Dit is toe nie fopnuus nie - vanaf 1 Julie 2026 moet alle reisigers wat…

Maanlig oor Granada
Dit word nag in Granada. Ons stap net voor middernag deur ’n nou straatjie met keistene wat ongelyk onder jou voete is en jou voetstappe geheimsinnig laat klink.
Dis stikdonker. Ons is op pad na ’n Flamenco-vertoning waarna ek vreeslik uitsien. Dis asof daar ‘n afwagting in die lug is – ‘n opgewondenheid.
Toe, sonder waarskuwing, kom die mooiste volmaan stadig agter die berg uit. Al helderder en helderder. Die silwer glans skyn presies agter die eeue oue Alhambra wat soos ’n wagter oor die stad uitkyk.
Die geheimsinnige silhoeët staan duidelik afgeëts teen die lig van die maan. Dit staan daar sprokiesagtig mooi – byna onnatuurlik.
Ek staan versteen.
Die tyd gaan nie net stadiger nie — dit gaan staan heeltemal stil. Alles rondom my vervaag: die sagte naggeluide, die mense se stemme, selfs my eie gedagtes.
Al wat oorbly, is hierdie oomblik…suiwer en helder en onvergeetlik.Die lig van die maan verander die stad in ‘n geheimsinnige wonderwêreld met lig en skaduwees wat hul eie storie vertel.
Vir ‘n paar oomblikke het ek toegang tot ‘n tydlose skoonheid wat my asem wegslaan.
Hierdie sal nie net nog ’n herinnering wees nie. Dit is ’n oomblik wat in my geheue ingegraveer is en wat ek altyd sal onthou…die oomblik wat die tyd gaan stilstaan het en die hele wêreld asem opgehou het.
Toe beweeg die tyd weer aan.
Maar daardie oomblik bly — helder en duidelik, en vir altyd myne.
Deur Ems Jooste
Maak 2026 jóú jaar saam met WinskoopToere!!
Tree met ons in verbinding:
Ems: +27 83 637 1542
Ilzé: +27 83 637 1642
droom@winskooptoere.co.za
Gaan volg @winskooptoere op Facebook, Instagram en Youtube:
Haal my asb van jul bemarkingslys af / unsubscribe from this list
Kopiereg©*2025* *WinskoopToere*, Alle Regte voorbehou.
**WinskoopToere behou die reg om toerprogramme te wysig.
![]()




Comments (0)