel bo dit uittroon. Die kasteel het gotiese-, renaissance- en barokelemente, 'n tuin van 11 hektaar en 'n oorspronklike 17de eeuse barokteater. Daar is ‘n panoramiese uitsig oor die ou stad en die rivier vanaf die bopunt van sy ronde kloktoring.
Český Krumlov, Tsjeggiese Republiek
Hier geniet ons vrye tyd en kan jy ietsie kry vir middagete. Probeer gerus Tsjeggiese trdelník wat gemaak word van deeg wat om 'n stokkie gedraai word, dan gebak en met suiker en okkerneutmengsel bedek word.
Later vanmiddag vertrek ons na Praag. Ons slaap die volgende twee aande in Praag oor.Tsjeggiese trdelník
Dag 7: Oos-Europatoer met André Rieu
Vrydag, 3 Julie 2026
- PRAAG, TSJEGGIESE REPUBLIEK -
Na ontbyt neem 'n plaaslike gids ons op ‘n insiggewende stadstoer deur hierdie pragtige hoofstad wat deur die Vltavarivier in twee gedeel is. Praag, "die stad van 'n honderd torings", is bekend vir sy ou stadsplein, die hart van sy historiese kern, met kleurvolle barokgeboue en gotiese kerke.
Die Klementinum is 'n historiese kompleks van geboue in Praag wat die Nasionale Biblioteek van die Tsjeggiese Republiek huisves. Hier geniet ons ‘n toer van die biblioteek en sien ook die beroemde Middeleeuse Astronomiese Klok, wat 'n geanimeerde uurlikse vertoning gee.
Vanaand geniet ons ‘n heerlike Folklore-aand.Praag, Tsjeggiese Republiek
Die Klementinum Kompleks Biblioteek, Praag
Dag 8: Oos-Europatoer met André Rieu
Saterdag, 4 Julie 2026
- MEISSEN & DRESDEN, DUITSLAND -
Ons ry vandag na Meissen in Duitsland. Meissen is die tuiste van Meissenporselein, die Albrechtsburgkasteel, die gotiese Meissenkatedraal en die Meissen Frauenkirche. Hier besoek ons die Meissen-Porseleinmuseum en geniet ‘n demonstrasie (ingesluit by ons toerprys) van hoe hierdie delikate breekgoed gemaak word.
Meissen-porselein

Ons vertrek na Dresden, waar ons ‘n stadstoer deur 'n plaaslike gids geniet. In Dresden is die ruïnes van die Frauenkirche as 'n gedenkteken gehou tot in die 1990's, waarna dit toe herbou is.
Ons slaap vanaand in ‘n lekker hotel in Dresden.Dresden, Duitsland
Dag 9: Oos-Europatoer met André Rieu
Sondag, 5 Julie 2026
- NüRNBERG, DUITSLAND -
Vanoggend vertrek ons na Nürnberg. As gevolg van die stad se relevansie in die Heilige Romeinse Ryk en sy posisie in die middel van Duitsland, het die Nazi-party tydens die Nazi-Duitsland-era die stad gekies om die plek te wees van groot Nazi-party-konvensies: die Nürnberg-byeenkomste. Op 2 Januarie 1945 is die Middeleeuse middestad stelselmatig gebombardeer deur die Geallieerde Magte en ongeveer 90% daarvan is in slegs een uur vernietig. Baie voorbeelde van Nazi-argitektuur kan nog in die stad gesien word.
Ons stadstoer van Nürnberg deur 'n plaaslike gids beloof om baie insiggewend te wees. Hierna geniet ons vrye tyd. Ons oornag die volgende twee aande in Nürnberg.Nürnberg, Duitsland
Dag 10: Oos-Europatoer met André Rieu
Maandag, 6 Julie 2026
- NüRNBERG & BAMBERG, DUITSLAND -
Na ontbyt neem ons toerbus ons na Bamberg waar ons die oggend gaan deurbring. Daarna ry ons terug na Nürnberg waar ons vrye tyd geniet en op ons eie die stad en omliggende omgewing kan verken.
Nürnberg, Duitsland
Dag 11: Oos-Europatoer met André Rieu
Dinsdag, 7 Julie 2026
- NüRNBERG & ROTHENBURG OB DER TAUBE, DUITSLAND -
Na ontbyt kan ons Nürnberg verder verken op ons eie. Vanmiddag vertrek ons na Rothenburg ob der Tauber. Daar is baie min plekke in die wêreld met so 'n magdom oorspronklike geboue uit die Middeleeue soos hier. Jy kan nie anders as om jouself af te vra of die tyd in Rothenburg ob der Tauber stilgestaan het nie.
Na lieflike vrye tyd vertrek ons na die universiteitstad, Heidelberg. Ons geniet saam aandete by ons hotel.Rothenburg ob der Tauber, Duitsland
Dag 12: Oos-Europatoer met André Rieu
Woensdag, 8 Julie 2026
- HEIDELBERG & KEULEN, DUITSLAND -
Na ‘n lekker ontbyt vertrek ons na die Heidelberger Bergbahn, 'n treintjie wat ons by die berg opneem na die antieke kasteel. Kaartjies vir die kasteel en die treintjie is ingesluit in ons toerprys. Lede loop rustig deur die kasteel op hul eie pas en geniet vrye tyd vir die res van die oggend.
Heidelberg, Duitsland
Later ry ons na die wonderlike Keulen. Hier geniet ons vrye tyd in die ou stad. Besoek gerus die Keulen Dom (katedraal) wat vandag nog met die grootste vensteroppervlakte van enige kerk ter wêreld spog (meer as 10 000 vierkante meter).
Later vertrek ons na Valkenburg waar ons die volgende twee aande oornag.Keulen, Duitsland
Dag 13: Oos-Europatoer met André Rieu
Donderdag, 9 Julie 2026
- VALKENBURG & MAASTRICHT, NEDERLAND -
Ons geniet ‘n rustige oggend in Valkenburg. Ons bus neem ons later na Maastricht waar ons vrye tyd geniet. Later vanmiddag keer ons terug na ons hotel sodat ons kan regmaak vir vanaand se groot konsert. Ons geniet aandete saam as groep en vertrek dan na wat sekerlik die hoogtepunt van ons toer is: die André Rieu-konsert (ingesluit by ons toerprys).


Dag 14: Oos-Europatoer met André Rieu
Vrydag, 10 Julie 2026
- AMSTERDAM, NEDERLAND -
Na ‘n lekker laat ontbyt vertrek ons na Amsterdam vanwaar ons terugvlieg na Suid-Afrika.
Dag 15: Oos-Europatoer met André Rieu
Saterdag, 11 Julie 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons arriveer terug in Suid Afrika en aan die einde van hierdie wonderlike toer na Europa - Oos-Europatoer met André Rieu, sal jy weet: “Ek is nou anders as toe ek gekom het. Ek het soveel beleef, ek is verryk, en ek neem dit saam met my vir altyd!”
Toerprys is tans nog onbekend.
KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:
- Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Budapest en van Schiphol na Johannesburg. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms ook op aanvraag beskikbaar.);
- Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
- Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer, in drie- en viersterhotelle;
- Aandetes soos gemeld in ons program of ‘n subsidie van €15 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
- Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer;
- Fooi vir die busbestuurder: €26 p.p.;
- Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.);
- Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse vir insiggewende stadstoere in Budapest, Wenen, Praag, Dresden en Nürnberg;
Toegangsgelde vir die volgende uitstappies is ook by die prys ingesluit:
- Gellértheuwel Grotkerk in Budapest;
- Bootvaart in Budapest;
- Wynproe in Budapest;
- Klementinum Kompleks en Gotiese Biblioteek in Praag;
- Folklore-aand in Praag;
- Meissen-Porseleinmuseum;
- Heidelberger Bergbahn en kasteel;
- André Rieu-konsert.
Wat is nie ingesluit nie?
- Addisionele lughawebelasting a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
- Visumkoste;
- Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
- Middagetes;
- Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies;
- Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.
Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?
Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:
Kliek hier om te bespreek
Kom #DroomLeefReis saam!
Toer na Europa - Oos-Europatoer met André Rieu!
Tree met ons in verbinding: Ems: +27 83 637 1542 Sarisna: +27 83 637 1642 droom@winskooptoere.co.za Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en Youtube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:

