Praag is nie ’n stad wat jy sommer net afmerk op ’n reislys nie. Dit…

Staan self waar die geskiedenis gebeur het
Saving Private Ryan. The Longest Day. Dunkirk. Jy het die stories op die skerm beleef, en nou kan jy self daar staan. Op ons Historiese Normandië en Lae Lande Lentetoer (25 April – 8 Mei 2027) stap jy deur Frankryk, België en Nederland se verlede, van D-dag se strande tot sprokiesagtige Middeleeuse stede.
Hier is die hoogtepunte wat jy sal beleef:
- Giverny: Stap binne-in ‘n Monet-skildery;
- Bayeux: Die ou straatjies fluister eeue se stories;
- Pointe du Hoc: Hier het ondenkbare dapperheid sy spore gelaat;
- Omaha-strand: Elke tree herinner jou aan die prys van vryheid;
- Longues-sur-Mer: Die kanonne staan stil, maar die geskiedenis praat voort;
- Arromanches: ‘n Buitengewone hawe het die verloop van die oorlog help verander;
- Mont-Saint-Michel: ‘n Middeleeuse wonder tussen hemel en see;
- Delville-bos: Hier raak Suid-Afrika se geskiedenis jou diep;
- Dunkirk: Klein bote het deel van ‘n groot reddingsverhaal geword;
- Gent: ‘n Ridderkasteel waak steeds oor die stad;
- Brugge: Verdwaal tussen kanale, klipstraatjies en sjokoladewinkels.
Maar dit is nie net geskiedenis nie. Tussen die museums en gedenktekens wag Honfleur se skilderagtige hawe, Étretat se wit kranse, Keukenhof se tulpe en Gouda se kaasmark ook op jou. Dit is ‘n reis wat sowel jou kop as jou hart vul. Kom beleef dit saam met WinskoopToere van 25 April tot 8 Mei 2027, in Frankryk, België en Nederland.
Lees gerus meer oor hierdie opwindende toer hier
![]()

Comments (0)