Maak hierdie jóú jaar saam met WinskoopToere en toer na Europa!! Tree met ons in…

WinskoopNovember-aanbieding: £100 sakgeld op ons Engeland en Skotlandtoer!
#VanLondentotLochNess
WinskoopToere doen dit weer: ‘n splinternuwe opwindende toer – hierdie keer na Engeland en Skotland van 24 Julie – 9 Augustus 2026 (17 dae!).
Hoogtepunte sluit die volgende in:
– Londen: Drie dae in hierdie besonderse wêreldstad! Beweeg vrylik rond soos ‘n plaaslike Londenaar – maar moenie bekommer nie – ons toerleiers is daar om jou touwys te maak en by te staan.
– Oxford: Kom stap deur die eeue-oue straatjies en indrukwekkende geboue en sien ook die statige Christ Church College, die Bodleianbiblioteek en die fotogeniese Radcliffe Camera.
– Ervaar die Skotse kultuur deur ‘n unieke ervaring: Kuier vir ‘n dag by die beroemde Bridge of Allan Highland Games. Dit is ’n fees van Skotse kultuur met kiltdrag, tradisionele musiek, prettige speletjies en atletiek.
– ’n Skotse toer waarborg dramatiese landskappe met bergpasse, lochs en heuwels: Ons besoek die ikoniese Eilean Donankasteel, een van die besonderste kastele in Skotland.
– Edinburgh: wat ‘n manjifieke stad! Die Edinburghkasteel hoog bo die stad, met asemrowende uitsigte, die Skotse kroonjuwele en die indrukwekkende Stone of Destiny, met nog baie meer!
– Royal Military Tattoo – ’n wenslysie-gebeurtenis! Stel jou voor, ‘n aand van tromme, musiek, kleure en tradisie wat die kasteel se mure laat skud en die stad tot lewe bring.
Trek jy al jou paspoort nader om saam te toer?
WinskoopToere maak die ervaring, slegs in November, nog soeter met ‘n eksklusiewe WinskoopNOVEMBER-aanbieding!
Betaal jou nie-terugbetaalbare deposito van R6,000 vir die toer gedurende November en WinskoopToere sit £100 in jou beursie vir sakgeld. Of jy dit gebruik om jou eie haggis en tatties te koop, ‘n aandenking by die Royal Millitary Tattoo te koop of ‘n ekstra bedrag om by die ikoniese Harrods te spandeer, dit is jou keuse!
Vir meer inligting, kliek gerus hier.
Bepalings en voorwaardes:
- Slegs vir toerlede wat hul volle deposito gedurende November betaal en ‘n bevestigingse-pos van WinskoopToere ontvang het.
- Die sakgeld van £100 kan nie vir iets anders verruil word nie.
- WinskoopToere behou die reg voor om die bedrag te kanselleer.
- Die bedrag van £100 word op die toer in kontant aan die betrokke persone oorhandig.
- Die sakgeld is £100 per persoon wat deposito betaal (ongeag die ZAR/GBP wisselkoers).
- Die £100 is nie-oordraagbaar na ander toerlede indien die toerlid wat dit verdien het kanselleer nie.
- In die onwaarskynlike geval wat hierdie toer gekanselleer word, sal deposito’s volledig terugbetaal word. Die £100 sakgeld sal nie betaalbaar wees aan die toerlid nie.
![]()

Comments (0)