Toerprys:
Original price was: R60,000.00.R50,000.00Current price is: R50,000.00.
Datum:
BELEEF DIE PLEKKE WAARVAN IN HANDELINGE, DIE BRIEWE VAN PAULUS EN OPENBARINGE GESKRYF IS.
Met hierdie uiters bekostigbare toer kry jy ‘n besonderse veelsydige en verrykende oorsig van hierdie land.
‘n Beduidende PLUS: Teologiese Professor Henk Stoker* van Potchefstroom (GKSA) tree op as geestelike toerleier van hierdie Turkyetoer.
*Hy het reeds meer as tien1 keer Christene na hierdie gebied geneem en gee deurlopend verrykende Nuwe Testamentiese kommentaar.
Hierdie is ‘n toer wat besonderse plekke in die Bybel besoek. Onder die leiding van Prof. Henk Stoker leer ken en verstaan ons soveel meer van o.a. Handelinge en Openbaring.
KOM DEEL IN HIERDIE GELOOFSERVARING!
Kliek hier om te bespreek
NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL
Toer na Europa & die Midde-Ooste - Turkyetoer 2026
LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.
Dag 1: Ons Wonderlike Turkyetoer
Saterdag, 4 Oktober 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Lughawe in Johannesburg na Istanboel. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.)
Dag 2: Ons Wonderlike Turkyetoer
Sondag, 5 Oktober 2026
- KAPPADOSIË, TURKYE -
Ons arriveer op die lughawe buite Istanboel. Vandaar neem ons ‘n binnelandse Turkse vlug na Kappadosië. Met aankoms in Kappadosië, ontmoet ‘n plaaslike Turkse gids wat ons deurgaans verder vergesel, ons by die lughawe.
Met ons bus wat die hele tyd tot ons beskikking is, reis ons deur Kappadosië met sy uitsonderlike natuurlike wonders wat sprokies-mooi skoorstene en unieke historiese en kulturele erfenis insluit. Ons besoek ook Urgup, waar die eerste Christene in grotte en gate gebly het (Heb. 11:38), en die Zvelve Opelugmuseum waar Christene vir eeue vergader het. Later vertrek ons na Nevsehir - die hoofstad van Kappadosië (Hand. 2:9). Hier geniet ons aandete en bly twee nagte oor in ‘n viersterhotel.
Kappadosië, Turkye
Dag 3: Ons Wonderlike Turkyetoer
Maandag, 6 Oktober 2026
- KAPPADOSIË, TURKYE -
Na ontbyt vertrek ons met ons bus en ry deur hierdie gebied wat meer as ‘n duisend jaar lank 'n belangrike rol in die geskiedenis van die Christendom gespeel het.
Dit is ook ‘n baie interessante gebied met natuurlike en mensgemaakte rotsformasies, asook pragtige panoramas met verstommende natuurprag. Ons hele dag in Kappadosië sluit verskeie historiese besienswaardighede, kerke en ‘n teologiese instituut uit die eerste eeue in, asook die pragtige Dove Valley en Uçhisarkasteel. By Avanos is die dorpies beroemd vir hulle rooi klei pottebakkerswerk. Ons stap ook rond in een van die ondergrondse stede van Kappadosië.
Ons bly vanaand in dieselfde hotel oor en geniet aandete daar.Kappadosië, Turkye
Dag 4: Ons Wonderlike Turkyetoer
Dinsdag, 7 Oktober 2026
- LISTRA & KONYA, TURKYE -
Vandag reis ons deur die gebiede van Galasië en Frigië (Hand. 2:10 & 16:6). Ons besoek die Sultanhanı Karavanserai en bedink die rol van hoeksteen en sluitsteen waarna in die Bybel verwys word.
Ons reis vat ons dan na Listra (Hand. 14) wat Paulus op sy eerste en tweede sendingreise besoek het. Listra was die tuiste van vroeë Christelike gemeentes en daar is steeds oorblyfsels van die kerke en geboue.Van Listra is dit nie ver na Ikonium, wat vandag as Konya bekend is, waar Paulus vir Timoteus ontmoet het.
Ons oornag vanaand in ‘n hotel in Antiochië, die stad waar soveel mense deur Paulus se werk tot bekering gekom het. Hier geniet ons ook aandete as groep.
Dag 5: Ons Wonderlike Turkyetoer
Woensdag, 8 Oktober 2026
- HIËRAPOLIS, LAODISIË, FILADELFIA & SARDIS, TURKYE -
Na ‘n heerlike ontbyt reis ons verder op ons pad na die antieke stede van die sewe gemeentes van Openbaring. Die eerste stop vir die dag is Hiërapolis, wat in die Bybel genoem word in Kolossense 4:13.
Van Hiërapolis reis ons na Laodisië, wat in Openbaring 3:14-22 genoem word. Ons volgende stop is Filadelfia, wat in Openbaring 3:7-13 genoem word. Laastens, reis ons na Sardis , wat in Openbaring 3:1-6 genoem word.
Ons slaap vanaand in ‘n hotel in Hiërapolis. Ons geniet aandete in die hotel.
Hiërapolis, Turkye

Dag 6: Ons Wonderlike Turkyetoer
Donderdag, 9 Oktober 2026
- KOLOSSE, SMIRNA, KUSADASI & MILETUS, TURKYE -
Ons vertrek vandag verder op ‘n onvergeetlike reis van die sewe gemeentes van Openbaring. Die eerste stop: Kolosse. Van hier reis ons na Smirna, wat in Openbaring 2:8-11 genoem word.
Indien die tyd dit toelaat, sal ons ook Miletus besoek. Dit is in Miletus waar die apostel Paulus sy laaste gesprek met die Efese-ouderlinge gevoer het (Hand. 20:17-38).
Ons slaap die volgende twee aande in ‘n pragtige hotel in Kusadasi. Ons geniet aandete in die hotel.

Dag 7: Ons Wonderlike Turkyetoer
Vrydag, 10 Oktober 2026
- EFESE, TURKYE -
Vandag is nog 'n hoogtepunt! Ons bring die hele dag in die ou stad van Efese deur (Hand. 19; Ef. 1-6; 1&2 Tim; Op. 2:1-7 en Op. 21).
Ons stap rustig deur hierdie goedbewaarde stad uit die tyd van die Nuwe Testament. Ons groep besoek ook die Tempel van Artemis (Hand. 19:23-28) en die Basilika van Johannes. Ons slaap vanaand in dieselfde hotel by Kusadasi, waar ons aandete saam geniet.
Die Tempel van Artemis, Efese, Turkye

Dag 8: Ons Wonderlike Turkyetoer
Saterdag, 11 Oktober 2026
- TIATIRA, PERGAMUM & TROJE, TURKYE -
Na ontbyt vertrek ons na Tiatira, wat in Openbaring 2:18-29 genoem word. Tiatira was bekend vir sy ryk tekstielbedryf en was die tuiste van ‘n Christelike gemeente wat deur die apostel Paulus gestig is. Van Tiatira reis ons na Pergamum, wat in Openbaring 2:12-17 genoem word. Dit was ook die tuiste van die indrukwekkende Altar van Zeus, wat later na Berlyn vervoer is.
Na ons besoek aan Pergamum, vertrek ons na Troje. Troje is die stad waar die beroemde Trojaanse oorlog plaasgevind het. Hier verken ons die antieke ruïnes van die stad. Aan die einde van ons dagreis deur hierdie historiese plekke, bring ons die aand deur in ‘n hotel naby Troje.

Dag 9: Ons Wonderlike Turkyetoer
Sondag, 12 Oktober 2026
- NICEA & CHALCEDON, TURKYE -
Die eerste stad op ons roete vandag is Nicea (moderne Iznik), wat bekend is vir die Eerste Raad van Nicea wat in 325 n.C. gehou is. Dit was een van die belangrikste kerklike raadsittings in die geskiedenis, waar die geloofsbelydenis van Nicea opgestel is en die Christelike begrip van die Drie-eenheid gevestig is.
Na Nicea sal ons verder beweeg na Chalcedon, waar die Tweede Raad van Chalcedon in 451 n.C gehou is. Hierdie Raad was van groot belang in die vestiging van die Christelike leer oor die natuur van Christus, wat bepaal het dat Christus beide volledig God en volledig mens is.
Na ons besoeke aan Nicea en Chalcedon sal ons die aand in ‘n nabygeleë hotel deurbring, waar ons die erfenis van hierdie antieke stede kan waardeer en 'n heerlike aandete kan geniet.
Nicea, Turkye
Dag 10: Ons Wonderlike Turkyetoer
Maandag, 13 Oktober 2026
- ISTANBOEL, TURKYE -
Vandag verken ons die hart van Istanboel, ‘n stad wat die kruispunt van Oosterse en Westerse kulture simboliseer. Ons begin die dag met die verkenning van die stadsmure van Istanboel, wat oorspronklik in die vyfde eeu gebou is om die stad teen indringers te beskerm.
Van die stadsmure af, vertrek ons na die majestueuse Topkapi-paleis, die voormalige woning van die Ottomaanse sultane. Ons besoek ook die bekende Grand Bazaar in Istanboel en doen inkopies by die bekende spesery-mark.
Na ‘n wonderlike middag van kultuurskatte geniet ons ’n rustige vaart op die Bosphorusrivier. Ons geniet aandete in ‘n plaaslike restaurant voordat ons laataand na die lughawe vertrek vir ons vlug terug na Suid-Afrika.
'Grand Bazaar', Istanboel, Turkye

Dag 11: Ons Wonderlike Turkyetoer
Dinsdag, 14 Oktober 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons groep keer terug na Suid-Afrika en land op O.R. Tambo Lughawe, verryk met wonderlike belewenisse van ons besoek aan Turkye.
Ons verwagte toerprys is R50,000 p.p. wat deel
Teen wisselkoers van €1 = R20,50
Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?
Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:
Kliek hier om te bespreek
KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:
- Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Istanboel en van Istanboel na Johannesburg. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.);
- Ekonomiese binnelandse vlug van Istanboel na Nevsehir;
- Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
- Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer;
- Aandetes soos gemeld in ons program ;
- Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer;
- Alle fooitjies – vir die busbestuurder, gids en hotelportiere;
- Prof. Henk Stoker van die NWU Teologiese skool, en nog 'n ervare WinskoopToere toerleier vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.);
- ‘n Plaaslike, gekwalifiseerde Engelssprekende gids uit Turkye wat die toerleiers deurgaans bystaan;
- Toegangsgelde by al die besienswaardighede wat ons groep besoek;
- Die gebruik van WinskoopToere se kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
Wat is nie ingesluit nie?
- Visumkoste ('n visum vir Turkye kan aanlyn verkry word en is gratis vir Suid-Afrikaners);
- Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
- Middagetes;
- Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies;
- Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.
Kom #DroomLeefReis saam!
Toer na Europa & die Midde-Ooste - Turkyetoer
Tree met ons in verbinding:
Ems: +27 83 637 1542
Sarisna: +27 83 637 1642
Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en Youtube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:
Toer na Europa & die Midde-Ooste - Turkyetoer