Die Natuur-Spaartoer na Oostenryk, Duitsland en veral die noorde van Italië met die Dolomiete, die Como Meer, die Maggiore Meer, Stresa en vele meer was wonderlik, ongelooflik, asemrowend en fantasties!! Mens kan eintlik die toer aan niemand beskryf nie, want woorde kan nie beskryf wat mens met jou oë waarneem nie. Mens staan net elke keer in verwondering oor ons God se skeppingswerke. Weer eens ‘n GROOT dankie vir die uitstekende beplanning van julle almal – ook die dierbare toerleier, Fanus (julle kan met reg BAIE trots wees op hom!) en Monika met haar opgeruimde geaardheid en kennis. Verblyf, ontbyte, aandetes, groep mense in die toer was net PUIK PUIK!!!!ertjie indie hoed van Winskoop-toere!