skip to Main Content

KERS25: Ons Wit Kersfeestoer in 2025!

WinskoopToerprys:

Original price was: R82,450.00.Current price is: R64,990.00.

Datums:

14 – 26 Desember 2025 (13 dae)

Aantal plekke:

3 in stock

Aangesien Ons Wit Kersfeestoer 2025 in 'n rekordtyd vol bespreek is - het ons vir julle nog 'n toer gemaak - dieselfde program, net 'n paar dae later!

Kliek hier vir Ons Tweede Wit Kersfeestoer 2025!

Toerdatums: 16 - 28 Desember 2025

Toerkode: TKERS25

DAG 1 VAN ONS WIT KERSFEESTOER, SONDAG 14 DESEMBER 2025

JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA

Ons Kersfeestoer begin al op die OR Tambo Lughawe waar die opgewonde toerlede bymekaarkom! Ons vertrek dan na Wenen in Oostenryk. Ons kry etes en drankies tydens al die vlugte.

DAG 2 VAN ONS WIT KERSFEESTOER, MAANDAG 15 DESEMBER 2025

WENEN, OOSTENRYK & BRATISLAVA, SLOWAKYE

Ons arriveer op Wenen se lughawe. Hier wag ons luuksebus reeds op ons. Hierdie gerieflike bus bly ons s’n tydens ons hele Kersfeestoer. Ons vertrek van die lughawe af na Bratislava, die hoofstad van Slowakye. Hier beleef ons die uniekheid van hierdie land se Kerstyd. Ons besoek eerstens hulle pragtige Kersmark en daarna geniet ons vrye tyd in Bratislava se ou stad.

Bratislava, Slowakye

Later neem ons bus ons na Wenen waar ons die volgende twee nagte in ‘n gerieflike hotel tuisgaan.Domkirche St. Stephan in Wenen, Oostenryk

DAG 3 VAN ONS WIT KERSFEESTOER, DINSDAG 16 DESEMBER 2025

WENEN, OOSTENRYK

Vanoggend begin ons met ‘n interessante stadsbesigtigingstoer van Wenen. Hierna het ons die hele dag vry in die pragtige ou stad. Die artistieke en intellektuele nalatenskap van die stad is gevorm deur sy bekende inwoners, o.a. Mozart, Beethoven en Sigmund Freud. Die stad is ook bekend vir sy keiserlike paleise, insluitend Schönbrunn, die Habsburgers se somerwoning. In die Museum Kwartiere vertoon historiese en kontemporêre werke van Egon Schiele, Gustav Klimt en vele ander kunstenaars. Jy het vandag geleentheid om die menigde Kersmarkte en van hierdie museums te besoek. Vanaand eet ons aandete by die Heuriger waar Beethoven graag besoek afgelê het. ‘n Eg Oostenrykse Kersmark in Wenen

DAG 4 VAN ONS WIT KERSFEESTOER, WOENSDAG 17 DESEMBER 2025

DURNSTEIN & HALLSTATT, OOSTENRYK & BAD REICHENHALL, DUITSLAND

Ons groep vertrek vanoggend na Hallstatt. Op pad stop ons in die pragtige Durnstein, ‘n dorpie bekend vir sy blou barok-kerktoring.

Durnstein, Oostenryk

In Halstatt – een van die allermooiste dorpies – gaan ons ook rondstap en jy kan ‘n gesellige koffiewinkel besoek! Hierna ry ons na Bad Reichenhall waar ons vanaand gaan slaap. Hallstat, Oostenryk

DAG 5 VAN ONS WIT KERSFEESTOER, DONDERDAG 18 DESEMBER 2025

OBENDORF & SALZBURG & BAD REICHENHALL, DUITSLAND

Na 'n ontbyt neem ons bus ons na Obendorf waar ons 'n heerlike perdekoetsrit geniet. Later ry ons na Salzburg en besoek die ou stad. Ons ontmoet ons gids vir ‘n besigtigingsgtoer deur die stad. Ons geniet vrye tyd in hierdie sprokiestad waar Mozart gebore is. Laatmiddag ry ons dan terug na ons hotel in Bad Reichenhall waar ons saam aandete geniet.

Salzburg, Oostenryk

DAG 6 VAN ONS WIT KERSFEESTOER, VRYDAG 19 DESEMBER 2025

INNSBURCK, OOSTENRYK & OBERAMMERGAU, DUITSLAND

Vanoggend vertrek ons na die pragtige hoofstad van die Tirool, Innsbruck, waar ons die Kersmark se liggies bewonder tydens vrye tyd. Ons ry dan verder na Oberammergau waar ons die volgende twee nagte gaan oornag.

Innsbruck, Oostenryk

DAG 7 VAN ONS WIT KERSFEESTOER, SATERDAG 20 DESEMBER 2025

OBERAMMERGAU, DUITSLAND

Vanoggend ry ons na die Zugspitze – die hoogste bergpiek in Duitsland. Ons ry met die kabelkar tot bo in die berge. Daarbo is gerieflike restaurante waar ons oor die sneeu kan uitkyk. Hier beleef ons ‘n tipiese sneeu-opset soos die Europeërs dit geniet! Na ons heerlike oggend in die berge besoek ons die Ettal-klooster. Zugspitze, Duitsland

DAG 8 VAN ONS WIT KERSFEESTOER, SONDAG 21 DESEMBER 2025

LECH, OOSTENRYK & BODENSEE & SINGEN, DUITSLAND

Ons vertrek vanoggend na die lieflike Bodensee. Ons spandeer eers tyd in die skilderagtige Lech. Dan besoek ons verskeie dorpies rondom die Bodensee waar die Kersatmosfeer teen die agtergrond van dié meer jou meesleur. Ons geniet ‘n bootvaart en besoek Lindau. Daarna vertrek ons na ons hotel in Singen waar ons die volgende twee aande gaan oornag.

Konstanz, Duitsland

DAG 9 VAN ONS WIT KERSFEESTOER, MAANDAG 22 DESEMBER 2025

MEERSBURG & KONSTANZ & SINGEN, DUITSLAND

Na ontbyt vertrek ons na Meersburg waar ons lieflike vrye tyd geniet. Hierna besoek ons die universiteitstad Konstanz. Die Altstadt (Ou Stad) van Konstanz het baie ou geboue en kronkelende stegies. Die stadshorison word oorheers deur die Konstanz-katedraal, verskeie ander kerke en drie torings wat van die stadsmuur oorgebly het. Na 'n heerlike dag keer ons terug na ons hotel in Lindau.

Meersburg, Duitsland

DAG 10 VAN ONS WIT KERSFEESTOER, DINSDAG 23 DESEMBER 2025

TRIBERG & FREIBURG, DUITSLAND & COLMAR, FRANKRYK

Vandag ry ons na die nimlike Swartwoud. Ons besoek die dorpie Triberg, wat ‘n transformasie ondergaan tydens Kersfees. Ons besoek ook die feestelike Freiburg waar ons lekker vrye tyd geniet om self hierdie stad te leer ken. Hiervandaan gaan ons Frankryk binne en besoek ons die Elsas gebied. Ons slaap die volgende twee nagte in die ou-stadgebied  van Colmar.

Colmar, Frankryk

DAG 11 VAN ONS WIT KERSFEESTOER RIQUEWIHR, WOENSDAG 24 DESEMBER 2025

STRASBOURG & COLMAR, FRANKRYK

Ons spandeer hierdie lieflike dag in die imposante Strasbourg. Ons plaaslike gids vertel ons meer oor hierdie pragtige stad. Die Ryn-rivier vorm die grens tussen dié stad en Duitsland. Strasbourg het in 1988 sy tweeduisendste bestaansjaar gevier. Strasbourg is ‘n stad wat Kersfees behoorlik vier, met 13 Kersmarkte, die pragtige strate van Kleine Frankryk en menigde kerke om in jou vrye tyd te beleef.

Ons groep geniet vanaand ons Oukersete saam in die hotel.

Strasbourg, Frankryk

DAG 12 VAN ONS WIT KERSFEESTOER, DONDERDAG 25 DESEMBER 2025

ZÜRICH, SWITSERLAND

Na ‘n lekker laat ontbyt het ons tyd om in Colmar te spandeer en vir oulaas inkopies by die Kersmarkte te doen. Daarna vertrek ons na Zürich se lughawe. Colmar, Frankryk

DAG 13 VAN ONS WIT KERSFEESTOER, VRYDAG 26 DESEMBER 2025

JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA

Ons Kersfeestoer kom tot ‘n einde. En ons weet: die herinneringe bly nou verder by ons vir die res van ons lewens!

*WinskoopToere kan steeds klein veranderinge aan hierdie toerprogram maak.

Ons toerprys is R64,990.00 per persoon wat deel!

Die enkeltoeslag is R9,700.00 per persoon.

Ons toerprys sluit al die volgende in:

  • Retoer vliegkaartjies.
  • Akkommodasie in 3-4* hotelle in twin of dubbelkamers.
  • Alle ontbyte.
  • Aandetes of €20 subsidie​ soos aangedui in die toerprogram.
  • Luukse busvervoer vir die duurte van die toer.
  • ‘n Stadstoer met professionele Engelsprekende gidse in Wenen, Salzburg en Strasbourg.
  • Kabelkarretjie op met Zugspitze.
  • Bootvaart in Bodensee.
  • Twee toerleiers wat oral saamtoer, veel waarde toevoeg en ‘n heerlike, gerieflike toer verseker!
  • Fooitjies vir die busbestuurder: €30.
Die Toerprys sluit nie die volgende in nie:
  • Visumkoste.
  • Mediese- en/of reisversekering.
  • Bykomende lughawebelasting (volgens wisselkoers).
  • Middagetes tydens die bustoer.
  • Alle ander toegangsgelde (indien enige - alle groepsbesoeke is reeds ingesluit).
  • Fooitjies en uitgawes van 'n persoonlike aard.
Geen bybetalings word van toerlede gevra tydens ons tyd in die Europa nie!

Hoe bespreek ek my plek ???

Stap 1:

Betaal die deposito van R6,000 in die volgende rekening:

Bank: ABSA Takkode: 632005 Rekeningnommer: 9343 1803 92 Rekeningnaam: WinskoopToere Verwysing: KERS25/Jou voorletters en van (bv KERS25/J.COETZEE)

Stap 2:

Stuur die bewys van betaling aan admin@winskooptoere.co.za.

Stap 3:

WinskoopToere sal aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur wat jy asb aanlyn moet invul om jou bespreking te finaliseer vir hierdie toer.

Hoe werk die visum?

‘n Schengen visum deur Oostenryk word benodig vir hierdie toer. Visumaansoeke in Suid-Afrika word deur die visumsentrum VFS Global met kantore in Johannesburg, Kaapstad, Durban en Pretoria verwerk. Die koste is ongeveer R2,000 per persoon en aansoeke moet in persoon gedoen word. Die aansoekproses word gewoonlik eers 3 maande voor die vertrekdatum begin. Ons sal nader aan die tyd volledige inligting in hierdie verband aan jou stuur.

Wat van reisversekering?

Voldoende reisversekering word benodig om ‘n Schengen visum te kan kry. Dit gee ook die nodige gemoedsrus wat jy benodig wanneer jy reis. Elke toerlid is egter self verantwoordelik vir reisversekering. WinskoopToere kan jou van hulp wees om reisversekering deur Bryte Travel Insurance te verkry, maar dit moet spesifiek deur ons kantoor aangevra word. Daar is verskillende polisse beskikbaar vir ouderdom vanaf 3 maande tot 69 jaar en die koste wissel tussen R1,000 en R2,000 per persoon. Hierdie polisse moet binne 24 uur vanaf jy jou deposito betaal het uitgeneem word sodat jy kan kwalifiseer vir kansellasiedekking. Voldoende reisversekering vir senior burgers is ook beskikbaar op aanvraag en moet binne 48 uur uitgeneem word vir jou kansellasiedekking.

**WinskoopToere behou die reg om die toerprogram en -prys te wysig.

Back To Top