Skip to content

Reis is goed vir die siel!

Louisa Stoker het onlangs as toerleier WinskoopToere se Turkye-toer meegemaak.

Sy vertel die volgende:

“Daar is min wat my siel so goed doen soos om te reis en sommige reise is net ekstra spesiaal! Hierdie een, wat ek saam met my pa, Henk Stoker, en as deel van WinskoopToere se toerleier-span kon doen, was sonder twyfel ‘n hoogtepunt!

Om al sewe van Paulus se gemeentes te besoek; in die ondergrondse stede te dwaal waar duisende Christene tydens vervolging geskuil het; jou voete in die mineraalryke wit poele van Pamukkale nat te maak; ’n bootvaart tussen Europa en Asië te geniet en in die Egeïese See te swem – terwyl jy soggens en saans die heerlikste vyfster-etes saam met hartsmense geniet – is ’n ervaring wat eenvoudig nie in woorde beskryf kan word nie!”

Louisa Stoker, toerleier Turkye 2025

Loading

Comments (0)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Back To Top
Your Cart

Your cart is empty.