Skip to content

Stap in Mimi Coertse se spore tydens ons ROOS26-toer

Elke WinskoopToer is ‘n kultuurreis vol stories, musiek en herinneringe wat jou lank gaan bybly. Hierdie liefde vir musiek en die kunste bind ons as toerlede aan mekaar, oor verskeie jare, maar ook aan diegene wat ons liefde vir die kunste deel. Kunstenaars, sangers, bekend en onbekend.

Mimi Coertse, wat onlangs oorlede is, is so ‘n persoon. Dié Suid-Afrikaanse opera-legende het diep spore plaaslik, maar ook internasionaal getrap. Diegene wat al die voorreg gehad het om Wene saam met ‘n WinskoopToer te besoek, sal weet hoe besonders dit is om in haar wêreld te stap.

Mimi is op net 23-jarige ouderdom by die Weense Staatsopera aangestel – die jongste ooit – en het vir 17 jaar (1956–1973) daar opgetree. In 1966 ontvang sy die gesogte titel van Kammersängerin.

Daar word vertel dat Mimi haar liefde vir musiek in haar dagboek as volg uitgedruk het: “Sang, en dis al wat lewe is!” en ook: “Wat bly daar vir my oor in my lewe? My sangloopbaan – ag, en alles wat wonderlik is.”

WinskoopToere se ROOS26-toer bied ‘n blykie en ervaring van Mimi se lewe en talent.

Hierdie toer vind van 27 Junie – 11 Julie 2026 plaas en bied ’n eenmalige geleentheid om die mooiste van Oos- en Sentraal-Europa te ervaar – ryk aan geskiedenis, musiek, argitektuur en atmosfeer. Van keiserstede tot sprokiesdorpe, met ’n finale hoogtepunt wat jy lank sal onthou.

WENE & MIMI COERTSE – IN DIE SPORE VAN ’N LEGENDE

In Wene stap ons in die wêreld van Mimi Coertse. Sy was een van die voorste operastemme van haar tyd, bekend vir haar uitsonderlike hoë note en internasionale loopbaan saam met wêreldsterre.

Ons beleef hierdie geskiedenis self met ’n begeleide toer deur die Weense Staatsopera – ’n unieke agter-die-skerms-ervaring van hierdie ikoniese operahuis.

REISHOOGTEPUNTE

  • Budapest – die glansryke ‘Koningin van die Donau’
  • Bratislava – intiem en histories
  • Wene – musiek, paleise en opera
  • Praag – die stad van 100 goue torings
  • Nürnberg & Bamberg – middeleeuse Duitsland
  • Rothenburg ob der Tauber – sprokiesdorp
  • Heidelberg – romantiek langs die Neckar
  • Český Krumlov – een van Europa se mooiste dorpe
  • ‘n Besoek aan die Meissen-porseleinfabriek
  • Dresden – ‘n stad wat opgestaan het uit die as van ‘n oorlog

FINALE HOOGTEPUNT: ANDRÉ RIEU IN MAASTRICHT

Die reis sluit af met ’n onvergeetlike aand saam met André Rieu op die Vrijthof-plein in Maastricht – ’n wêreldberoemde buitelugkonsert vol musiek, ligte en atmosfeer.

LAASTE PLEKKE BESKIKBAAR: Slegs ses plekke oor! Kliek hier om te bespreek.

’n Kultuurreis vol stories, musiek en herinneringe wat jou lank gaan bybly. Droom. Leef. Reis.

“Dankie, Mimi, vir die pragtige musiek wat ons oor die jare kon hoor – maar veral vir die nagtegaalklanke wat ons in die jare wat kom, met elke besoek aan die Weense Staatsopera gaan ervaar!”

Tree met ons in verbinding:

Zoë: +27 69 003 6592
Ems: +27 83 637 1542
Ilzé: +27 83 637 1642

go@tripsandtravels.co.za
droom@winskooptoere.co.za

Gaan volg @winskooptoere op Facebook, Instagram en Youtube:

Haal my asb van jul bemarkingslys af / unsubscribe from this list

Kopiereg©*2026* *WinskoopToere*, Alle Regte voorbehou.

**WinskoopToere behou die reg om toerprogramme te wysig.

Loading

Comments (0)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Back To Top
Your Cart

Your cart is empty.