Toerprys:
Original price was: R86,000.00.R79,000.00Current price is: R79,000.00.
Datum:
Plekke nog beskikbaar:
Vol Bespreek
Kliek hier om te bespreek
NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL
Kliek hier om die brosjure af te laai
Toer na Europa - Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu 2026
LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.
Dag 1: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Maandag, 29 Junie 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Lughawe in Johannesburg na Amsterdam. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.)
Dag 2: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Dinsdag, 30 Junie 2026
- HAARLEM, NEDERLAND -
Ons arriveer by Schiphol Lughawe in Amsterdam, waar ons luukse bus op ons wag. (Ons ry die hele tydperk met hierdie bus.)
Ons vertrek na ons gerieflike hotel net buite Haarlem waar ons die volgende twee aande oornag.
Net ’n klipgooi van ons hotel af bied Haarlem die perfekte mengsel van kultuur, kos en kanale – ’n plek waar jy tussen museums, markte en molens kan dwaal en steeds voel of jy ’n geheime juweel ontdek het.
Ons eet vanaand almal saam aandete in die hotel.
Amsterdam, Nederland
Dag 3: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Woensdag, 1 Julie 2026
- AALSMEER & AMSTERDAM, NEDERLAND -
Ons glip vanoggend vóór ontbyt uit die hotel vir 'n baie unieke belewenis!
Ons ry na Aalsmeer Blommemark - die grootste blommeveiling ter wêreld! Blomme van regoor die wêreld - Europa, Israel, Ecuador, Kolombië, Etiopië, Kenia en ander lande - word elke dag in hierdie reusagtige gebou verhandel. Ongeveer 43 miljoen blomme word daagliks verkoop. Dit is 'n belewenis!
Moenie bekommer nie - ons keer terug na ons hotel vir 'n heerlik uitgebreide ontbyt.
Aalsmeer Blommemark, Nederland
Hierna kies ons koers Amsterdam toe. Daar word na Amsterdam verwys as die "Venesië van die Noorde", vanweë die groot aantal kanale wat 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied vorm. Ons groep geniet ‘n baie besonderse kanaalvaart deur die stadskern. Hierna het ons die middag vry om Amsterdam op ons eie te verken.
Laatmiddag keer ons terug na 'n genoeglike dag. Ons geniet weer aandete saam in die hotel.
Dag 4: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Donderdag, 2 Julie 2026
- MAASTRICHT & VALKENBURG, NEDERLAND -
Vandag is beslis 'n hoogtepunt! Vanoggend vertrek ons na Maastricht waar ons vanaand die André Rieu-vertoning gaan bywoon. Die toergroep geniet hier eers vrye tyd voordat die bus ons na ons hotel (in Valkenburg) neem om mooi te maak vir vanaand se konsert. Die groep eet saam aandete by 'n restaurant in Valkenburg. Ons ry dan na Vrijthof Plein waar André Rieu en sy simfonie-orkes ons met hul pragtige musiek betower. ‘n Ervaring van ‘n leeftyd!
André Rieu, die “Koning van die Wals”, is 'n Nederlandse violis en dirigent van die Johann Strauss-orkes. Die orkes bestaan uit 60 musikante en voer gewilde klassieke werke en walse uit.
Na die konsert keer ons terug na ons hotel.
André Rieu-konsert, Maastricht, Nederland
Dag 5: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Vrydag, 3 Julie 2026
- BRUSSEL, BELGIË -
Na 'n lekker laat ontbyt vertrek ons na die hoofstad van België, Brussel. Hier het ons heerlike tyd om die stad te verken vanaf ons sentraalgeleë hotel. Hierdie stad bied soveel unieke besienswaardighede, insluitend pragtige pleine, interessante museums en die eienaardige Manneken Pis.
Dan bied Brussel ook ‘n gastronomiese ervaring wat jy altyd sal onthou: 'n legendariese Belgiese biertoneel, die verleidelike Belgiese sjokolade deur die beste chocolatiers, ‘n vars Belgiese wafel met room, of die immergewilde aartappelskyfies en mossels. Vanaand kuier die wat wil sommer tot laat op die Grote Mark-stadsplein - WinskoopToere dra €20 subsidie by tot elke toerlid se aandete.
Brussel, België
Dag 6: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Saterdag, 4 Julie 2026
- BRUGGE, BELGIË & PARYS, FRANKRYK -
Ons ry vanoggend na die skatlike ou stadjie Brugge, met sy middeleeuse karakter, spitsdakhuisies en selfs nog perdekarre op die markplein. Skilderagtige geplaveide lanings en dromerige kanale verbind pragtige markpleine wat met hoë torings, historiese kerke en laning op laning ou witgekalkte aalmoeshuise versier is.
Raak verlore in die Grote Mark, geniet ‘n perdekoetsrit of besoek die Basilika van die Heilige Bloed. Daar is ook baie winkels om in rond te soek vir daardie stukkie egte kant.
Later vertrek ons na Parys, Frankryk waar ons die volgende twee nagte oornag. Ons bly in ‘n lieflike hotel wat in die hartjie van Montmartre geleë is. Ons bus laai ons so entjie van die hotel af waar die hotel se portiere en pendeldiens ons inwag om ons met kleiner bussies verder te neem.
Van ons hotel af kan toerlede dié unieke kunstenaarsgebied verken en ook die pragtige beligte Sacre Coeur in die aand bewonder.
Ons geniet vanaand saam as groep aandete in 'n eg Franse restaurant naby ons hotel.
Brugge, België
Montmartre, Parys, Frankryk
Dag 7: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Sondag, 5 Julie 2026
- PARYS, FRANKRYK -
Ons ontmoet vanoggend ons plaaslike gids wat ons met die bus in die stad rondneem en ons meer oor Parys se interessante geskiedenis vertel. Ons geniet 'n heerlike bootvaart op die gewilde Seine-rivier.
Ons het die middag vry om Parys verder te verken.
Later ry ons groep terug na ons hotel. Ons kan vanaand weer hierdie gewilde area beleef. WinskoopToere dra 'n aandetesubsidie van €20 by vir elke toerlid.
Notre Dame, Parys, Frankryk
Dag 8: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Maandag, 6 Julie 2026
- DIJON, FRANKRYK -
Na ontbyt ry ons na Dijon, ‘n stad in die Boergondië-streek. Dit val in een van die land se hoofwynbougebiede. 'n Plaaslike gids neem ons vandag op 'n stadstoer van die pragtig ou dorp en ons geniet ook 'n unieke mosterdproe van die mosterd waarvoor hierdie dorp so bekend is.
Ons oornag vanaand in 'n hotel in Dijon en geniet saam aandete as groep.
Dijon, Frankryk
Dag 9: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Dinsdag, 7 Julie 2026
- RIQUEWIHR & COLMAR, FRANKRYK -
Vandag vertrek ons na Riquewihr en Colmar in die Elsasprovinsie. Ons eerste stop is die baie besonderse dorpie, Riquewihr, waar alles lyk of die tyd eeue lank stilgestaan het. Riquewihr is 'n middeleeuse dorpie reg in die hartjie van die Elsaswingerde, geklassifiseer onder die "mooiste dorpies in Frankryk" en was deels die inspirasie vir die tuisdorp van Belle in die Disney film “The Beauty and the Beast”.
Hierna vertrek ons na Colmar. Hierdie stadjie is veral bekend vir sy goed bewaarde argitektoniese erfenis, sy ontelbare geplaveide strate asook die mooiste vakwerkhuises wat, nes Riquewihr, jou na die middeleeue sal terugneem. Ons kry die geleentheid om vrye tyd in Colmar te spandeer om hierdie mooi dorpie te verken.
Ons slaap vanaand in die ou stad van Colmar. Elkeen geniet aandete op hulle eie in die dorp, waarvoor WinskoopToere €20 bydra.
Colmar, FrankrykDag 10: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Woensdag, 8 Julie 2026
- LUZERN, SWITSERLAND & COMO, ITALIË -
Ons ry vandag deur ‘n pragtige natuurgebied Switserland toe vir ‘n verruklike dag in Luzern. Die groot Pilatusbergspits val mens eerste op, en die wonderskone Luzernmeer nooi jou uit vir ‘n onvergeetlike bootvaart.
Eers gaan ons as groep na die aangrypende standbeeld van die gewonde leeu kyk en daarna gaan ons na die eeue-oue rivierbrûe met Kapelbrug. Die groep geniet 'n heerlike bootvaart op die meer. Hierna het almal vrye tyd om in die mooi ou stad rond te loop en inkopies te doen.
Ons vertrek later na die mere-distrik van Italië. Die aanskoulike Comomeer is ons volgende bestemming. Ons slaap die volgende twee aande in ‘n hotel in die sentrum van Como. Elkeen ontvang €20 bydrae tot aandete.
Luzern, Switserland
Comomeer, Italië
Dag 11: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Donderdag, 9 Julie 2026
- BELLAGIO & COMO, ITALIË -
Kan jy jou voorstel wat ‘n genot dit is om met die veerboot van Como na Bellagio te vaar? Ons vaar heerlik op die pragtige Comomeer - ‘n ervaring wat jy sekerlik vir altyd sal onthou! In Bellagio self spandeer ons ‘n hele paar genotvolle ure.
Daarna neem ons die veerboot weer terug na Como. Ons geniet weer aandete by een van die vele restaurante langs die meer of in die skadu van die pragtige Como-katedraal (aandetesubsidie van €20 word verskaf deur WinskoopToere).
Bellagio, Italië
Dag 12: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Vrydag, 10 Julie 2026
- SIRMIONE, VERONA & TREVISO, ITALIË -
Vanoggend gaan ons na die pragtige Sirmione aan die Gardameer. Hier het ons almal vrye tyd om rustig deur die interessante dorpie te loop en die antieke kasteel te besigtig.
Ons toergroep vertrek later na Verona. Verona is een van die statigste stede in Italië met 'n wye verskeidenheid antieke geboue, waarvan baie heel goed behoue gebly het. Verona se aanskoulike amfiteater is byvoorbeeld 2,000 jaar oud en die brug, Ponta Pietra, wat oor die Adige-rivier gebou is, dateer uit die eerste eeu v.C.
Die grootste katedraal van Verona is een van die wonderlikste katedrale in Europa, en tog stap baie toeriste wat die stad vlugtig besoek daar verby sonder om dit te bewonder! Ons geniet 'n heerlike middag in dié stad. Ons vertrek van Verona na Treviso waar ons vanaand en môreaand oornag en vanaand saam as groep aandete geniet.
Sirmione, Italië
Verona, Italië
Dag 13: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Saterdag, 11 Julie 2026
- VENESIË, ITALIË -
Vandag het ons die geleentheid om die wonderstad op water, Venesië, ordentlik te verken! Ons vaar met die boot na die ou stad, ons geniet ‘n stadstoer deur ‘n plaaslike gids, ons bewonder ‘n meesterlike glasblaser en ons stap lekker hier rond in ons vrye tyd. Ons vaar eers laatmiddag weer met ons boot terug na ons bus. Wat ‘n opwindende dag!
Ons geniet saam vir 'n laaste keer aandete by ons hotel in Treviso en gesels oor al ons wonderlike ervarings op die toer!
Venesië, Italië
Dag 14: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Sondag, 12 Julie 2026
- TREVISO, ITALIË -
Ons laaste dag in Europa het aangebreek! Na ons vanoggend vir oulaas saam ontbyt geëet het, geniet ons 'n paar ure in die pragtige stadjie, Treviso, voor ons na die Venesië lughawe vertrek vir ons vlug na Suid-Afrika.
Treviso, Italië
Dag 15: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Maandag, 13 Julie 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons vlug land in Johannesburg.
Nadat ons soveel gesien en beleef het, gaan ons nog jare lank die mooiste herinneringe hieraan koester!
Ons toerprys is R79,000 p.p. wat deel
Enkeltoeslag is R18,000 p.p.
Teen wisselkoers van €1 = R20,50
Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?
Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:
Kliek hier om te bespreek
KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:
- Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Amsterdam en van Venesië na Johannesburg. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.);
- Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
- Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer;
- Aandetes soos gemeld in ons program of ‘n subsidie van €20 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
- Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer;
- Fooi vir die busbestuurder: €26 p.p.;
- Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.);
- Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse vir insiggewende stadstoere in Parys, Dijon & Venesië;
- Die gebruik van WinskoopToere se kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
- Toegangsgelde vir die volgende uitstappies is ook by die prys ingesluit:
- Besoek aan die blommeveiling in Aalsmeer;
- Kanaalvaart in Amsterdam;
- André Rieu-konsert in Maastricht;
- Bootvaart op die Seine-rivier;
- Mosterdproe in Dijon;
- Bootvaart op die Luzernmeer;
- Retoerveerbootvaart op die Comomeer na Bellagio;
- Tronchetto-bootvaart asook toeristebelasting in Venesië;
- Glasblaserdemonstrasie in Venesië.
Wat is nie ingesluit nie?
- Visumkoste;
- Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
- Middagetes;
- Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies;
- Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.
Kom #DroomLeefReis saam!
Toer na Europa - Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Tree met ons in verbinding:
Ems: +27 83 637 1542
Ilzé: +27 83 637 1642
Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en Youtube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:
Toer na Europa - Hoogtepunte van Europa Toer met André Rieu



