Toerprys:
Original price was: R86,000.00.R78,000.00Current price is: R78,000.00.
Datum:
Plekke nog beskikbaar:
Vol Bespreek
Kliek hier om te bespreek
NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL
Kliek hier om die brosjure af te laai
Toer na Europa - Somer Europatoer met André Rieu 2026 saam met Niel Bruwer van Boer soek 'n Vrou en twee bekwame WinskoopToere-leiers.
LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.
Dag 1: Somer Europatoer met André Rieu
Vrydag, 10 Julie 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons toergroep vertrek vandag vanaf Johannesburg na Brussel. Drankies en etes is ingesluit in die vlugprys. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.)
Dag 2: Somer Europatoer met André Rieu
Saterdag, 11 Julie 2026
- BRUSSEL, BELGIË & VALKENBURG, NEDERLAND -
Ons vertrek direk van die lughawe met ons luukse bus na die pragtige dorp Valkenburg. Hierdie dorp aan die oewer van die Geulrivier is bekend vir sy antieke kasteelruïnes en ondergrondse grotstelse. Ons oornag die volgende twee nagte in ‘n lieflike hotel in Valkenburg, waar ons ‘n ete uit die boonste rakke saam as groep geniet om ons aankoms in Europa te vier.
Valkenburg, Nederland
Dag 3: Somer Europatoer met André Rieu
Sondag, 12 Julie 2026
- VALKENBURG & MAASTRICHT, NEDERLAND -
Ons groep vertrek na Maastricht. Hier geniet ons eers vrye tyd voordat die bus ons na ons hotel (in Valkenburg) neem om mooi te maak vir vanaand se hoogtepunt - die André Rieu-konsert! Ons groep eet saam aandete voordat ons na Vrijthof Plein gaan, waar André Rieu en sy simfonie-orkes ons met hul pragtige musiek betower. ‘n Ervaring van ‘n leeftyd!
André Rieu, die “Koning van die Wals”, is 'n Nederlandse violis en dirigent van die Johann Strauss Orkes. Die orkes bestaan uit 60 musikante en voer gewilde klassieke werke en walse uit. Na die konsert keer ons terug na die hotel.
André Rieu-konsert, Maastricht, Nederland
Dag 4: Somer Europatoer met André Rieu
Maandag, 13 Julie 2026
- BRUSSEL, BELGIË -
Na 'n lekker laat ontbyt vertrek ons na die hoofstad van België, Brussel. Hier het ons heerlike tyd om die stad te verken vanaf ons sentraalgeleë hotel. Hierdie stad bied soveel unieke besienswaardighede, insluitend pragtige pleine, interessante museums en die eienaardige Manneken Pis.
Brussel bied ook ‘n kulinêre ervaring wat jy altyd sal onthou: legendariese Belgiese bier, verleidelike Belgiese sjokolade, ‘n vars Belgiese wafel met room, of die immergewilde aartappelskyfies en mossels. Vanaand kuier die wat wil sommer tot laat op die Grote Mark stadsplein - WinskoopToere dra €20 subsidie by tot elke toerlid se aandete.
Grote Mark, Brussel, België
Dag 5: Somer Europatoer met André Rieu
Dinsdag, 14 Julie 2026
- BRUGGE & BRUSSEL, BELGIË -
Ons ry vanoggend na die skatlike ou stadjie Brugge met sy middeleeuse karakter, spitsdakhuisies en selfs nog perdekarre op die markplein. Wandel rond op die Grote Mark, geniet ‘n perdekoetsrit of besoek die Basiliek van het Heilig Bloed. Daar is ook baie winkels om in rond te soek vir daardie stukkie egte kant.
Daarna keer ons terug na Brussel. Ons geniet weer vrye tyd in Brussel tydens aandete, waarvoor WinskoopToere €20 bydra.
Brugge, België
Dag 6: Somer Europatoer met André Rieu
Woensdag, 15 Julie 2026
- GIVERNY & PARYS, FRANKRYK -
Giverny is 'n dorpie in die Normandië-streek in die noorde van Frankryk. Die impressionistiese skilder Claude Monet het hier gewoon en gewerk vanaf 1883 tot sy dood in 1926. Monet was deur sy tuine geïnspireer en het ure spandeer om die landskap te vervolmaak met pragtige blomme en bome. Hy het gereeld sy eie huis en tuin geskilder, waarvan die waterlelies in die dam, die Japannese brug, en 'n huilende wilgerboom van sy gunstelinge was.
Monet-tuin, Giverny, Frankryk
Na ‘n besoek aan die Monet-huis en tuin ry ons na Parys, waar ons die volgende twee aande oornag. Ons bly in ‘n lieflike hotel wat in die hartjie van Montmartre geleë is.
Ons bus laai ons so entjie van die hotel af waar die hotel se portiere en pendeldiens ons inwag om ons met kleiner bussies verder te neem.
Van ons hotel af kan toerlede dié unieke kunstenaarsgebied verken en ook die pragtige beligte Sacre Coeur in die aand bewonder.
Ons geniet vanaand saam as groep aandete in 'n eg Franse restaurant naby ons hotel.
Sacré-Cœur, Parys, Frankryk
Dag 7: Somer Europatoer met André Rieu
Donderdag, 16 Julie 2026
- PARYS, FRANKRYK -
Vandag beleef ons Parys! Ons ontmoet eers ‘n plaaslike gids wat ons met ons bus in die stad rondneem en ons meer vertel oor Parys se interessante geskiedenis. Ons geniet dan heerlike vrye tyd in Parys. In hierdie vrye tyd kan toerlede gerus ‘n draai by die 12de eeuse Notre-Dame gaan maak. Tydens 'n herstelveldtog het 'n brand op 15 April 2019 op die katedraal se solder uitgebreek, en die massiewe brand het die grootste deel van die dak vernietig. Die Notre-Dame het op 7 Desember 2024 weer heropen, na 'n herstelprojek wat meer as €700 miljoen gekos het.
Besoek gerus die Musée d'Orsay of Musée de l'Orangerie om Monet se waterlelies, na gister se besoek aan Giverny, op ‘n ander manier te waardeer. Ons geniet ook saam ‘n bootvaart op die Seine-rivier en sien Parys uit ‘n ander oogpunt.
Na ‘n heerlike dag neem ons bus ons terug na ons hotel.
Notre-Dame katedraal, Parys, Frankryk
Eiffeltoring en die Seine-rivier, Parys, Frankryk
Dag 8: Somer Europatoer met André Rieu
Vrydag, 17 Julie 2026
- REIMS, FRANKRYK -
Na ontbyt vertrek ons na Reims in die Sjampanje-streek van Frankryk. Reims, bekend as die "Stad van Sjampanje", het 'n indrukwekkende geskiedenis wat teruggaan tot voordat die Romeine die streek beset het. Reims se imposante gotiese katedraal (Reims Notre-Dame) was eens gebruik om 30 Franse konings van 1223 tot 1825 te kroon.
Dit is 'n pragtige voorbeeld van hoë Gotiese argitektuur en sy noord-oostelike fasade het 'n indrukwekkende roosvenster met standbeelde van heiliges op sy boonste vlak. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die katedraal beskadig en van die loodglasvensters in die koorstalletjies is vervang met ontwerpe deur kunstenaar Marc Chagall.
Notre-Dame, Reims, Frankryk
As die Sjampanje-stad van Frankryk kan jy nie hier ry voor jy ‘n sjampanje-huis besoek het nie! Na ons heerlik gesmul het aan egte Franse sjampanje neem ons bus ons na die hotel waar ons vanaand oornag. WinskoopToere dra €20 by vir elkeen vir aandete in die stad.
Dag 9: Somer Europatoer met André Rieu
Saterdag, 18 Julie 2026
- RIQUEWIHR & COLMAR, FRANKRYK -
Ons vertrek na die Elsas-streek in Frankryk. Ons besoek die baie besonderse middeleeuse dorpie, Riquewihr, waar dit lyk of die tyd eeue lank stilgestaan het. Riquewihr word "een van die mooiste dorpies in Frankryk" genoem.
Later vertrek ons na Colmar. Colmar is veral bekend vir sy goedbewaarde argitektoniese erfenis, sy ontelbare geplaveide strate asook die mooiste vakwerkhuisies wat jou sal terugvoer na die middeleeue.
Colmar, Frankryk
Ons slaap die volgende twee aande in ‘n lieflike hotel in die stadsentrum van Colmar. WinskoopToere dra €20 subsidie by tot elkeen se aandete.
Riquewihr, Frankryk
Dag 10: Somer Europatoer met André Rieu
Sondag, 19 Julie 2026
- STRASBOURG & COLMAR, FRANKRYK -
Ons ry vanoggend na die mooie Strasbourg. Hier geniet ons toergroep ‘n stadstoer onder leiding van ‘n plaaslike gids en daarna het ons vrye tyd om self die ou stad te verken. Die uitleg van die Grande-Île (eiland waarop die ou stad gebou is) is relatief min geraak deur die vele oorloë, en is steeds sy oorspronklike struktuur.
Na ‘n heerlike dag in Strasbourg neem ons bus ons terug na ons hotel in Colmar. Ons geniet saam aandete as groep in 'n plaaslike restaurant.
Strasbourg, Frankryk
Dag 11: Somer Europatoer met André Rieu
Maandag, 20 Julie 2026
- LUZERN, SWITSERLAND & COMO, ITALIË-
Ons ry vandag deur ‘n pragtige natuurgebied Switserland toe vir ‘n verruklike dag in Luzern. Die groot Pilatusbergspits val mens eerste op, en die wonderskone Luzernmeer nooi jou uit vir ‘n onvergeetlike bootvaart.
Ons gaan as groep na die aangrypende standbeeld van die gewonde leeu kyk en ons geniet ook 'n heerlike bootvaart op die Luzernmeer. Hierna het almal vrye tyd om in die mooi ou stad rond te loop en inkopies te doen. Jy kan ook gerus oor die eeue-oue rivierbrûe stap.
Gewonde Leeu, Luzern, Switserland
Rivierbrûe van Luzern, Switserland
Ons vertrek later na die mere-distrik van Italië. Die aanskoulike Comomeer is ons volgende bestemming. Ons oornag die volgende drie aande in ‘n hotel in Como. Ons geniet saam aandete by 'n plaaslike restaurant digby ons hotel.
Como, Italië
Dag 12: Ons Somer Europatoer met André Rieu
Dinsdag, 21 Julie 2026
- LUGANO, SWITSERLAND & COMO, ITALIË -
Vanoggend besoek ons Lugano. Dit is die grootste stad in die Italiaanssprekende suide van Switserland en lê aan die voet van die Switserse Alpe. Lugano lê reg langs die Luganomeer. Die Monte Brè-funikulêr bestaan sedert 1908 en neem ons na die spits van Monte Brè, ook bekend as die sonnigste berg in Switserland. Dit word gekenmerk deur asemrowende uitsigte van die Luganomeer en omliggende berge. Bo-op die berg kan jy 'n entjie gaan stap, 'n piekniek hou of by 'n restaurant ietsie drink of eet.
Monte Brè Funikulêr, Switserland
Terug in Lugano, is die historiese ou stad 'n skatkis vol juwele wat wag om ontdek te word. Die Santa Maria Degli Angioli-katedraal wat spog met fresko's uit die 16de eeu, is 'n moet-sien. Een van die fresko's is 'n massiewe uitbeelding van die kruisiging. Dit is Switserland se bekendste Renaissance-fresko.
Na 'n heerlike wyle hier vertrek ons terug na Como. Vanaand het ons die geleentheid om Como self verder te verken. WinskoopToere dra €20 subsidie by tot elke toerlid se aandete.
Dag 13: Ons Somer Europatoer met André Rieu
Woensdag, 22 Julie 2026
- BELLAGIO & COMO , ITALIË -
Kan jy jou voorstel wat 'n genot dit is om met die veerboot van Como na Bellagio te vaar? Ons vaar heerlik op die pragtige Comomeer – ‘n ervaring wat jy sekerlik vir altyd sal onthou! In Bellagio spandeer ons ‘n hele paar genotvolle ure. Hierdie klein dorpie is bekend vir sy geplaveide stegies, elegante geboue en Villa Serbelloni Park, 'n 18de eeuse terrastuin met pragtige uitsigte oor die Comomeer.
Daarna neem ons die veerboot weer terug na Como en neem ons bus ons na 'n restaurant waar ons vir oulaas 'n heerlike aandete met 'n pragtige uitsig oor die meer saam geniet.
Bellagio, Italië
Dag 14: Ons Somer Europatoer met André Rieu
Donderdag, 23 Julie 2026
- MILAAN, ITALIË -
Ons vertrek vanoggend na Milaan. Hier ontmoet ons ‘n plaaslike Engelssprekende gids wat ons in die stad rondwys. Later het ons vrye tyd en kan ons op ons eie die wonderlike stad geniet en inkopies doen in die Galleria Vittorio Emanuele. Milaan is die tuiste van die Laaste Avondmaal van Leonardo da Vinci (in die eetsaal van Santa Maria delle Grazie kerk), die Duomo di Milano, en die Castello Sforzesco. Later neem ons bus ons na die lughawe, vanwaar ons terugkeer na ons Suid-Afrika.
Duomo di Milano, Milaan, Italië
Laaste Avondmaal van Leonardo da Vinci, Milaan, Italië
Dag 15: Ons Somer Europatoer met André Rieu
Vrydag, 24 Julie 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons arriveer terug in Suid-Afrika na ‘n wonderlike en onvergeetlike toer na Europa - Somer Europatoer met André Rieu.
Ons toerprys is R78,000 p.p. wat deel
Enkeltoeslag is R18,000 p.p.
Teen wisselkoers van €1 = R20,50
Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?
Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:
Kliek hier om te bespreek
KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:
- Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Brussel en van Milaan na Johannesburg. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.);
- Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
- Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer, in drie- en viersterhotelle;
- Aandetes soos gemeld in ons program of ‘n subsidie van €20 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
- Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer;
- Fooi vir die busbestuurder: €26 p.p.;
- Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.);
- Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse vir insiggewende stadstoere in Parys, Strasbourg en Milaan;
- Die gebruik van WinskoopToere se kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
Toegangsgelde/kaartjies vir die volgende uitstappies is ook by die prys ingesluit:
-
- André Rieu-konsert in Maastricht;
- Claude Monet-huis en tuine;
- Bootvaart op die Seine-rivier;
- Bootvaart op die Luzernmeer;
- Retoerveerbootvaart op die Comomeer na Bellagio;
- Besoek aan, en proe by, sjampanjehuis in Reims;
- Monte Brè Funikulêr in Lugano.
Wat is nie ingesluit nie?
- Visumkoste;
- Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
- Middagetes;
- Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies;
- Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.
Kom #DroomLeefReis saam!
Toer na Europa - Somer Europatoer met André Rieu
Tree met ons in verbinding:
Ems: +27 83 637 1542
Ilzé: +27 83 637 1642
Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en Youtube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:
Toer na Europa - Somer Europatoer met André Rieu




