Skip to content

HPE26: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

WinskoopToerprys:

Original price was: R79,900.00.Current price is: R65,000.00.

Datums:

20 April tot 2 Mei 2026 (13 dae)

Kliek hier om te bespreek

Kliek hier om die brosjure af te laai

Toer na Europa - Hoogtepunte van Europatoer 2026

LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS!

Dag 1: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Maandag, 20 April 2026

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Lughawe na Europa. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.)

Dag 2: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Dinsdag, 21 April 2026

- VENESIË & VERONA, ITALIË -

Ons arriveer by Venesië Lughawe, (ons kry etes en drankies tydens die vlugte) waar ons luukse bus op ons wag. (Ons ry die hele tydperk met hierdie bus.)

Ons groep geniet 'n heerlike aandete in 'n Italiaanse restaurant. Ons slaap in ‘n gerieflike driesterhotel in 'n voorstad van Verona.

Verona, Italië

Dag 3: Ons Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Woensdag, 22 April 2026

- VENESIË, ITALIË -

Ons groep besoek die wonderstad op water, Venesië! Ons vaar met die boot na die ou stad, ons geniet ‘n stadstoer deur ‘n plaaslike gids, ons bewonder ‘n meesterlike glasblaser en ons stap lekker hier rond in ons vrye tyd. Ons vaar laatmiddag weer met die boot terug na ons bus. Wat ‘n opwindende dag!

Ons eet vanaand in ‘n gesellige restaurant en slaap weer in dieselfde hotel buite Verona.

cityscapes-lanterns-boats-venice-italy_www-paperhi-com_72Venesië, Italië

Dag 4: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Donderdag, 23 April 2026

- VERONA & COMO, ITALIË -

Ons groep besoek die pragtige antieke stad Verona – vandag ‘n Wêrelderfenisgebied. Hierdie ou stad is bekend vir sy Romeinse arena uit die eerste eeu (hier word steeds konserte voor 15 000 mense op ‘n keer gehou), die eeue-oue stadsmure en die Ponte Pietra-brug (gebou in 100 v.C.).

Die aanskoulike Lago di Como is ons volgende bestemming. Ons vertrek na hierdie beeldskone mere-distrik in Italië. Hier gaan ons ‘n baie gesellige aand langs die beroemde meer geniet! Toerlede ontvang 'n €15 subsidie vir aandete. Ons slaap in ‘n gerieflike hotel in Como.

Lago di Como, Italië

Dag 5: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Vrydag, 24 April 2026

- LUZERN, SWITSERLAND & COLMAR, FRANKRYK -

Van die een hoogtepunt na die volgende: ons ry vandag deur ‘n pragtige natuurgebied Switserland toe vir ‘n verruklike dag in Luzern. Die groot Pilatusbergspits val mens eerste op, en die wonderskone Luzernmeer nooi jou uit vir ‘n onvergeetlike bootvaart. Eers gaan ons as groep na die aangrypende standbeeld van die gewonde leeu kyk, en daarna kan jy gerus stap na die eeue-oue stadsmuur en Kapelbrug. Die toergroep geniet dan 'n heerlike bootvaart op die meer. Hierna het almal vrye tyd om in die mooi ou stad rond te loop en inkopies te doen.

Stop gerus ook by die Schwanenplatz “Chocolate World” met hulle sjokolade waterval wat teen ‘n hele muur afvloei. Jy kan nie in Switserland wees en nie hul sjokolade proe nie!

Later vanmiddag sit ons ons reis in Europa voort, nou in die rigting van die Franse grens. Ons slaap vannag oor in ‘n oulike hotel in Colmar, Frankryk.

Luzern, Switserland

Dag 6: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Saterdag, 25 April 2026

- COLMAR & RIQUEWIHR, FRANKRYK & HEIDELBERG, DUITSLAND -

Na ‘n smaaklike ontbyt, stap ons rustig rond in die skilderagtige Colmar met sy pragtige vakwerk-huisies.

Colmar, Frankryk

Daarna gaan ons na die baie besonderse middeleeuse dorpie, Riquewihr, waar alles lyk of die tyd eeue lank stilgestaan het.

Dan ry ons na Heidelberg in Duitsland, waar ons vanaand oornag. Elke toerlid ontvang ‘n aandete subsidie van €15.

Riquewihr, Frankryk

Dag 7: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Sondag, 26 April 2026

- HEIDELBERG, DUITSLAND & REIMS, FRANKRYK -

Vandag bring ons eers tyd in Heidelberg deur. Dit is een van die mooiste stede in Duitsland. Hier kan ons heerlik rondwandel en selfs tot bo-op die berg na die ou kasteel loop. (Vir die ouer knieë is daar gelukkig die Heidelberger Bergbahn [treintjie] tot bo!) Vandaar het mens ‘n asemrowende uitsig oor die ou stad en die Neckarrivier.

Toer na Europa - Hoogtepunte van EuropatoerHeidelberg, Duitsland

Later vandag ry ons groep diep in die Franse platteland in. Ons geniet die unieke natuur van hierdie gebied. Ons slaap vanaand in Reims in Frankryk en kry ook die geleentheid om dié stad se asemrowende katedraal te sien. Hier kry elke toerlid €15 subsidie vir aandete.

Toer na Europa - Hoogtepunte van EuropatoerDie imposante katedraal in Reims, Frankryk

Dag 8: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Maandag, 27 April 2026

- PARYS, FRANKRYK -

Ons vertrek vanoggend vroeg na Parys! Daar ontmoet ons ‘n plaaslike gids wat ons met die bus in die stad rondneem en ons meer oor Parys se interessante geskiedenis vertel. Ons geniet 'n heerlike bootvaart op die gewilde Seine-rivier.

Toer na Europa - Hoogtepunte van EuropatoerDie bekende Notre-Dame Katedraal in Parys, Frankryk

Later ry ons groep na ons hotel in Parys. Ons bly in ‘n lieflike hotel wat in die hartjie van Montmartre geleë is. Van hier af kan toerlede dié unieke kunstenaarsgebied verken en ook die pragtige beligte Sacre Coeur in die aand bewonder. Elkeen kry ‘n aandete subsidie van €15.

Toer na Europa - Hoogtepunte van EuropatoerSacre Coeur in Montmartre, Parys, Frankryk

Dag 9: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Dinsdag, 28 April 2026

- BRUSSEL & BRUGGE , BELGIË -

Ons vertrek vanoggend na Brussel, die hoofstad van België. Hier ontdek ons hierdie middeleeuse stad, nie sonder rede bekend vir die wêreld se beste sjokolade, bier en wafels nie!

Hierna ry ons na Brugge. Ons arriveer eers by ons hotel waarna ons die skatlike ou stadjie op ons eie kan gaan verken. Elke toerlid kry ‘n aandete subsidie van €15.

Toer na Europa - Hoogtepunte van EuropatoerBrussel, België

Dag 10: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Woensdag, 29 April 2026

- BRUGGE, BELGIË & DELFT, NEDERLAND -

Na ’n heerlike ontbyt geniet ons vrye tyd in Brugge met sy middeleeuse karakter, kanale, spitsdakhuisies en selfs nog perdekarre op die markplein! Soek in die winkels vir jou ‘n stukkie van hulle beroemde kant. Hier kan jy ook nog van die onverbeterlike Belgiese wafels en aarbeie op die markplein geniet!

Later ry ons na die ou Nederlandse stad, Delft. Hierdie stad is bekend vir sy blou porseleinkuns en die pragtige kanale wat deur die stad vloei. Hier het ons groep heerlike vrye tyd, voordat ons laatmiddag na ons hotel vertrek. (Elke toerlid kry €15 subsidie vir aandete.)

Toer na Europa - Hoogtepunte van EuropatoerBrugge, België

Dag 11: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Donderdag, 30 April 2026

- KEUKENHOF, NEDERLAND -

Ons groep ry vroeg reeds na die wonderlikste tuin in Europa, Keukenhof, met sy sewe miljoen tulpe. Dit is ‘n aangrypende belewenis om vroegoggend in die tuin rond te wandel asof jy die enigste een daar is, want later trap die mense jou byna dood! Hierdie oggend word deur baie toerlede as die hoogtepunt van ons toer beleef.

Loer gerus hier vir meer ingligting: https://keukenhof.nl/en/

Na ons blomme-uitstappie stop ons by Zaanse Schans. Stap verby sy windpompe, groen houthuise, handwerkwinkels en nywerhede, wat vir eeue die middelpunt van wêreldhandel was.

Later, op ons laaste aand, eet ons groep ‘n heerlike aandete gesellig saam in ons hotel .

Die fantastiese tuin, Keukenhof, Nederland

Dag 12: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Vrydag, 1 Mei 2026

- AMSTERDAM, NEDERLAND -

Vanoggend ry ons na Amsterdam. Ons groep geniet ‘n baie besonderse kanaalvaart deur die stadskern.

Daarna het ons vrye tyd om ‘n museum te besoek of sommer net die stad verder te verken voordat ons bus ons na Schiphol Lughawe neem. Ons vertrek hiervandaan terug na Johannesburg.

Toer na Europa - Hoogtepunte van EuropatoerAmsterdam, Nederland

Dag 13: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Saterdag, 2 Mei 2026

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Nou, aan die einde van hierdie wonderlike toer na Europa - Hoogtepunte van Europatoer, sal jy weet: “Ek is nou anders as toe ek gekom het. Ek het soveel beleef, ek is verryk, en ek neem dit saam met my vir altyd!”

Ons toerprys is R65,000.00 per persoon wat deel.

Enkeltoeslag is R13,750.00 per persoon.

Teen wisselkoers van 1€ = R20,50.

KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:

  • Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Venesië en van Schiphol na Johannesburg. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms ook op aanvraag beskikbaar.);
  • Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
  • Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer, in drie- en viersterhotelle;
  • Aandetes soos gemeld in ons program of ‘n subsidie van €15 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
  • Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer;
  • Fooi vir die busbestuurder: €26 p.p.;
  • Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.);
  • Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse vir insiggewende stadstoere in Venesië en Parys;
  • Bootvaart na Venesië se ou stad en terug;
  • Demonstrasie deur 'n glasblaser in Venesië;
  • Bootvaart op die Luzernmeer;
  • Bootvaart op die Seine-rivier in Parys;
  • Kanaalvaart in Amsterdam;
  • Toegangskaartjie vir Keukenhof;
  • Die gebruik van WinskoopToere se kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.

Wat is nie ingesluit nie?

  • Addisionele lughawebelasting a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
  • Visumkoste;
  • Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
  • Middagetes;
  • Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies;
  • Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.

LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.

Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?

Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:

Kliek hier om te bespreek

Kom #DroomLeefReis saam!

Toer na Europa - Hoogtepunte van Europatoer

Tree met ons in verbinding:

Ems: +27 83 637 1542

Sarisna: +27 83 637 1642

droom@winskooptoere.co.za

Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en Youtube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:

Toer na Europa - Hoogtepunte van Europatoer

**WinskoopToere behou die reg om die prys en toerprogram te wysig.
Back To Top
Your Cart

Your cart is empty.