Maak 2026 jóú jaar en toer saam na Frankryk saam met WinskoopToere!! Tree met ons…

Vyf hoogtepunte van ons verruklike Frankryk Plattelandtoer
’n Reis deur die Franse platteland is nie net ’n fees vir die sintuie nie, maar ook doepa vir die siel. Alhoewel dit moeilik was om net vyf hoogtepunte uit te sonder, het ons ‘n lys wat elke reisiger hier moet ervaar, saamgestel:
- Kastele van die Loire-vallei: Hierdie elegante herehuise vertel verhale van konings en adel, omring deur welige tuine en wingerde.
- Die Alpe en hul bergdorpe: Verbeel jouself jy is Heidi en hoor die bome en die natuur rondom jou! Ons besoek Annecy, ‘n skilderagtige dorpie aan die Switserse grens, bekend vir sy meer en kanale wat deur die ou stad vloei. Sprokiesmooi!
- Kulinêre avonture in Bordeaux: Geniet plaaslike wyn, vars baguettes en ryk kaas by klein dorpsmarkte of plaaslike bistros. Die Romeine het, waarskynlik in die middel van die eerste eeu, wingerdstokke in die Bordeaux-streek ingebring om wyn vir plaaslike gebruik te verskaf en wyn word sedertdien hier geproduseer.
- Laat jou bekoor deur Yvoire: Een van die mooiste dorpies in Frankryk! Hierdie klein Middeleeuse stadjie is teenaan Genève in Switserland geleë. Daar word dikwels na hierdie dorpie verwys as die “Pêrel van die Genève meer”. Spandeer ‘n onvergeetlike oggend in die dorpie se keisteen-stegies met hulle pragtige blomversierings en stadspoorte wat dateer uit die Middeleeue. ‘N Besoek aan die Garden of the Five Senses sal jou asem wegslaan!
- Jou innerlike kunstenaar gaan behoorlik geÏnspireer word deur ‘n besoek aan Arles: Die Romeinse monumente van Arles is in 1981 as UNESCO-wêrelderfenisgebied gelys. Baie kunstenaars het in hierdie area gewoon en gewerk, insluitend Pablo Picasso, Paul Gauguin en Vincent van Gogh.
’n Franse plattelandtoer saam met WinskoopToere is meer as net ’n vakansie – dis ’n ontdekking van eenvoud, geskiedenis en sjarme.
Kom droom, leef en reis van 17-23 Mei 2026 saam met WinskoopToere en ervaar dit alles en nog meer!
Lees hier meer oor ons Frankryk Plattelandtoer 2026!
![]()

Comments (0)