Skip to content
Categories: , ,

BRIT26: Engeland en Skotlandtoer

Toerprys:

Original price was: R100,000.00.Current price is: R80,000.00.

Datum:

24 Julie – 7 Augustus 2026 (15 dae)

Plekke nog beskikbaar:

23 plekke

Kliek hier om te bespreek

NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL

Kliek hier om die brosjure af te laai

Toer na Groot Brittanje - Engeland en Skotlandtoer 2026

LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.

Dag 1: Engeland en Skotlandtoer

Vrydag, 24 Julie 2026

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Lughawe in Johannesburg na Londen

Dag 2: Engeland en Skotlandtoer

Saterdag, 25 Julie 2026

- LONDEN, ENGELAND -

Ons arriveer vanoggend in die wêreldstad Londen – ’n stad waar geskiedenis en hedendaagse lewe hand aan hand stap. Ons is so bevoorreg om drie lieflike dae in Londen te spandeer!

Met ons busstadstoer kry ons ’n heerlike oorsig van die stad se hoogtepunte. Ons begin by Buckinghampaleis waar ons, indien die tyd dit toelaat, die beroemde wisseling van die wagte kan sien. Daarna stap ons deur die pragtige St James’s Park tot by Westminster, waar groot name soos Westminster Abbey, Big Ben en die Houses of Parliament op ons wag – perfekte fotogeleenthede. Ons sien ook die imposante Tower Bridge, die Tower of London en die statige St Paul’s Cathedral. Die bekende London Eye en die kleurvolle Piccadilly Circus bring ’n bietjie van die stad se moderne gees na vore. Later vanmiddag neem ons bus ons na ons lieflike sentraalgeleë hotel en ons teken in en geniet aandete as groep by 'n restaurant saam. Hierdie hotel is in die hartjie van Londen en slegs ses minute se stap van Trafalgar Square af - 'n absolute pluspunt op hierdie toer!

Van nou af gaan ons van Londen se uitstekende publieke vervoer gebruik maak. Elkeen kry ‘n Oysterkaart met daggeld om vrylik rond te beweeg in Londen - maar moenie bekommer nie, ons toerleiers is daar om jou touwys te maak en by te staan. Hierdie is 'n lieflike manier om Londen werklik te beleef!

Big Ben, Londen, Engeland

Dag 3: Engeland en Skotlandtoer

Sondag, 26 Julie 2026

- LONDEN, ENGELAND -

Na ontbyt vertrek ons vroegoggend na die Tower of London – ’n fassinerende kasteel vol verhale van konings, konkel en kroonjuwele. Hier kan ons ook die kans aangryp om oor die ikoniese Tower Bridge te stap en die uitsig oor die Teemsrivier te geniet. Vanmiddag spandeer ons tyd in  Greenwich, ’n rustige deel van Londen wat beroemd is vir sy geskiedenis en besonderse atmosfeer. Ons stap deur Greenwich Park, verby die Old Royal Naval College en eindig by die lewendige Greenwich Market, waar die geure, kleure en handgemaakte produkte ’n fees vir die sintuie is. Laatmiddag keer ons terug na ons hotel vir ’n welverdiende ruskans. 

Ons het vanaand die geleentheid om ’n indrukwekkende orrelvertoning in die fantastiese St. Paul’s Cathedral by te woon – ’n ervaring wat jou diep in jou hart sal bybly. Elkeen ontvang ’n subsidie van £20 vir aandete en kan self besluit waar hul wil eet.

Tower Bridge, Londen, Engeland 

Dag 4: Engeland en Skotlandtoer

Maandag, 27 Julie 2026

- LONDEN, ENGELAND -

Vandag kan elkeen besluit watter indrukwekkende besienswaardighede jy op jou eie wil besoek. Jy kan die boeiende Churchill War Rooms – die geheime ondergrondse gange waar Winston Churchill en sy span strategiese besluite tydens die Tweede Wêreldoorlog geneem het, besoek. Nabygeleë besienswaardighede wat gratis is: die National Gallery, die National Portrait Gallery, Covent Tuine of die pragtige Westminsterkatedraal.

Vanmiddag geniet ons ’n rustige uitstappie deur Hyde Park, waar Londenaars kom ontspan en die groenigheid in die stad waardeer. Laatmiddag keer ons terug na ons hotel. Elkeen ontvang ’n subsidie van £20 vir aandete, en die wat wil, kan aansluit vir ’n opsionele West End-vertoning – ’n onvergeetlike ervaring in die teaterhoofstad van die wêreld.

Westministerkatedraal, Londen, Engeland

Dag 5: Engeland en Skotlandtoer

Dinsdag, 28 Julie 2026

- OXFORD & CHELTENHAM, ENGELAND -

Na ontbyt neem ons afskeid van Londen, ons bus laai ons by ons hotel op en ons ry noordwaarts na die bekende universiteitsstad Oxford. Hier geniet ons ‘n Universiteitswandeling saam met ons plaaslike gids. Ons stap deur die eeue-oue straatjies en indrukwekkende geboue en sien ook die statige Christ Church College, die Bodleianbiblioteek en die fotogeniese Radcliffe Camera. Daar is later tyd om rustig koffie te drink en foto’s te neem van die pragtige argitektuur en studentelewe wat die stad so uniek maak. Later vertrek ons na ons hotel vir die volgende twee nagte in die Gloucestershire-streek, in die omgewing van Cheltenham.

Ons geniet ‘n gesellige aandete saam as groep. 

Oxford Oxford Universiteit, Engeland

Dag 6: Engeland en Skotlandtoer

Woensdag, 29 Julie 2026

- COTSWOLDS: BOURTON-ON-THE-WATER, BROADWAY, STOW-ON-THE-WOLD & CHELTENHAM, ENGELAND -

Vandag verken ons van die mooiste dorpe in die Cotswolds – ’n streek bekend vir sy heuwels, kliphuise en rustige Engelse plattelandse sjarme. Ons eerste stop is Bourton-on-the-Water, dikwels genoem die “Venesië van die Cotswolds”, waar klein klipbruggies oor die rivier kronkel en winkeltjies en koffiekroeë ons nooi om rustig rond te kuier. Daarna ry ons verder na Broadway, ’n stylvolle dorp met galerye, karaktervolle strate en heerlike plekke vir middagete. Net buite die dorp besoek ons die beroemde Broadway Tower, vanwaar ’n panoramiese uitsig oor die hele streek strek – ’n ideale foto-oomblik. Later vanmiddag geniet ons ‘n tydjie by Stow-on-the-Wold en daarna keer ons terug na Cheltenham, waar waar daar tyd is om op eie rond te stap, die markplein en klein winkels te verken, of sommer net in ’n Engelse teetuin of pub te ontspan. Ons geniet aandete by ons hotel.

Cotswolds, Engeland

Dag 7: Engeland en Skotlandtoer

Donderdag, 30 Julie 2026

- COTSWOLDS: BIBURY, CIRENCESTER, TETBURY & DERBY, ENGELAND -

Vandag verken ons die sjarme van die Suide van die Cotswolds. Ons begin met ’n wandeling deur Bibury, bekend vir die ikoniese Arlington Row en sy rustige rivier. Daarna stop ons in Cirencester, ’n markstad vol geskiedenis, waar jy ook middagete kan geniet. Ons volgende stop is Tetbury, ’n elegante dorpie vol antieke winkeltjies en moontlik ’n besoek aan die koninklike Highgrove Gardens as dit oop is. Later vanmiddag neem ons die pad na Derby in die Peak District.

Bibury, Engeland

Dag 8: Engeland en Skotlandtoer

Vrydag, 31 Julie 2026

- CHATSWORTH, KENDAL & BOWNESS-ON-WINDERMERE, ENGELAND -

Ons dag begin met ’n kort rit na die statige Chatsworth House, waar ons die pragtige huis en tuine verken, en ’n koffie of ligte happie kan geniet. Daarna begin ons die langer rit noordwaarts na Kendal, met ’n kort stop langs die pad om die uitsigte te geniet en ons bene te rek. Ons teken by ons hotel in Kendal in en later geniet ons ’n pragtige bootvaart op Windermere, waar die son die skoon waters laat glinster. Ons het later vrye tyd om die dorpie Bowness-on-Windermere te verken en om aandete by ’n plaaslike pub of restaurant te geniet voordat ons terugkeer hotel toe. Ons geniet aandete saam as groep.

Chatsworth House, Engeland

Dag 9: Engeland en Skotlandtoer

Saterdag, 1 Augustus 2026

- GRETNA GREEN, CALLANDER, BRACKLINN FALLS & STIRLING, SKOTLAND -

Vanoggend ry ons noordwaarts, Skotland binne, na Gretna Green, die beroemde “Blacksmith’s Shop” waar baie verliefdes in die huwelik getree het. Na ’n koffie ry ons deur die Skotse heuwellande na Callander, waar ons middagete kan geniet voordat ons die Bracklinn Falls besoek. Hierdie dramatiese kloof en waterval bied ‘n perfekte geleentheid vir ‘n rustige stappie. Laatmiddag kom ons in Stirling aan, teken in by ons hotel en geniet ’n rustige aandwandeling deur die ou stad met sy geplaveide strate. 

Gretna Green, Skotland

Bracklinn Falls, Skotland

Dag 10: Engeland en Skotlandtoer

Sondag, 2 Augustus 2026

- BRIDGE OF ALLAN HIGHLAND GAMES, SKOTLAND -

Vandag het ons ‘n unieke ervaring soos min. Ond het die hele dag om die beroemde Bridge of Allan Highland Games te beleef. Dit is’n fees van Skotse kultuur met kilt-drag, tradisionele musiek, prettige speletjies en atletiek. Dis ’n unieke geleentheid om die tradisies van die Hooglande van naby te beleef en die lewe van die plaaslike gemeenskap te proe. Later keer ons terug na Stirling vir aandete. Elkeen ontvang ’n subsidie van £20 vir aandete.

Allan Highland GamesBridge of Allan Highland Games, Skotland

Dag 11: Engeland en Skotlandtoer

Maandag, 3 Augustus 2026

- STIRLING & INVERNESS, SKOTLAND -

Ons ry vandag noord deur die skoon landskappe van die Trossachs en Loch Lomond Nasionale Park. Ons kry ook ‘n kansie om die vars lug en helder water te geniet. Ons gaan deur Glencoe, waar die geskiedenis van die slagting jou bybly, en maak dan ’n koffiestop in Fort William. In Fort Augustus stap ons langs die Caledoniankanaal en kan ons middagete geniet voor ons ’n rustige loch-vaart op Loch Ness doen, met ’n besoek aan die ruïnes van Urquhartkasteel. Laatmiddag arriveer ons by ons hotel in Inverness en geniet aandete saam as groep. 

Inverness, Skotland

Dag 12: Engeland en Skotlandtoer

Dinsdag, 4 Augustus 2026

- WESTELIKE HOOGLANDE & EILEAN DONANKASTEEL, SKOTLAND -

Vandag ry ons wes deur dramatiese landskappe met bergpasse, lochs en heuwels. Ons besoek die ikoniese Eilean Donankasteel, een van die besonderste kastele in Skotland. Ons kry ‘n plekkie vir koffie of middagete in Dornie en later geniet ons ‘n whisky-proe by ‘n plaaslike distillery buite Inverness. Elkeen ontvang ’n subsidie van £20 vir aandete.

Eilean Donankasteel, Skotland

Dag 13: Engeland en Skotlandtoer

Woensdag, 5 Augustus 2026

- EDINBURGH, SKOTLAND -

Vandag ry ons deur die skoon Skotse landskap na die hoofstad, Edinburgh, ’n stad vol karakter, geplaveide strate en steil wyke. Ons geniet ‘n stadsbesigtigingstoer deur ‘n plaaslike gids wat ons die mooiste dele van hierdie stad wys. Later kan jy ‘n drankie of iets te ete geniet by een van die Royal Mile se ikoniese restaurante of pubs. Ons oornag in ‘n viersterhotel in die stadskern van Edinburgh - hierdie is ‘n fantastiese pluspunt op hierdie toer!

Edinburgh, Skotland

Dag 14: Engeland en Skotlandtoer

Donderdag, 6 Augustus 2026

- EDINBURGH, SKOTLAND -

Ons spandeer ons laaste dag in die Skotse hoofstad, ’n stad vol geskiedenis en karakter. Ons begin by Edinburghkasteel hoog bo die stad, met asemrowende uitsigte, die Skotse kroonjuwele en die indrukwekkende Stone of Destiny. Jy kan met die Royal Mile afstap, waar kleurvolle straatvermaak, interessante winkels en historiese geboue jou lei tot by St Giles’ Cathedral. Besoek gerus die Palace of Holyroodhouse – die amptelike koninklike woning in Skotland, met pragtige tuine, historiese kamers en die verhaal van Mary Queen of Scots. Die dag se vrye tyd bied nog verskeie opsies op jou eie: ’n uitstappie na Arthur’s Seat vir uitsigte en foto’s, ’n besoek aan die National Museum of Scotland, of ’n whisky‑proe by The Scotch Whisky Experience. Jy kan ook net inkopies doen en ’n rustige kafeekuier naby Princes Street geniet. Laatmiddag vertrek ons na die lughawe en begin ons vlug terug na Suid-Afrika.

Dag 15: Engeland en Skotlandtoer

Vrydag, 7 Augustus 2026

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Ons arriveer vandag in Suid-Afrika – vol herinneringe, foto’s en stories van ’n onvergeetlike reis deur Engeland en Skotland.

Ons toerprys is R80,000 p.p. wat deel, enkeltoeslag 
Enkeltoeslag is R23,000 p.p.

Teen wisselkoers van £1 = R22

Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?

Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:

Kliek hier om te bespreek

 

KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:

  • Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Londen en van Edinburgh na Johannesburg (geen Kaapstadvlugte beskikbaar);
  • Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
  • Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer in drie- en viersterhotelle;
  • Aandetes soos gemeld in ons program of ‘n subsidie van £20 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
  • Oysterkaart met daggelde vir publieke vervoer in Londen
  • Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir ons eerste dag in Londen en dan weer vanaf ons vertrek uit Londen uit vir die res van die toer;
  • Fooi vir die busbestuurder: £22 p.p.;
  • Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.);
  • Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse vir insiggewende stadstoere in Londen, Oxford en Edinburgh.
  • Die gebruik van WinskoopToere se kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.

Toegangsgelde vir die volgende uitstappies is ook by die prys ingesluit:

    • St. Paul's Cathedralorreluitvoering;
    • Chatsworth House & Gardens;
    • Bootvaart op die Windemere-meer;
    • Bridge of Allan Highland Games;
    • Bootvaart op Loch Ness;
    • Urquhartkasteel;
    • Whisky-proe by ‘n plaaslike distillery;
    • Eilean Donankasteel;
    • Edinburghkasteel.

Wat is nie ingesluit nie?

  • Visumkoste;
  • Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
  • Middagetes;
  • Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies;
  • Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.

LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.

Kom #DroomLeefReis saam!

Toer na Groot Brittanje - Engeland en Skotlandtoer

Tree met ons in verbinding:

Ems: +27 83 637 1542

Sarisna: +27 83 637 1642

droom@winskooptoere.co.za

Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en Youtube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:

Toer na Groot Brittanje - Engeland en Skotlandtoer

**WinskoopToere behou die reg om die prys en toerprogram te wysig.
Back To Top
Your Cart

Your cart is empty.