Toerprys:
Original price was: R80,000.00.R67,000.00Current price is: R67,000.00.
Datum:
Plekke nog beskikbaar:
Vol Bespreek
Kliek hier om te bespreek
NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL
Kliek hier om die brosjure af te laai
Toer na Europa - Noord-Italië Natuurtoer 2026
LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.
Hierdie toer spog met vier nagte in 'n sentraal-geleë hotel in Como, 'n veerbootrit op die Comomeer, en opgraderings aan ons reisplan en hotelle om 'n gerieflike en onvergeetlike Noord-Italië-ervaring in 2026 te verseker!
Dag 1: Noord-Italië Natuurtoer
Dinsdag, 2 Junie 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Lughawe in Johannesburg na München. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.)
Dag 2: Noord-Italië Natuurtoer
Woensdag, 3 Junie 2026
- MÜNCHEN, DUITSLAND & INNSBRUCK, OOSTENRYK -
Ons land in München. Daar wag ons luukse bus op ons en neem ons na Innsbruck. Ons slaap vanaand oor in hierdie pragtige stad in die hartjie van die Tiroolse Alpe.
Mittenwald, Duitsland
Dag 3: Noord-Italië Natuurtoer
Donderdag, 4 Junie 2026
- COLFOSCO, ORTISEI & BOLZANO, ITALIË -
Ons vertrek taamlik vroeg vanoggend en ons ry dan Italië binne. Ons ry oor die Brennerpas en die beroemde Europabrug, wat oor die Wipp-vallei naby Innsbruck gebou is (777 meter lank) en wat die tweede hoogste brug in Europa is.
By die bergdorpie Colfosco kan die wat wil gaan stap in die Alta Badia-bergreeks in die Dolomiete. Die pragtige vrye natuur en uitstigte omring mens. So hoog in die berge is daar selfs ‘n restaurantjie of twee waar ons koffie kan drink. Later kuier ons bietjie in die pragdorpie, Ortisei, weggesteek in die Val Gardena-bergreeks in die Dolomiete. Ons slaap die volgende twee nagte in Bolzano.
Alta Badia, Dolomiete, Italië
Val Gardena, Dolomiete Italië
Dag 4: Noord-Italië Natuurtoer
Vrydag, 5 Junie 2026
- BOLZANO, SOPRABOLZANO & KLOBENSTEIN, ITALIË -
Bolzano (Bozen in Duits) is die hoofstad van die provinsie Suid-Tirool in Noord-Italië. Dit staan bekend as ‘n Duits-sprekende provinsie (25% van die inwoners praat Duits, maar in sommige dele is dit 90%) en die meeste mense is hier tweetalig.
Ons ry met die Renonkabelkar die steil Virgolo/Virglberg op tot by SopraBolzano. Daarbo geniet ons ook ‘n baie besonderse treinrit in ‘n stokou smalspoor-treintjie terwyl ons die asemrowende uitsig geniet. Hierdie treintjie neem ons na Klobenstein. Later gaan ons onder Bolzano se ou stad met sy baie winkeltjies platstap!
Na die avontuurlike dag slaap ons in dieselfde hotel in Bolzano.
Renonkabelkar, Italië
Bolzano, Italië
Dag 5: Noord-Italië Natuurtoer
Saterdag, 6 Junie 2026
- GARDAMEER, MONTE BALDO & MALCESINE, ITALIË-
Vanoggend ry ons die pragtige roete na die grootste meer in Italië, die Gardameer. In hierdie wonderlike natuurskoon het hulle ‘n kabelkar gebou wat tot bo-op die berg Monte Baldo strek en wat 360° draai sodat mens ‘n uitsig oor die hele gebied kan hê. Ons gaan as groep na bo ry en later het ons nog heelwat tyd om die mooi dorpie, Malcesine, te besigtig. Ons gaan as groep die indrukwekkende ou kasteel wat bo alles troon, ook besoek. Koop gerus in Malcesine ‘n bottel wyn van die plaaslike streek.
Ons vertrek later, na 'n dag van pragtige uitstigte, oor die Gardameer na ons hotel in hierdie uitsonderlike omgewing.
Malcesine, Italië
Monte Baldo-kabelkar, Italië
Dag 6: Noord-Italië Natuurtoer
Sondag, 7 Junie 2026
- SIRMIONE & GARDAMEER, ITALIË-
Vanoggend ry ons na die pragtige Sirmione, omring deur die Gardameer. Ons besoek die Scaligerkasteel saam in twee groepe. Hierna het ons almal vrye tyd om rustig deur die interessante dorpie te loop.
Vanmiddag beplan ons 'n verrassing vir ons groep in hierdie asemrowende omgewing. Ons oornag vanaand in dieselfde hotel.
Scaligerkasteel, Sirmione, Italië
Dag 7: Noord-Italië Natuurtoer
Maandag, 8 Junie 2026
- BERGAMO, COMO & COMOMEER, ITALIË -
Gesoute reisigers beskou Bergamo as een van die mooiste stede in Italië en eintlik is dit nog taamlik onbekend onder toeriste. Vanoggend gaan ons die gees van hierdie stad beleef. Ons het lieflike vrye tyd in hierdie stad - ons gee vir elkeen 'n kaartjie om met die klein rooi tandrattreintjie na die boonste gedeelte (Città Alta) te ry om die werklike ou stad te sien.
Na hierdie heerlike ondervinding ry ons na die dorp Como, aan die Comomeer. Ons stap kuier-kuier in hierdie skilderagtige dorpie waar heelwat van die beroemdes se vakansiehuise is! Ons eerste voorsmakie van die skilderagtige Comomeer gaan sekerlik tot gevolg hê dat ons daar sommer tot skemer gaan kuier!
Ons slaap die volgende vier nagte in hierdie pragtige omgewing.
Bergamo, Italië
Dag 8: Noord-Italië Natuurtoer
Dinsdag, 9 Junie 2026
- LUGANO, LUGANOMEER, SWITSERLAND -
Vanoggend besoek ons Lugano in Switserland. Dit is die grootste stad in die Italiaanssprekende suide van Switserland en lê aan die voet van die Switserse Alpe. Die streek Lugano word omring deur die Lugano Pre-Alpe. Beide die westelike en oostelike dele van die munisipaliteit deel 'n internasionale grens met Italië. Lugano lê reg langs die Luganomeer. Die middestad is aan die oewer van die meer geleë net wes van waar die rivier Cassarate in die meer invloei.
Die Monte Brè-funikulêr bestaan sedert 1908 en neem ons na die spits van Monte Brè, ook bekend as die sonnigste berg in Switserland. Dit word gekenmerk deur asemrowende uitsigte van die Luganomeer en omliggende berge. Bo-op die berg kan jy 'n entjie gaan stap, 'n piekniek hou of by 'n restaurant ietsie drink of eet.
Vanmiddag het ons vrye tyd in Lugano - hierdie uitsigte oor die meer, omring deur berge, is werklik van die mooiste. Die historiese ou stad is 'n skatkis vol juwele wat wag om ontdek te word. Die Santa Maria Degli Angioli-katedraal is 'n moet om te besoek en spog met fresko's uit die 16de eeu. Een van die fresko's is 'n massiewe uitbeelding van die kruisiging. Dit is Switserland se bekendste Renaissance-fresko.
Na 'n heerlike wyle hier vertrek ons terug na Como.
Luganomeer, Switserland
Lugano, Monte Brè, Switserland
Dag 9: Noord-Italië Natuurtoer
Woensdag, 10 Junie 2026
- COMO, BELLAGIO & COMOMEER, ITALIË -
Kan jy jou voorstel wat 'n genot dit is om met die veerboot van Como na Bellagio te vaar? Ons vaar twee ure lank op die pragtige Comomeer – ‘n ervaring wat jy sekerlik vir altyd sal onthou!
In Bellagio spandeer ons heerlike tyd voor ons weer terugvaar. Ons oornag vanaand in dieselfde hotel.
Bellagio, Italië
Dag 10: Noord-Italië Natuurtoer
Donderdag, 11 Junie 2026
- COMO & COMOMEER, ITALIË -
Vandag het jy geleentheid om die klein dorpies om Comomeer na hartelus te ervaar. Elkeen kry 'n veerbootkaartjie om vanaf Como op hul eie na nabygeleë dorpies te vaar en daar tyd te spandeer. Ons oornag vanaand in dieselfde hotel in Como.
Comomeer, Italië
Dag 11: Noord-Italië Natuurtoer
Vrydag, 12 Junie 2026
- STRESA, MAGGIOREMEER, ORTA, ORTAMEER & SACRO MONTE, ITALIË-
Die pragtige veertiende-eeuse klooster Santa Caterina del Sasso, aan die Maggioremeer, word vandag eerste besoek. Dit is op die randjie van ‘n rots gebou en dit lyk of dit halfpad oor die meer hang.
Daarna ry ons na die Ortameer waar ons die Wêrelderfenisgebied Sacro Monte (die Heilige Berg) kan besigtig. Die wat wil, stap die roete berg-op na die reeks kapelletjies vanwaar ons die wonderlikste uitsig oor die Ortameer het. Diegene wat nie boontoe stap nie: dit is 15 minute se stap na die sentrale gedeelte van Orta. Almal het vrye tyd in Orta.
Ons slaap die volgende twee nagte in die Gazzada Schianno-omgewing.
Santa Caterina del Sasso-klooster, Stresa, Maggioremeer, Italië
Santa Caterina del Sasso-klooster, Stresa, Maggioremeer, Italië
Ortameer, Italië
Dag 12: Noord-Italië Natuurtoer
Saterdag, 13 Junie 2026
- STRESA, MAGGIOREMEER & ISOLA BELLA, ITALIË -
Ons bus neem ons vandag na die dorpie Stresa wat aan die Maggioremeer lê. Dit is ‘n klein dorpie met net 5,000 inwoners. Dan besoek ons die mooie eiland Isola Bella en op pad soontoe onderneem ons ‘n idilliese veerbootvaart in die verruklike omgewing.
Op die eiland het die invloedryke Huis van Borromeo in 1632 begin om ‘n pragtige paleis op te rig. Na vele teenslae (waaronder die pes in die middel van die sewentiende eeu) is dit uiteindelik voltooi. In 1671 is die pragtige tuine ook in gebruik geneem. Ons ontmoet ons gids by die paleis en geniet ‘n heerlike tydjie hier. Later, wanneer ons terug is in Stresa, gaan ons heerlik rondloop in die oulike dorpie voor ons terugkeer na ons hotel.
Maggioremeer, Italië
Dag 13: Noord-Italië Natuurtoer
Sondag, 14 Junie 2026
- MILAAN, ITALIË -
Na 'n rustige oggend by ons hotel, vertrek ons na Milaan vanwaar ons terug na Suid-Afrika vertrek.
Dag 14: Noord-Italië Natuurtoer
Maandag, 15 Junie 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons land in Johannesburg. Nadat ons soveel gesien en beleef het, gaan ons nog jare lank die mooiste herinneringe hieraan koester!
Ons toerprys is R67,000 p.p. wat deel
Enkeltoeslag is R11,000 p.p.
Teen wisselkoers van €1 = R20,50
Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?
Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:
Kliek hier om te bespreek
KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:
- Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na München en van Milaan na Johannesburg. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.);
- Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
- Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer, in drie- of viersterhotelle;
- Aandetes of ‘n subsidie van €20 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
- Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer;
- Fooi vir die busbestuurder: €26 p.p.;
- Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.);
- Die gebruik van WinskoopToere se kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
Toegangsgelde vir die volgende uitstappies is ook by die prys ingesluit:
-
- Kabelkar- en treinrit by Bolzano;
- Monte Baldo-kabelkarrit en -kasteel by Malcesine;
- Scaligerkasteel in Sirmione;
- Verrassing in Sirmione-omgewing;
- Treinrit in Bergamo;
- Monte Brè-funikulêr in Lugano;
- Bootvaart na Bellagio;
- Bootvaart na klein dorpies om Comomeer;
- Santa Caterina del Sasso-klooster;
- Sacro Monte-kompleks;
- Bootvaart na Isola Bella;
- Begeleide toer in Isola Bella Palazzo Borromeo.
Wat is nie ingesluit nie?
- Visumkoste;
- Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
- Middagetes;
- Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies;
- Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.
Kom #DroomLeefReis saam!
Toer na Europa - Noord-Italië Natuurtoer
Tree met ons in verbinding:
Ems: +27 83 637 1542
Ilzé: +27 83 637 1642
Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en Youtube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:
Toer na Europa - Noord-Italië Natuurtoer





