Skip to content
Categories: , , ,

SK26: Onvergeetlike Skandinawië-boottoer

Toerprys:

Original price was: R105,000.00.Current price is: R100,000.00.

Datum:

20 Julie – 3 Augustus 2026 (15 dae)

Plekke nog beskikbaar:

Vol Bespreek

Kliek hier om te bespreek

NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL

Kliek hier om die brosjure af te laai

Toer na Europa - Skandinawië-boottoer 2026

LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.

Dag 1: Skandinawië Boottoer

Maandag, 20 Julie 2026

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Lughawe in Johannesburg na Stockholm, Swede. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.)

Dag 2: Skandinawië-boottoer

Dinsdag, 21 Julie 2026

- STOCKHOLM, SWEDE -

Ons land in Stockholm waar ons luukse toerbus op ons wag. Ons skop ons toer af met ‘n heerlike begeleide toer van die Drottningholm-paleis. Hierdie paleis uit die 1600’s is 'n UNESCO wêrelderfenisgebied en is die huidige tuiste van die Sweedse koninklike familie.

Later ry ons na ons hotel waar ons die volgende twee aande gaan oornag. Ons geniet aandete saam in ons hotel.

Die Drottningholm-paleis, Stockholm

Dag 3: Skandinawië-boottoer

Woensdag, 22 Julie 2026

- STOCKHOLM, SWEDE -

Ons geniet vanoggend eers 'n stadsbesigtigingstoer per bus. Hierna word ons in die ou stad, Gamla Stan, afgelaai, en almal het dan vrye tyd om te doen wat hulle wil. Elkeen ontvang €20 subsidie vir aandete. Besoek gerus die pragtige Storkykan Katedraal wat uit die dertiende eeu dateer. Stockholm het ook 'n lieflike ou stad-gedeelte met skatte om elke hoek en draai. Jy kan ook die Vasa Museum besoek. Geleë op die eiland Djurgården, vertoon die museum die enigste byna heeltemal ongeskonde 17de-eeuse skip wat nog ooit gered is.

Stockholm, Swede

Dag 4: Skandinawië-boottoer

Donderdag, 23 Julie 2026

- STOCKHOLM & JÖNKÖPING, SWEDE -

Vanoggend besoek ons die Skansen Buitelugmuseum en Dieretuin. Hier kan jy heerlik op jou eie rondloop en die gronde verken. Die Skansen Museum is die oudste van sy soort ter wêreld en hier word Swede se geskiedenis vir jou neergelê en jy kan uitvind hoe Swede eens geleef het, hul gebruike en tradisies, beroepe, vieringe en alledaagse lewe van vervloë tye. Dit is werklik ‘n belewenis!

Die Skansen Museum, Stockholm

Ons vertrek later na die Sweedse platteland. Ons reis neem ons na die mooiste provinsie in Swede, Småland. Ons besoek eerste die Habo Kerk. Hierdie kerk het die afmetings van 'n katedraal, maar is heeltemal van hout gemaak. Ons bus neem ons dan na ons hotel in Jönköping - die grootste stad in hierdie streek. Lede kan vanaand Jönköping op hul eie leer ken. Hierdie pragtige plattelandse stad is nie net 'n skilderagtige deel van Småland nie - dit is ook 'n plek met baie geskiedenis. Waar jy ook al jou voete in Jönköping sit, bevind jy jouself in 'n historiese omgewing. Dit was die eerste stad in Swede se geskiedenis waarvoor stedelike regte toegeken is deur koning Magnus Ladulås in 1284.

Habo Kerk, buite Jönköping

Dag 5: Skandinawië-boottoer

Vrydag, 24 Julie 2026

- KOPENHAGEN, DENEMARKE -

Ons toer vanoggend verder na Kopenhagen, Denemarke, waar ons 'n insiggewende besigtigingstoer geniet. In Skandinawië moet ons natuurlik die beroemde die brons standbeeld van die Klein Meermin by Kopenhagen se hawe besoek.

Ons slaap die volgende twee aande in ons lieflike hotel in Kopenhagen.

Kopenhagen, Denemarke

Dag 6: Skandinawië-boottoer

Saterdag, 25 Julie 2026

- KOPENHAGEN, DENEMARKE -

Ons besoek vandag 'n aantal pragtige Skandinawiese plekke in Kopenhagen onder leiding van ons toerleier. (Toerlede is welkom om op hulle eie die stad te ontgin, as hulle dit so verkies. Hou in gedagte dat die publieke vervoer-infrastruktuur in Kopenhagen van die effektiefste en betroubaarste ter wêreld is!) Ons groep gaan onder andere die “Shopping Mile” loop.

Ons gaan ook rustig verkeer by die interessante Nyhavn (Nuwe Hawe), die sewentiende-eeuse waterfront, kanaal en vermaak-distrik van Kopenhagen. Jy kan hier op jou eie die Skandinawiese Veteraan Skip en Hawe Museum besoek.

Hier is ook gesellige restaurante en eetplekke. Hierdie area is 'n heerlike plek om te vertoef! Ons ry later vanmiddag terug na ons hotel. Nou dat ons bietjie vertroud is met die stad, kan elkeen vanaand sy eie koers kies . Toerlede ontvang 'n €20 subsidie vir aandete.

Die “Shopping Mile”, Kopenhagen

Nyhavn (Nuwe Hawe), Kopenhagen

Dag 7: Skandinawië-boottoer

Sondag, 26 Julie 2026

- KOPENHAGEN, DENEMARKE & MSC EURIBIA -

Ons besoek vanoggend die Universiteit van Kopenhagen se Botaniese Tuine. Dit beslaan 'n oppervlakte van 10 hektaar en is veral bekend vir sy uitgebreide kompleks van historiese glashuise wat uit 1874 dateer. Toerlede kan hier rustig deur die tuine stap, en kan ook die indrukwekkende Palmhuis besoek (op eie koste).

Later vanmiddag vertrek ons na Kopenhagen se hawe waar die MSC Euribia passasierskip op ons wag.

Die Botaniese Tuine, Kopenhagen

Dag 8: Skandinawië-boottoer

Maandag, 27 Julie 2026

- MSC EURIBIA -

Ons spandeer vandag die hele dag op die MSC Euribia in die Noord-Atlantiese Oseaan. Jy kan nou lekker ontspan of deelneem aan die vele aktiwiteite wat hul op die skip aanbied.

Die MSC Euribia

Dag 9: Skandinawië-boottoer

Dinsdag, 28 Julie 2026

- GEIRANGER, NOORWEË & MSC EURIBIA -

Die dag begin met die verkenning van Geiranger, ’n dorp en vallei bekend vir sy skoonheid en watervalle. Ná ’n kort stop by die Flydalskloof-uitsigpunt, waar ’n pragtige panoramiese uitsig oor die fjord en dorp wag, ry die groep via skerp haarnaalddraaie na die Djupvatn-meer. Van daar neem die tolpad jou tot bo-op die berg Dalsnibba, waar asemrowende uitsigte oor berge, gletsers en mere wag – soms tot meer as 160 km ver, afhangend van die weer. Hier is tyd om foto’s te neem en die geskenkwinkel te besoek voor die terugkeer na Geiranger. Indien die pad gesluit is, volg die roete via die Adelaarsweg met sy eie indrukwekkende uitkykpunt.

Na hierdie heerlike dag, gaan ons weer aanboord die MSC Euribia waar ons vanaand aandete op die skip geniet.

Panoramiese uitsig vanaf Raaldenberg, Noorweë

Dag 10: Skandinawië-boottoer

Woensdag, 29 Julie 2026

- MOLDE FJORD, NOORWEË & MSC EURIBIA -

Tussen die besienswaardighede Romsdalseggen, Trollstigen en Atlanterhavsvegen is die fjordstad Molde, 'n aangename klein stad met sjarme en atmosfeer. Hier sal jy 'n unieke kombinasie van kulturele aanbiedinge, skouspelagtige natuur, sport en kulinêre plesier vind. Molde is langs die Romsdalsfjord geleë en is bekend vir sy pragtige omgewing en fantastiese uitsigte. Vanaf die uitsigpunt Varden kan jy die omliggende 222 bergpieke in die Molde-panorama geniet.

Molde Fjord, Noorweë

Dag 11: Skandinawië-boottoer

Donderdag, 30 Julie 2026

- FLAAM, NOORWEË & MSC EURIBIA -

Aan die einde van Aurlandsfjord sit Flaam, 'n dorpie wat bekend is vir sy betowerende ligging tussen Noorweë se deurdringende blou fjords en berge. Soek 'n outentieke Noorse trui in Flaam se winkels of besoek een van sy vriendelike mikrobrouerye vir 'n plaaslik gebroude bier. Daar is baie verrassings te vinde in Flaam; van museums wat die streek se kultuur vier tot talle skilderagtige staproetes. Ons Flaam MSC uitstappie is 'n luukse bustoer wat in Flaam se hawe begin. Ons ry deur die steil en nou Nærøy-vallei en stop dan by die Tvindefossen waterval. Ons toer duur voort na die dorpie Voss, pragtig geleë op die Vangvatnet-meer. Hier klim ons op 'n trein wat ons verder neem deur 'n reeks skouspelagtige landskappe, voordat ons Myrdal bereik. Hier, op 867 meter bo seespieël, sal ons van trein verander en verder ry op die wêreldbekende Flaam-lyn na die asemrowende Flaam-vallei. Die uitstappie eindig by die Flaam-stasie vanwaar ons groep rustig terug kan stap na die hawe.

Flaam, Noorweë

Dag 12: Skandinawië-boottoer

Vrydag, 31 Julie 2026

- MSC EURIBIA -

Ons spandeer weer die dag op die pragtige Noord-Atlantiese Oseaan aan boord die MSC Euribia.

Die MSC Euribia

Dag 13: Skandinawië-boottoer

Saterdag, 1 Augustus 2026

- KIEL & LÜBECK, DUITSLAND & MSC EURIBIA -

Vandag klim ons af in Kiel en neem 'n ’n busrit deur die Duitse platteland na Lübeck, ’n UNESCO-wêrelderfenisstad, waar ons 'n stadstoer onderneem. Hier ontdek jy die historiese ou stad met sy elegante stegies, die beroemde Holstentor, sewe torings van vyf kerke, die Hospitaal van die Heilige Gees en St. Marienkirche met die wêreld se grootste meganiese orrel. ’n Ligte Duitse middagete word ingesluit voordat die groep terugkeer na Kiel.

Kiel, Duitsland

Dag 14: Skandinawië-boottoer

Sondag, 2 Augustus 2026

- KOPENHAGEN, DENEMARKE & MSC EURIBIA -

Ons meer vas in die hawe van Kopenhagen. Ons groep stap aan wal, en as ons gelukkig is, is daar genoeg tyd vir nog 'n laaste bietjie inkopies in die ou stad voor ons lughawe toe vertrek.

Kopenhagen, Denemarke

Dag 15: Skandinawië-boottoer

Maandag, 3 Augustus 2026

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Nou, aan die einde van hierdie wonderlike toer, sal jy weet: “Ek is nou anders as toe ek gekom het. Ek het soveel beleef, ek is verryk, en ek neem dit saam met my vir altyd!”

 

Ons toerprys is R100,000 p.p. wat deel

Enkeltoeslag is R6,600 p.p.(slegs hotelakkommodasie)
Enkeltoeslag is R42,000 p.p.(vir die hele toer; dus enkelkajuit)

Teen wisselkoers van €1 = R20,50

Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?

Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:

Kliek hier om te bespreek

KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:

  • Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Stockholm en van Kopenhagen na Johannesburg. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.);
  • Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
  • Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer in drie- en viersterhotelle;
  • Sewe nagte aan boord die MSC Euribia (in Balkonkajuite). Ontbyt, middagetes, aandetes en alle vermaak is ingesluit.
  • Aandetes soos gemeld in ons program of ‘n subsidie van €25 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
  • Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die eerste week van die toer;
  • Fooi vir die busbestuurder: €14 p.p.;
  • Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.);
  • Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse vir insiggewende stadstoere in Stockholm en Kopenhagen;
  • Die gebruik van WinskoopToere se kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.

Toegangsgelde vir die volgende uitstappies is ook by die prys ingesluit:

    • Begeleide toer van die Drottningholm-paleis;
    • Die Skansen Buitelugmuseum en Dieretuin;
    • 'Besoek aan die Habo Kerk;
    • Die volgende 3 MSC uitstappies is ook ingesluit in die toerprys (waarde: meer as R10,400pp):

      • In Geiranger geniet ons groep ‘n bustoer van die Flydalskloof-omgewing.
      • In Flaam word ons bederf met ‘n treinrit op die bekende Flaam Spoorweg (middagete ingesluit).
      • In Lübeck wys ‘n plaaslike gids ons die mooi stad.

Wat is nie ingesluit nie?

  • Visumkoste;
  • Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
  • Middagetes;
  • Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies;
  • Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.

LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.

 

Kom #DroomLeefReis saam!

Toer na Europa - Skandinawië Boottoer!

Tree met ons in verbinding:
Ems: +27 83 637 1542 
Ilzé: +27 83 637 1642 
Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en Youtube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:

Toer na Europa - Skandinawië Boottoer!

**WinskoopToere behou die reg om die prys en toerprogram te wysig.

Back To Top
Your Cart

Your cart is empty.